EKSKLUSIEF op Maroela Media: In die fliek Leading Lady hou hulle skreeusnaakse oudisies vir ʼn talentkonsert. Magdaleen Willemse (Brümilda van Rensburg) doen haar eie reëndans in hierdie toneel wat in die fliek se snippermandjie beland het, maar spesiaal vir jou bewaar is. Jy kan dit net hier op Maroela sien!
Vreemd
Video: Sny ‘n tou sonder ‘n mes of skêr!
Al ooit gewonder hoe om ‘n tou te sny as jy nie ‘n mes of skêr byderhand het nie? Veral as dit dalk ‘n noodgeval is!
Video: Movember: Ben Bekbesem gee raad
AfriForum het besluit om op ʼn komiese manier te help om ʼn bewusmaking van Movember te skep deur ʼn “kenner” op die gebied van snorre te nader.
Video: Roerende Kersfeesadvertensie uiters gewild
ʼn Nuwe Kersfeesadvertensie van die groot supermarkgroep Sainsbury’s in Engeland, in samewerking met die Koninklike Britse Legioen, is in minder as 14 dae reeds meer as 12 miljoen keer op YouTube gekyk.
Video: 12 dae van Kersfees: eg Suid-Afrikaans
Suid-Afrikaners in die buiteland is gaande oor ʼn nuwe lied, wat op die oorspronklike “12 days of Christmas” gebaseer is, maar nou ʼn eg Suid-Afrikaanse baadjie aangetrek het.
Video: Trok “spring” oor F1-motor
EMC en Lotus het die Guiness-wêreldrekord gebreek met ʼn toertjie waar ʼn vragmotor oor ʼn Formule 1-motor “spring”.
Goeie Nuus: Foto’s: Lukrake weldade
Maroela Media het die afgelope week saam met verskeie organisasies gefokus op goeie nuus. Hier is ‘n paar foto’s wat bevestig dat mense nog goedhartig is en ‘n vreemdeling soms jou vriend in nood is.
Video: Vou die wêreldrekordpapiervliegtuig
John Collins, die Guiness wêreldrekordhouer vir die beste papiervliegtuigontwerp, wys in dié video vir jou hoe om die beste papiervliegtuigie te vou. Kyk gerus ook na die oulike rekordpoging onderaan die berig.
Goeie nuus: 100-jarige sien die see vir die eerste keer! (Video)
Ruby Holt, wat vanjaar op 13 Desember 101 jaar oud word, se grootste droom is onlangs bewaarheid: om die see te sien! Kyk gerus ook na die video onderaan die berig.
Video: Wonderkind tokkel die snare
Adrian Romoff (9) speel al sedert hy 2½ jaar oud is klavier. Hy het tydens sy deelname aan die televisieprogram, America’s Got Talent, almal gaande gehad en ʼn video van sy oudisie is al meer as 9 miljoen keer op YouTube gekyk.
Video: Partytjietoertjie: Ballon op ‘n stokkie
Kan jy ‘n sosatiestokkie deur ‘n ballon druk sonder dat hy bars? Hierdie video wys jou hoe om al jou vriende by ‘n volgende partytjie te beïndruk!
Video: Pa sukkel om sy lag te hou
ʼn Video van ʼn pa wat met twee seuntjies moet raas omdat hulle met verf gespeel het, maar sukkel om sy lag te hou, is baie gewild op sosiale media.
Video: Eekhoring nou beroemd danksy “gesteelde” kamera
‘n Eekhoring het beroemdheid op die internet verwerf nadat hy met die YouTube-gebruiker Viva Frei se GoPro-kamera weggehardloop het.
Video: Vreemde trougeskenk ʼn treffer op sosiale media
ʼn Video van trougaste wat elkeen ʼn teugie “Fireball Cinnamon Whisky” neem, is ʼn treffer op sosiale media.
Foto: Komiese liefdesteleurstelling maak opslae
ʼn Man se komiese teksboodskap, waarin hy redes verskaf waarom hy die verhouding wil verbreek, word wyd op sosiale media versprei. ‘n Skermskoot van die teksboodskap volg onderaan die berig.
Video: Oulikste kombuiswenke vir die naweek
Hierdie video wys jou hoe om ‘n ui te sny sonder om te huil, hoe om ‘n plastiekpakkie sonder ‘n duur plastiekknip toe te maak, hoe om aarbeie se stingeltjie te verwyder en selfs hoe om die heerlikste sprinkelpoeier vir jou springmielies te maak deur skyfies fyn te maak.
Video: Kyk hoe groei sampioene
Sampioene kan die wêreld red! Hierdie video wys op ‘n baie spesiale manier hoe sampioene in die natuur groei.
Video: Fantastiese foelie
Het jy geweet jy kan ‘n braairooster met foelie skoonmaak, of warm olie opvang of selfs makliker jou swaar meubels skuif? Hierdie video bied ‘n hele paar interessante en baie handige wenke met alledaagse foelie.
Video: Vermiste ring en toe sê sy wéér ja!
ʼn Trouring wat 15 jaar gelede verdwyn het, is onlangs ontdek.
Foto’s: Dolfyne by Houtbaai
ʼn Skool dolfyne het Woensdag toeriste en inwoners by Houtbaai in Kaapstad vermaak.