Die polisie kon nie Saterdag berigte bevestig dat vyf vermeende koperdiewe wat in hegtenis geneem is, glo verantwoordelik was vir die afgelope waterkrisis in Gauteng nie.
Alles vir die sleutelwoord "Gauteng"
Video’s: Stofstorms op kamera vasgelê
Moeder Natuur het Donderdag vir ʼn skouspel gesorg toe ʼn sand- en stofsstorms groot dele van die sentrale binneland in rooi gehul het.
Gauteng-rooftogte: 6 vas ná roof by Centurion Mall
Ses vermeende rowers is Vrydag in hegtenis geneem ná ʼn gewapende roof vroeër die oggend by ʼn selfoonwinkel by Centurion Mall in Pretoria.
Nuuskommentaar: Koppestamp van die e-tollenaars en Gautengse “imperialisme”
Die besware teen tolpaaie, en e-tol in die besonder, is wydlopend, en byna elke dag word nuwe besware geopper. Dit veroorsaak onder meer dat baie mense alternatiewe roetes gebruik, en eintlik paaie voos ry wat nié deur die tolgeld in stand gehou word nie, skryf Herman Toerien.
Kinders in dié skole binnekort sonder kos
Sowat 64 000 leerders in Gauteng wat van skoolvoedingskemas afhanklik is, word geraak deur ’n besluit van die Nasionale Tesourie om nie geld hiervoor beskikbaar te stel vir die sogenaamde kwintiel 4- en 5-skole nie.
Polisieman, veiligheidswag tydens rooftog geskiet
ʼn Polisiebeampte en ʼn veiligheidswag is Dinsdag tydens ʼn transitorooftog by Randburg Square-winkelsentrum in Johannesburg geskiet.
PTA-skoolmoord: Leerling in hegtenis geneem
ʼn Graad 6-skolier is in hegtenis geneem nadat hy Maandag glo ʼn seun by ʼn laerskool in Pretoria met ʼn skerp voorwerp doodgesteek het.
Leerling vermoor maat by PTA-laerskool
ʼn Graad 6-leerling is Maandag met die aanvang van die laaste skoolkwartaal vir 2014 by ʼn skool in Pretoria deur ʼn ander Graad 6-leerling doodgesteek.
Drie vas oor skietery in Midrand
Drie mans het Maandag in die Alexandra-landdroshof verskyn in verband met ʼn moord en poging tot moord ná ʼn noodlottige skietery in Midrand, Gauteng.
Gewapende rooftog by Ackermans
Vyf persone is Sondag in hegtenis geneem in verband met ʼn rooftog by ʼn Ackermans-winkel in Heidelberg, Gauteng.
Drie sterf ná Audi spantoring tref
Drie mense is Maandag in die vroeë oggendure dood nadat hul motor ʼn spantoring langs die N14-snelweg naby Diepsloot in Gauteng getref het.
Verloofde tydens sakeroof doodgeskiet
Chantelle Jacobs is Saterdag doodgeskiet en haar verloofde gewond tydens ʼn sakeroof by Wentrans op ʼn kleinhoewe in Heidelberg, Gauteng.
Man met dwelms betrap in Boksburg
ʼn 43-jarige man is in Boksburg in hegtenis geneem nadat hy met dwelmmiddels met ʼn geraamde straatwaarde van R50 000 betrap is.
Gekaapte vragmotor in Brakpan opgespoor
ʼn Vragmotor wat 24 ton staal vervoer het, is in Brakpan in Gauteng opgespoor.
Muldersdrift-seun verdrink in rivier
ʼn Sesjarige seun het Woensdag verdrink toe hy in ʼn rivier in Muldersdrift, Gauteng, geval het.
Liefdesdriehoek: Vrou erken sy het kêrel help vermoor
ʼn Vrou van die Oos-Rand wat in ʼn liefdesdriehoek betrokke was, het glo erken dat sy, haar minnaar en dié se vriend die afgelope naweek haar kêrel vermoor het.
Beloning uitgeloof ná baba se ontvoering
ʼn Beloning van R50 000 word aangebied vir inligting nadat ʼn baba van die Dunnottar-weermagbasis naby Nigel in Gauteng ontvoer is.
Gauteng-rooftogte: PTA-man geskiet toe hy vir rowers ligte flits
ʼn 40-jarige motoris is Donderdagmiddag in Pretoria geskiet toe hy sy motor se ligte geflits het vir ʼn motor, wat in spitstyd onverskillig gery het.
Gauteng-waterkrisis grootliks opgelos
Inwoners van Gauteng wat nog steeds nie water het nie, is Dinsdag versoek om met Rand Water in verbinding te tree.
De Deur-polisie ondersoek bestialiteit
ʼn 29-jarige man is Saterdag in De Deur in Gauteng in hegtenis geneem op aanklag van bestialiteit. WAARSKUWING: Die besonderhede in die berig kan sensitiewe lesers ontstel.