Volgens berigte het meer as 900 mense in Suid-Afrika sedert Januarie listeriose opgedoen en minstens 183 mense het weens dié siekte gesterf.
Alles vir die sleutelwoord "Aaron Motsoaledi"
Listeriose-uitbreking: ‘Regering moet ook skuld aanvaar’
“Hy tree nou op asof sy departement onskuldig is deur voedselmaatskappye te laat straf en slagoffers se families met regsoptrede by te staan, terwyl hierdie krisis waarskynlik deur gebrekkige regeringsoptrede ontstaan het en beslis daardeur vererger is.”
Listeriose: Minister wil slagoffers in regstappe bystaan
LP’s het Donderdag vurig gereageer op lede van die DA se uitsprake en hulle daarvan beskuldig dat hulle maatskappye wat deur wit mense besit word wil beskerm.
Listeriose: Dié fabrieke moet vleisprodukte herroep
Dié fabrieke sal noodgedwonge van hul vleisprodukte moet herroep.
Listeriose-uitbreking: Dís wie skuldig is, sê Motsoaledi
Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, het Sondag tydens ʼn mediakonferensie bekend gemaak wie die skuldige onderneming is wat glo die listeriose-uitbreking in Suid-Afrika veroorsaak het.
Sanco eis dat koppe rol oor Mediosa-kliniekfinansiering
Die Suid-Afrikaanse burgerlike organisasie Sanco het Sondag geëis dat Thabo Lekalakala, die hoof van die gesondheidsdepartement, in hegtenis geneem word te midde van bewerings van korrupsie in dié departement.
Noordwes-premier kap na Motsoaledi oor Gupta-uitlatings
Supra Mahumapelo, premier van Noordwes, het Vrydagaand in ʼn verklaring na Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, gekap ná Motsoaledi se uitlatings dat die Gupta-familie die Mediosa-kliniek in dié provinsie as ʼn kitsbankkaart gebruik om geld van die gesondheidsdepartement te onttrek.
Motsoaledi: ‘Guptas het gesondheidsdepartement soos kitsbank gebruik’
“Ek dink nie dit sal verkeerd wees om die kliniek as ʼn kitsbank-kaart te beskryf wat die Guptas gebruik het om geld van die departement van gesondheid te onttrek nie. Ek kan dit ongelukkig op geen ander wyse beskryf nie.”
Minister in trane by Life Esidimeni-verhoor
“Toe ek die gesondheidsombudsman se verslag gelees het van hoe mense in bussies ingeboender is en met lakens vasgebind is en behandel is asof hulle beeste by ʼn veiling is…”
Listeriose: ‘SA se voedsel is veilig’
Verbruikers word aangemoedig om by die wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se vyf punte vir voedselveiligheid te hou om listeriose te help voorkom.
Listeriose: Pasgebore babas loop die grootste gevaar
Die regering het Maandag gesê hy beoog verskeie ingrypings in die gesondheidsektor met ʼn spesifieke fokus op swanger vroue en pasgebore babas om dié kwesbare groepe teen listeriose te beskerm.
Regering wil deurdruk met nasionale gesondheidsversekering
“Die kernfokus is om ʼn einde te maak aan die mediese skemas wat tans sowat 9 miljoen lede het.”
Minister se woordvoerder skiet glo homself
“Die polisie is bewus van die bewerings dat hy sy eie lewe geneem het deur homself te skiet en dit word tans ondersoek. Ons kan egter niks in dié stadium bevestig nie.”
Skade aan KZN-hospitale beloop miljoene
Die departement van gesondheid in KwaZulu-Natal het die omvang van die skade aan hospitale en klinieke in die provinsie ná verlede week se storms bepaal.
Verslag oor KZN-onkologie-eenheid dán bekend
Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, laat hoor wanneer sy departement die forensiese verslag ontvang van die oudit oor die redes waarom twee radioterapie-masjiene in die Addington-hospitaal in KwaZulu-Natal gebreek het.
Die NGV-monster sal SA bankrot maak en pasiënte laat ly
‘Dit kos nie ’n breinchirurg om te besef dat Suid Afrika se mediese bedryf terminaal siek is nie.”
Patoloë dreig om nasionaal te staak
Die staking volg nadat die nasionale gesondheidslaboratoriumdienste (NHLS) aangedui het hulle gaan nie die 7,3% salarisverhoging wat deur die patoloë en hul unies geëis word kan bybring nie.
Ondersoek gevra oor ‘skoonmakers wat lykskouings doen’
Die minister het ʼn beroep op almal betrokke gedoen om met die kantoor van die gesondheidsombudsman saam te werk aangesien “die land die waarheid wil weet”.
‘Geldtekort nie rede vir Esidimeni-tragedie’
“Hierdie is een van die donker tye in die geskiedenis van ons land, maar ek durf sê, dit was ʼn oomblik van waansin in die provinsiale gesondheidsdepartement.”
Gesondheidsminister in hospitaal opgeneem
Dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, is in ʼn hospitaal in Pretoria opgeneem.