Suid-Afrika se Nkosazana Dlamini-Zuma het glo nie aansoek gedoen om ʼn tweede termyn te dien as die voorsitter van die Afrika-Unie nie.
Alles vir die sleutelwoord "ANC"
ANC sê opposisiepartye ‘oorreageer’ oor Nkandla-uitspraak
Die ANC se “top ses” het Vrydagaand in hul reaksie op die konstitusionele hof se uitspraak oor die Nkandla-sage gesê opposisiepartye “oorreageer” deur ʼn mosie te bring om pres. Jacob Zuma uit sy amp te laat verwyder en probeer om die hofuitspraak te “sensasionaliseer”.
Zuma: ‘Ek het grondwet nie met opset verontagsaam’
Pres. Jacob Zuma het Vrydagaand gesê dat hy nooit met opset bedoel het om die grondwet te verontagsaam toe hy nie gehoor gegee het nie aan die regstellende stappe wat die openbare beskermer (OB) in haar Nkandla-verslag voorgelê het.
Zuma nié dadelik op pad uit, sê kenners
Hoewel die konstitusionele hof se uitspraak oor die Nkandla-sage verreikende gevolge vir pres. Jacob Zuma en die ANC sal hê, is dit hoogs onwaarskynlik dat Zuma vinnig uit sy presidensiële stoel gelig sal word.
Partye eis Zuma se kop
Die DA het Donderdag aangekondig hy het met ʼn amptelike proses begin om pres. Jacob Zuma uit sy amp te laat verwyder. Dit kom ná die konstitusionele hof se uitspraak oor die Nkandla-kwessie en die openbare beskermer se magte. Boonop het die EFF en die burgerregte-organisasie AfriForum gesê Zuma moet bedank.
Gemeenskapsinstellings: ’n Skans teen oorweldigende staatsmag
Indien ons dus waarlik ’n verskil in ons land wil maak, gaan dit van ons as gewone burgers verg om uit ons gemaksone te beweeg en betrokke te raak by gemeenskaps- en burgerlike organisasies.
Nuuskommentaar: Wat ná Jacob Zuma?
Die konstitusionele hof se uitspraak vandag oor die Nkandla-gebeure asook deurlopende nuwe Gupta-onthullings sal na verwagting die moontlikheid versterk dat pres. Zuma kort voor lank die politieke toneel sal verlaat. Maar wat gebeur dan?
Demokrasie wat werk
Die huidige woelinge in die ANC is belangrik genoeg om nougeset op die voet te volg. Wat ons tans in en om die ANC aanskou, is demokrasie wat werk – onvolkome, onvoldoende en morsig, maar tog.
Nuuskommentaar: Wie dorings saai, sal distels maai
Die inwoners van Brussel se “voorliefde vir sjarmante chaos” het nou geboemerang, toe 450 “hooligans” die Beursplein bestorm en amok gemaak het onder naasbestaandes van die slagoffers van die onlangse terreuraanvalle. Dit het die Belge laat besef chaos werk nie, skryf ʼn Belgiese joernalis. Maar word chaos nie al te lank in Suid-Afrika vertroetel nie, soos die ANC se pogings om pres. Zuma uit die sop te hou?
ANC sê parlement sal nie Guptas ondersoek
Die ANC het ontken hy het ingestem tot ʼn parlementêre ondersoek om die invloed van die omstrede Gupta-familie oor die regering te ondersoek.
Almal hou asem op vir die groot Zuma-val
Die prima facie-getuienis dat pres. Jacob Zuma ’n korrupte politikus is, dat hy toegelaat het dat die familie Gupta die Suid-Afrikaanse staat vir alle praktiese doeleindes kaap, word al dringender.
ANC stel glo nuwe hoofsweep aan
Die ANC se voormalige woordvoerder, Jackson Mthembu, is na bewering aangestel as die party se nuwe hoofsweep.
ANC-NUK bevestig steun aan Zuma
Die ANC het Sondagaand tydens ʼn mediakonferensie die uitkoms van die vergadering van sy nasionale uitvoerende komitee (NUK) bekendgemaak.
‘Guptas moet val’ eis betogers
ʼn Groep jong mense het Saterdag buite die St. George Hotel in Pretoria betoog waar die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) vergader.
‘Guptas-skandaal nie amptelik op agenda’
Die Guptas-skandaal is nie amptelik op die agenda van die ANC se nasionale uitvoerende komitee se vergadering wat Vrydag in Pretoria begin het nie.
Mbalula ontduik vrae oor Guptas
Fikile Mbalula, minister van sport, was Donderdag duidelik geïrriteerd toe joernaliste hom gevra het of die Gupta-familie hom sy pos as minister aangebied het.
ʼn Suid-Afrikaanse lente?
Tog lê die rigting van konstruktiewe verandering opgesluit in dialoog en gesprek en die definiëring van die middelgrond as grondslag om vorentoe te beweeg. Dit is wat tans gebeur met die gesprekke tussen AfriForum en die ANC. Kan hierdie klein gebeurtenis die weg vorentoe aandui?
Vytjie ‘nie bang’; ANC, presidensie kap terug
Vytjie Mentor, voormalige voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor openbare werke, het gesê sy gaan nóg inligting oor die invloedryke Gupta-familie aan die groot klok hang.
Populiste stoomroller deur demokratiese wêreld
Oor die hele demokratiese wêreld is populiste aan die opruk. Wat beteken dit vir die demokrasie? En vir Suid-Afrika?
ANC versoek vrylating van politieke gevangenes
Fikile Mbalula, minister van sport en ontspanning, het versoek dat alle politieke gevangenes vrygelaat word.