Mej. Heelal, Demi-Leigh Nel-Peters, het Sondagmiddag onder groot toejuiging van honderde aanhangers haar tuisdorp in die Wes-Kaap besoek.
Lees meerAlles vir Sondag 28 Januarie 2018
Skoolhoof-seksvideo: ‘Hy kom weg met ʼn klop op die skouer’
“Die beeldmateriaal wys hoe ʼn voormalige hoërskoolhoof van die Oos-Rand glo leerders in sy kantoor seksueel misbruik.”
En die nuusmaker van 2017 is…
Die Nasionale Persklub het Sondag die Nuusmaker van die Jaar aangekondig.
Unisa-staking verby
Bedrywighede by Unisa sal na verwagting Maandag weer terugkeer na normaal nadat ʼn staking, wat op 17 Januarie begin het, Vrydag tot ʼn einde gekom het.
Australiese Ope: Roger Federer, tennislegende
Daar word deesdae alte maklik na goeie sportmanne as legendes verwys, maar wanneer iemand Roger Federer se naam noem, kan dit maar in die oortreffende trap gebruik word.
Haelwaarskuwing vir Bloem uitgereik
Erge donderstorms kan vanaf Sondagmiddag oor Bloemfontein verwag word, met ʼn waarskuwing van groot haelkorrels.
[Video] Kaapstad-waterkrisis: Water in japtrap opgeraap
“Ek dink die mense raak nou baie paniekerig. Die personeel kon net nie voorbly nie. Dit was so ʼn onwerklike gevoel en het eintlik jou oë oopgemaak. ʼn Mens besef nou eers wat voorlê.”
Kiewiete ʼn treetjie nader aan Wêreldbeker 2019
Die Kiewiete is ʼn treetjie nader aan 2019 se toernooi om die Rugbywêreldbeker (RWB) in Japan.
Varsitybeker: Fokus op kragspel, promosie/relegasie
Die voorste vier spanne van 2017 se elfde Varsitybekerreeks draf Maandagaand in die eerste ronde van die nuwe reeks teen mekaar uit in ʼn seisoen wat ʼn relegasie vir die laaste span in die toernooi inhou.
Groot eindstrydtelling in Sydney
Jy sien nie sommer in die eindstryd van Wêreldrugby se sewesreeks ʼn wentelling van 29-0 nie, maar dit is wat Sondag in Sydney gebeur het.
Soektog na vermiste seun (12) kom tot ʼn hartseer einde
ʼn 12-jarige seun se liggaam is gevind nadat hy Vrydagmiddagmiddag vermis geraak het.
Doeane-beamptes onderskep R6,7 miljoen
Doeane-beamptes het vandeesweek onverklaarde buitelandse valuta ter waarde van nagenoeg R6,7 miljoen onderskep voor dit die land uit is.
NSRI rig waarskuwing
Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het Sondag die publiek gewaarsku om ekstra versigtig langs die kus te wees.
Meyerton-gru-ongeluk: Karstoeltjie red babatjie
Te danke aan ʼn karstoeltjie het ʼn vier maande oue babadogtertjie slegs met ʼn blou merkie die gru-botsing in Meyerton in Gauteng oorleef waarin drie mense dood, een ernstig beseer en haar ouers lig beseer is.
Drie met 50 sakke dagga betrap
“Volgens voorlopige ondersoek wat op die toneel gedoen is, kry die verdagtes die dagga in Swaziland en vervoer dit met hul bakkie.”
Foto’s: Omstanders plunder ná ‘bloedbad’-ongeluk op N2
Terwyl paramedici Saterdagmiddag moes bontstaan om na 16 beseerdes van ʼn ernstige kettingbotsing om te sien, het omstanders glo van die voertuie se wrakke geplunder.
Gedagte vir die dag: Gehoorsaam om te lewe
Wees gehoorsaam aan my voorskrifte en bepalings. Wie dit doen, sal lewe. Ek is die Here. (Levitikus 18:5)