Die polisie het beslag gelê op duisende rande se dwelms in dié provinsie.
Alles vir die sleutelwoord "dwelms"
Soektog by skool lei tot daggaplantasie
ʼn Soektog deur die polisie by ʼn hoërskool het tot die ontdekking van ʼn daggaplantasie gelei.
Man met dwelms van R1,8 miljoen by lughawe vasgetrek
Die soektog het twee pakke met ʼn poeier, vermoedelik kokaïen, opgelewer. Dit was in foelie toegedraai en in ʼn vals kompartement in sy bagasie versteek.
Talle oor naweek vas vir dwelms in Kaapstad
Volgens die polisie is die misdaadsyfers by dié stasies van die hoogste in die land.
Duisende rande se dwelms in toilet versteek
“Die bestuurder het die man genader en wou onder meer weet hoekom hy geen weddenskappe plaas nie en wat in die plastieksak was.”
Dwelmlaboratorium in Pretoria oopgevlek
ʼn Beweerde dwelmlaboratorium is Woensdag in die weste van Pretoria oopgevlek.
Paartjie vas oor dwelms, onwettige taverne
Volgens die EMPD is die operasie uitgevoer ná daar ʼn wenk ontvang is.
Drie met 50 sakke dagga betrap
“Volgens voorlopige ondersoek wat op die toneel gedoen is, kry die verdagtes die dagga in Swaziland en vervoer dit met hul bakkie.”
Jong man vas oor derduisende rande se Mandrax
ʼn 21-jarige man is Woensdag in Kaapstad in hegtenis geneem nadat duisende Mandrax-tablette in sy besit gevind is.
Skotse toetsflank glo met kokaïen verbind
ʼn Skotse toetsflank wat kort voor die Novembertoetse opspraakwekkend uit dié land se spelersgroep weggelaat is, word glo met kokaïen verbind.
Waarskuwing teen ‘demoniese zombie-dwelm’ uitgereik
“Mense wat die dwelm gebruik se gedrag verander heeltemal – dit is asof hulle demonies optree met buitengewone menslike krag. Die mense verander in iets heeltemal anders; asof hulle van hulle kop af raak.”
Help bedelaars eerder met dié koeponne
In plaas van kontant kan ʼn koepon nou vir die bedelaar gegee word, wat hy of sy vir ʼn bord kos by een van sewe kospunte kan inruil.
Beweerde grootkop agter R300 m-heroïenvonds vasgetrek
ʼn Beweerde grootkop agter die “groot heroïenvonds” wat die polisie buite Villiersdorp in die Wes-Kaap gemaak het, is vandeesweek in hegtenis geneem.
Twee in padblokkade vasgetrek vir dwelms
Twee mans is dié naweek in Stilfontein vasgetrek toe dwelms ter waarde van honderde duisende rande in hul besit gevind is.
My dag saam met dwelmverslaafdes
“Ek vra hoe oud hy was toe hy die eerste keer dwelms gebruik het. Hy antwoord hy was 10 jaar oud. Ek kyk skielik op na sy gesig. Hy is ernstig.”
‘Dwelmmuil’ by lughawe vasgetrek
“Sy is onder waarneming geplaas nadat daar vasgestel is dat sy 100 sakkies vol kokaïen ingesluk het.”
Miljoene rande se dwelms en renosterhorings by OR Tambo gevind
Twee verdagtes is in twee onverwante voorvalle by die Internasionale Lughawe OR Tambo in hegtenis geneem nadat daar op dwelms en renosterhorings ter waarde van miljoene rande beslag gelê is.
Honde snuffel duisende rande se kokaïen op vliegtuig uit
“Die kokaïen was in twee afsonderlike toiletstalletjies in kompartemente weggesteek”.
Twee dwelmlaboratoriums, miljoene se dwelms gevind
Dié vondse is die afgelope naweek in huise in onder meer Midrand en Randfontein gemaak.
Zimbabwiërs vas oor R2 m. se heroïen
Drie Zimbabwiërs is Dinsdagaand by die Beitbrug-grenspos in Limpopo hegtenis geneem nadat hulle glo probeer het om ʼn groot hoeveelheid heroïen in die Suid-Afrika in te smokkel.