Ons moet die feit in die oë kyk dat staatsbestuur vinnig besig is om te misluk, en dat selfbestuur die enigste volhoubare oplossing is.
Alles vir die sleutelwoord "Pretoria FM"
Vrees en fopnuus
In Nederland gebruik hulle ’n mooi term vir hierdie inligtingsmouse. Solder-terroriste. Mense wat in hul solder agter ’n rekenaar sit en deurgaans op die deel-knoppie klik.
’n Groot protesstem in Oos-Duitsland se verkiesing
Die uitslag van die verkiesing Sondag in Sakse en Brandenburg, en soortgelyke tendense in ander dele van Europa, kan aan nuwe verdelingslyne toegeskryf word. Daar is ‘n verdelingslyn tussen ’n regeringsklas in hoofstede soos Berlyn, Parys en Brussel en gewone kiesers op voetsoolvlak wat voel dat politici nie na hulle luister nie.
Hou ’n oog op die IVP se nuwe leierskap
Met die IVP wat leierskap en steun konsolideer, kan KwaZulu-Natal as groot en sterk ANC-vesting kwyn, wat die pad na veelpartyregering en die moontlikhede wat so ʼn stelsel bied, sal open.
Boekefees bied drie dae se leesgenot in Jakarandastad
Skrywers en boekliefhebbers sal eersdaags stroom na Pretoria FM se splinternuwe ateljee in Loftus Park in Pretoria vir dié radiostasie se heel eerste boekefees.
G7-beraad lewer geen resultaat
Terwyl die G7 juis ontstaan het uit die behoefte van groot, magtige lande om sekerheid te help skep, het vanjaar se G7-beraad eerder bygedra tot groter internasionale politieke onsekerheid.
Dié kunstenaars by nuwe musiektoekennings te sien
Pretoria FM het vanjaar op 17 April, op dieselfde dag dat die kykNET Ghoemas plaasgevind het, aangekondig dat hy ʼn aparte musiektoekenningsgeleentheid gaan aanbied.
Gerugte oor globale resessie voortydig
Dat ʼn volgende ekonomiese krisis of resessie heelwat lande oor die volgende paar maande kan tref, is so, maar daar is min rede om te glo dat ʼn groot, globale krisis soos in 2008 en 2009 weer op die horison is, skryf Jaco Kleynhans.
‘Ken Jou Storie’-kinderboekskryfkompetisie: Hier is die wenners!
Die “Ken jou storie”‑kinderboekskryfkompetisie is nie net nog ’n kompetisie nie; dit is ook ʼn geleentheid vir aspirantskrywers om by te dra tot ʼn skatkis van woorde wat met kinders gedeel kan word. Hier is die wenners!
Gemeenskappe moet hulself bemagtig, ook in Hillbrow
Die gemeenskap in die Johannesburgse middestad en die gemeenskap in die Moot sit met dieselfde probleem: ʼn regering wat stelselmatig verbrokkel en nie meer die nodige dienste kan of wil lewer nie.
Israel toenemend in die spervuur
Susie Linfield, ’n professor in die Departement Joernalistiek by die New York-universiteit, New York het so pas ’n opspraakwekkende boek gepubliseer wat fokus op groeiende anti-Semitisme in die linkse beweging in die VSA.
Wat maak Afrikaanse skole so merkwaardig?
Dit is natuurlik waarom Afrikaanse skole so merkwaardig is en deurentyd op alle gebiede presteer: Die kinders, wat daar hul opvoeding ontvang, is die middelpunt. Die fokus is daarop om hulle toe te rus met waardes, dissipline en belangrike vaardighede wat nodig sal wees wanneer hulle die skool verlaat.
‘Plaas SA onder sakeredding’
Te midde van hierdie finansiële verknorsing baklei die ANC met die ANC, soos kat en hond. So wat staan jou nou te doen? Anton Meijer van Pretoria FM maak ‘n paar voorstelle.
Moenie ’n amp na die beeld van ’n individu skep nie
Dus is die magte van die Openbare Beskermer verder versterk en uitgeberei met Madonsela in almal se agterkop.
Die stryd om die VSA se buitelandse beleid
Twee belangrike gebeure verlede maand het tot ’n hernieude debat oor buitelandse beleid in die Verenigde State van Amerika aanleiding gegee, skryf Jaco Kleynhans.
Ons moet aanhou opstaan vir wat reg is
Gewone Suid-Afrikaners moet dit ook nie toelaat nie. Dit is een en elk van ons se plig om in landsbelang op te staan en ons uit te spreek teen amptenare wat die land en sy mense se naam deur die modder sleep.
Ou vriendskap wek kommer
Die samewerking van die ou vriende Ramaphosa en Meyer, spel dus nie noodgedwonge iets goeds uit nie, want Meyer gaan uiteindelik maar weer die ANC se beleid vir hulle uitvoer, tot nadeel van landbou en die land.
Langtermynoplossings nodig vir immigrasiekrisis
Terwyl beter grensbeheer en meer effektiewe immigrasiestelsels nodig is, sal ’n meer omvattende internasionale oplossing vir die krisis gevind moet word. Beter regering en ekonomiese ontwikkeling is in arm lande nodig en die Weste sal daarmee moet help, skryf Jaco Kleyhans.
Sosiale media wys ANC se werklike skeure
Hoe die ANC homself posisioneer in iets so eenvoudig soos e-tolhekke, gaan uiters relevant vir ons onmiddellike toekoms wees, skryf Paul Maritz.
Toerisme óók Afrikaners se skuld
Hou op om jou eie mislukkings te ontken. Hou op om die skuld op die Afrikaner te pak vir alles wat verkeerd loop. Miskien kan ons dan die toerismebedryf én die land begin regruk.