Trump se toenemend aggressiewe internasionale beleid vernietig enige kanse op ’n beter verhouding met Rusland, Iran, Turkye en ander belangrike moondhede.
Alles vir die sleutelwoord "Pretoria FM"
Nuus en goeie nuus
Dit is die evangelie wat die grondslag is van die kerk; wat ook aan Afrikaners verkondig is en ons verseker dat die lewe en geskiedenis ten spyte van die mens in die hande van die opgestane Here is.
Van rommel tot gemors
Dit is dalk ʼn sterker punt om met ons eie radikale ekonomiese opbou te begin. Dit sal egter beteken dat ons vernuwend en dalk selfs radikaal anders sal moet begin dink en optree om op enige wetlike wyse denkbaar die ANC en EFF se ekonomiese revolusie te frustreer.
Ons en die geskiedenis
Pres. Zuma het waarskynlik nog nooit kennis geneem van dié stuk geskiedenis nie. En tog is daar ʼn ooreenkoms tussen sy optrede en dié van Shepstone.
Seerowers, terroriste en droogte waarborg Somalië se ondergang
Die groot tragedie is dat Somalië se ondergang nie slegs aan ʼn natuurramp soos droogte toegeskryf kan word nie, maar dat dit ʼn mensgemaakte ondergang is, skryf James Kemp.
Kinders in chemiese bomaanvalle
Die skreiende tonele van kinders wat deur chemiese aanvalle in Sirië getref is, het pres. Donald Trump van die VSA oornag die spelreëls van die internasionale politiek laat herskryf, skryf Herman Toerien.
Zumafikasie spruit uit president se grondwetlike magskonsentrasie
Dit is uiters noodsaaklik dat die stelselfout wat ’n Zuma moontlik maak, dringend hersien moet word om te verhoed dat hierdie of ’n volgende “Zuma” die land finaal oor die afgrond stoot. Die magtige presidensiële stelsel bedreig nie net die grondwetlike demokrasie nie, maar die land se toekoms.
Kreeftegang of swanesang ?
Intussen het die ANC al hoe meer wegbeweeg van die gewone mense in die land, wat die armes, die werkendes, die werkloses en die kundiges insluit. Niemand is vandag seker oor die dag van môre nie.
Rwanda bloei nie meer inwendig nie
Dit is verfrissend om ʼn Afrikaleier teë te kom wat buite die grense van die rewolusie kan dink.
Poging om mediese hervorming te herroep, rampspoedig vir Republikeine
Die vraag is: Gaan Trump van benadering verander of gaan hy sy party verder in die wildernis in saamsleep?
Die geboorte van die Europese Unie
Deur die Europese Unie het minderheidsregte, wat daar as deel van menseregte beskou word, ʼn veel groter prominensie in die internasionale reg gekry. Uiteindelik behoort dit ook minderhede in Suid-Afrika tot voordeel te strek.
Is daar ʼn titel wat groter verantwoordelikheid inhou as “ouer”?
Is jy ʼn ouer? Hoe lyk die vrug van jou opvoeding? Die grootste vreugde van ouerskap is om met jou volwasse kinders ʼn vriendskap te deel, gebou op jare lange respek, vertroue, liefde, aanvaarding en herinneringe om ʼn leeftyd te hou.
Is Afrika gereed vir neo-kolonialisme?
Terwyl die ANC sy vaardigheid met Sjinese eetstokkies opskerp, word ons land vir die soveelste keer uitverkoop, skryf Peet Bothma.
Onafhanklike regbank tot uiterste beproef
Daar is dikwels voorspel dat die maande in die aanloop tot die ANC se leierskapskonferensie aan die einde van die jaar uiters gespanne gaan wees. Niemand het egter verwag dat die onafhanklike regbank tot die uiterste beproef gaan word nie.
Geert Wilders die ware wenner van Nederlandse verkiesing
Nederland het verlede week na regs beweeg, nie net weens die vyf setels wat die PVV bygekry het nie, maar ook weens die wyse waarop Wilders talle partye om hom na regs gedwing het. Enigiemand wat dink dat hy die verkiesing verloor het of dat die verkiesingsuitslag ʼn verwerping van die PVV se standpunte is, sal baie naïef wees.
Watter onderwys gaan die leiers voortbring?
Is dit net sinies of moet veral Afrikaners, wat nog ʼn baie hoë premie plaas op staatskole, dalk meer aktief begin dink daaraan dat die kleiner skool, waar elkeen tot sy reg kom, noodsaaklik is om die leiers vir sy toekoms te kweek?
Nederlandse verkiesing – moenie teen Wilders-faktor vaskyk
Beleef ons nie nou as eerste dominante wêreldpolitieke faktor ’n voortgesette kwyning van die sosialisme nie – nogal ironies synde dat die ANV hier verder in daardie rigting neig?
Amerika moet nuut dink oor Koreane
Die Amerikaners is egter steeds in die 1950’s vasgevang en kan steeds nie hul rol as internasionale bewaarder van vrede in ’n veranderende wêreld herbedink nie.
Die presidensie ʼn strategiese magsentrum?
ʼn Mens wonder hoekom die president nog enigsins die moeite doen om die magsentrum waaroor hy reeds beskik, amptelik te maak. Of is daar ander sogenaamde prioriteite ingevolge die Nasionale Ontwikkelingsplan waarvan ons nie weet nie – soos ʼn Russiese kernkragstasie op eie bodem?
Mensgemaakte hongersnood
In die volgende tydperk gaan bykans 20 miljoen mense deur hongersnood geteister word en ʼn groot aantal mense gaan sterf. Dié sterftes kan egter nie aan natuurrampe soos droogtes toegeskryf word nie, maar moet vierkant voor die deur van onbevoegde regerings gelê word.