Suid-Afrika en die wêreld kan net ’n beter plek wees as ons kies om ons verskille op ’n beskaafde en vreedsame wyse te besleg. Maar niks gaan gebeur as ons altyd wag vir die ander een om die eerste skuif te maak nie.
Alles vir die sleutelwoord "Pretoria FM"
Die horings van die energiedilemma
Thembisile Majola, adjunkminister van energiesake, het haar in ’n onlangse onderhoud met Stephen Sacker van die BBC se Hardtalk tussen die horings van die Suid-Afrikaanse energiekrisis bevind.
Sosialisme is nog lank nie dood nie
Mboweni se uitsprake oor ’n groot regering en die onvolhoubare model wat die Suid-Afrikaanse regering tans volg, is ’n duidelike bewys dat Suid-Afrika se flirtasie met sosialisme ook misluk het.
ANC se hartlande stort in duie
Die uitvoerende provinsiale komitee van die Oos-Kaapse ANC het Maandag 22 Oktober 2018 die party se Nelson Mandelabaai-streek ontbind. Dit was een van drie ander streekliggame van die ANC wat in die Oos-Kaap ontbind is.
Is jy ook effens moeg vir korrupsie?
Korrupsie is diefstal, maar in plaas daarvan dat iets sigbaar en tasbaar gesteel word, word ʼn land se toekoms onder die voete van sy burgers uit gesteel.
Skeuring in Oosters-Ortodokse Kerk van groot belang
Dié kerkskeuring gaan bydra tot die spanning tussen Rusland en Oos-Europese lande wat pro-Westers is. Dit gaan ook ’n hernude fokus plaas op die Oosters-Ortodokse kerk en Oos-Europese konserwatisme in ’n snelveranderende, globalistiese wêreld.
Verwikkelinge in hoër onderwys
Die stand van hoër onderwys het die afgelope paar jaar dramaties verander. Die effek van die veranderinge, het reeds al hierdie jaar sigbaar geword.
Onlangse gebeure bevestig vryheidstrewe in talle lande
’n Hele aantal gebeure oor die wêreld heen die afgelope maand of wat, het weer bevestig dat die strewe na selfbeskikking nie maklik geblus word nie.
Groter konsentrasie Afrikaners se behoud in die toekoms
Die spontane groter samewerking en konsentrasie van Afrikaners bevestig opnuut dat Afrikaners ’n onblusbare oorlewingsdrang het en dat hulle, ondanks enorme uitdagings en struikelblokke, reeds besig is om skouer aan die wiel te sit om aan ’n beter toekoms vir hulself en hul nageslag te werk.
Mboweni: Beste wat die ANC kon bied, maar is dit genoeg?
Vir die sesde keer in net meer as vier jaar het Suid-Afrika ʼn nuwe minister van finansies. Nou val die mantel om die skouers van Tito Mboweni, en die vraag is wat dit vir ons inhou.
Linkse groepe oorspeel hand met Kavanaugh-bevestiging
Dat die gebeure van die afgelope paar weke sonder twyfel ’n klad plaas op die geloofwaardigheid van die Amerikaanse politieke stelsel, kan nie betwyfel word nie.
Neem deel, dit is hoe ’n mens ’n verskil maak
Betrokkenheid is die beste manier om verandering te beïnvloed, ook in ons land.
Die kuns van ordentlikheid
Die kuns van ordentlikheid, wellewendheid en welmenendheid is dat dit arbeid om die plesier daarvan is – dat dit glad nie van wederkerigheid afhang nie. Dit is hierin dat die bevrydende aard van ordentlikheid lê – jy verwag niks terug nie.
Die IRV se eerste 2019-verkiesingsvoorspelling
In die aanloop tot die verkiesing van volgende jaar bereik ons weer die tyd van kontrasterende meningsopnames en verkiesingsvoorspellings.
Dit is makliker om slagspreuke te skryf as om beleid uit te voer
Die driewoordbegrippe moet vinnig van die tong af rol, moet duidelik stel waarteen gemobiliseer word sonder om te veel eie verantwoordelikheid op te neem, want dit moet altyd iemand anders se skuld wees.
Suid-Afrika nie meer die enigste poort tot Afrika
’n Mens sou kon vra waarom internasionale finansiëledienstemaatskappye wat oor die afgelope paar jaar in Mauritius kantore gevestig het, dit nie in Suid-Afrika gedoen het nie.
Woorde met woede, beledigings en ʼn klomp haat
Ons vryheid van spraak om foute en oortredings uit te wys, behoort soewerein te wees en, alhoewel vryheid van spraak sekerlik elkeen se reg is, behoort ons so gou moontlik op te hou om onsself in die voet te skiet deur mense op grond van ras af te breek of te veroordeel.
Moeilike verkiesing lê voor vir Trump en Republikeine
Trump en sy administrasie het saam met die Republikeinse leierskap baie dinge reg gedoen, maar in November gaan Trump se onpresidensiële gedrag bestraf word.
Pretoria FM is 25 jaar jonk
Pretoria FM het Sondagaand 16 September ʼn kwarteeu se uitsaaidiens met groot dankbaarheid en vreugde in die Senotaaf-saal van die Voortrekkermonument gevier.
Die korrupsieduiwel
Hierdie week was dit weer so – die korrupsieduiwel woel behoorlik onder ons land en ons mense, sodat mens later nie meer weet hoeveel eerlikes daar in ons openbare lewe oor is nie.