Pres. Ramaphosa, jong Suid-Afrikaners, veral jong wit Suid-Afrikaners, na wie daar spesifiek verwys is, gaan soek nie na groener weivelde uit arrogansie of gierigheid nie. Nee, hulle gaan omdat hulle nie op die plaaslike weiveld toegelaat word nie.
Alles vir die sleutelwoord "Pretoria FM"
Ramaphosa moet besin oor hoekom jong wit mense SA verlaat
Ramaphosa moet eerder besin oor wat gedoen kan word sodat jongmense kan glo dat daar vir hulle en hul kinders ’n toekoms is, dat hul lewensgehalte sal verbeter en dat hulle geleenthede sal kry om professioneel te ontwikkel en tot die opbou van die land by te dra.
Einde van integrasieprojek in Europa
Hoewel Europa en die EU nog lank nie uit mekaar gaan spat en in konflik gaan verval nie, is dit toenemend duidelik dat die toekoms van Europa deur ’n nuwe soort realisme gekenmerk gaan word en dat groter integrasie onwaarskynlik is.
Moet ons tevrede wees met die minimum standaard?
Slegs meriete en verdienste sal die Suid-Afrikaanse samelewing, onder meer die staatsdiens, verhef tot ʼn aanvaarbare standaard van uitnemendheid waar ons behoort te wees.
Verkiesingsuitslae as barometer in ’n snelveranderende wêreld
Behalwe vir Suid-Afrikaners wat volgende maand na die stembus gaan, is die 2019-kalender volgepak met interessante verkiesings. Die belangrikste van die drie was die plaaslike verkiesing in Turkye.
Die dieper reg van eiendomsreg
Om werklik ’n alternatiewe denkwyse op die tafel te sit, om ’n vernietigende ideologie van staatsinmenging die hoof te bied, moet ’n mens jou eie vertrekpunte hersien en die debat terug na eerste beginsels neem.
Pretoria-skole ding mee vir goeie doel
Die sewe skole sal mekaar die stryd aansê om te kyk wie die meeste herwinbare plastiek in ses weke kan insamel.
Buitelandse skakeling word al nodiger
Dalk het die tyd aangebreek dat al die instansies wat hulle besig hou met internasionale bewusmaking, byeen kom en ’n gesamentlike aksie van stapel stuur, ook na die buitelandse missies in Suid-Afrika.
Pretoriase radiostasies vir talle gesogte toekennings benoem
“Om elke dag in Afrikaans te kan werk en voort te bou, is ook vir my ʼn voorreg. Gelukkig kan ek in Afrikaans met my luisteraars gesels, want my Engels is ongelukkig baie ‘delicious’.”
Terreur is allerswakste reaksie op immigrasiekrisis
Die terreuraanval verlede week in Christchurch, Nieu-Seeland, het opnuut die kollig op belangrike globale vraagstukke, waarop veral die Westerse wêreld steeds geen antwoorde het nie, laat val.
Waarom Trump se grensmuur gebou moet word
Die VSA het ’n enorme probleem met onwettige immigrasie en aangesien wettige immigrasie verbeter moet word, het die VSA-regering ’n plig teenoor sy burgers om sy grense te beveilig.
Die definisie van ʼn heldedaad
Hoe behoort ons te dink oor Eckhard Binding se optrede? Dit is eintlik heel eenvoudig. In ʼn situasie van wanorde het hy, ten koste van homself, opgestaan en gedoen wat reg is. Woordeliks is dit ʼn definisie van ʼn heldedaad – laat geen opportunis ons anders oortuig nie!
Ontkenners kan ’n ramp veroorsaak
’n Nuwe studie het ’n vorige studie bevestig dat inenting teen masels nié outisme kan veroorsaak nie.
Staat wil ook godsdienssektor ‘beheer’
Hierdie eeue ou stryd tussen kerk en staat, of godsdienste en die owerheid, word tans in Suid-Afrika deur die KGT, onder voorsitterskap van Thoko Mkhwanazi-Xaluva, op die spits gedryf.
Wat moet Amerika se rol in globale konfliksituasies wees?
Trump se vermoë om sy belofte aan kiesers gestand te doen, gaan ’n wesenlike impak hê op sy kanse om volgende jaar herkies te word. Intussen woed die debat oor Amerika se toekomstige rol in ’n veranderende wêreld voort.
‘Die Bybel is uit die skool geneem’
Daarom is hierdie taak van Bybelonderrig nou ’n buitemuurse aktiwiteit, wat die ouers se verantwoordelikheid geword het.
Westerse lande verloorders in konflik tussen Rusland en VSA
Dit is in almal se belang dat Amerika sy verhouding met Rusland normaliseer.
Afrikanerlesse vir die ekonomie
Moeletsi Mbeki, politieke waarnemer en broer van ʼn voormalige president, het reeds in September 2011 ernstige kritiek uitgespreek teen die regering se beleid van swart ekonomiese bemagtiging deur te sê dat dit niks gedoen het vir die meerderheid Suid-Afrikaners nie.
Wat nie by die München Veiligheidskonferensie gesê is nie
Die probleem met talle Europese leiers, soos Angela Merkel, is dat hulle nie die vrese van hul landsburgers verreken binne ’n konteks van geopolitieke veranderinge nie.
Vryheid is nodig vir veiligheid en voorspoed
Afrikaners kan en moet met selfvertroue vryheid nastreef, want so bevorder ons almal se vryheid, skryf Flip Buys van die Solidariteit Beweging. Afrikanervryheid is immers nie teen die Suid-Afrikaanse demokrasie nie, want vryheid is die wese van demokrasie.