Die polisie ondersoek sake van kinderverwaarlosing nadat vyf kinders die afgelope week in drie afsonderlike voorvalle by winkelsentrums in Mosselbaai, Bloemfontein en Pretoria alleen in voertuie gelos is.
Alles vir die sleutelwoord "Gauteng"
Beste munisipaliteite in Wes-Kaap, Gauteng
Suid-Afrika se munisipaliteite wat die beste bestuur word, is in Gauteng en die Wes-Kaap, volgens ʼn verslag wat Woensdag vrygestel is.
Gevaarlike misdadiger ontsnap uit Palm Ridge-hof
ʼn Gevaarlike misdadiger het Dinsdag uit die Palm Ridge-landdroshof in Johannesburg ontsnap
Liggaam in meer by Centurion-winkelsentrum
Die liggaam van ʼn onbekende man is Maandagoggend in die meer by Centurion Mall in Gauteng opgespoor.
Brand by Krugersdorp-fabriek
Twee mense het Donderdag geringe brandwonde opgedoen en drie persone moes vir rookinaseming behandel word ná ʼn brand by ʼn fabriek in Krugersdorp, Gauteng.
Pa en dogter vas oor seksuele dade met honde, mekaar
ʼn Pa en sy dogter het Dinsdag in die Brakpan-landdroshof in Gauteng verskyn nadat hulle in hegtenis geneem is omdat hulle glo seksuele dade met ʼn hond en mekaar gepleeg het.
Vrou lê dae lank op vloer langs man se lyk
ʼn Pensioenaris van Bronkhorstspruit, Gauteng is nog erg getraumatiseerd nadat sy ten minste drie aande lank vasgebind op ʼn betonvloer langs haar man se liggaam moes spandeer.
Skool doen glo niks aan boelies nie
Personeel van Hoërskool Elspark in Ekurhuleni en die polisie het glo versuim om op te tree nadat ʼn boetie en sussie by die skool geboelie en aangerand is, het The Star Maandag berig.
Operasies gekanselleer weens tekort aan narkose
Operasies wat nie dringend is nie, is glo vandeesweek by die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Johannesburg gekanselleer as gevolg van ʼn tekort aan narkose.
Dodetal in Tembisa-botsing bevestig
Altesaam agt mense is dood en sewe beseer in die trompop botsing wat Vrydagoggend in Tembisa tussen Pretoria en Johannesburg plaasgevind het.
Talle verkool in taxi
Ten minste ses mense is dood nadat ʼn minibustaxi en ʼn Ford Ranger Vrydagoggend mekaar reg van voor tussen Pretoria en Johannesburg getref het.
Lenasia-grondverkoper word gevonnis
ʼn Voormalige werknemer van die stad Johannesburg sal na verwagting Dinsdag in die Johannesburgse landdroshof gevonnis word vir sy betrokkenheid by die onwettige verkoop van staatsgrond in Lenasia.
Gautenger in hof oor moord
Tony Matheus (54) het Maandag vlugtig in die Vereeniging-landdroshof verskyn nadat hy glo sy meisie en ʼn vriend doodgeskiet het.
Motorfietsryer ry kind dood
ʼn Sewejarige seun is Sondagoggend dood nadat ʼn motorfietsryer hom in Maropengweg in Krugersdorp, Gauteng, getref het.
Gautenger vas oor springstof
ʼn Man is Saterdag in Simunye in Westonaria, Gauteng, in hegtenis geneem vir die besit van springstof.
Pensioenaris in Lenasia vermoor
ʼn 68-jarige vrou is Vrydag dood aangetref in haar huis in Lenasia uitbreiding drie, suid van Johannesburg.
Man vas vir Lenasia-dubbelmoord
ʼn 54-jarige man is Vrydag in Lenasia, Gauteng in hegtenis geneem nadat hy glo sy vriendin en ʼn vriend doodgeskiet het.
Taegrin-sleepdood: Aanklagte teen verdagte teruggetrek
Aanklagte teen Thamsanqa Twala (32), ʼn man wat moontlik deel was van ʼn groep wat die sleepdood van die vierjarige Taegrin Morris veroorsaak het, is Vrydag in die Boksburg-landdroshof teruggetrek.
Vermeende Gauteng-reeksverkragter aangekeer
ʼn Vermeende reeksverkragter is Donderdag in Johannesburg in hegtenis geneem.
Dief wou glo saam met haar “bid”
ʼn Vrou van Soweto is beroof nadat ʼn man haar oortuig het om hom saam met haar huis toe te neem, sodat hulle saam kon bid.