Dit help nie om die simptome te behandel nie – diagnoseer eers die siekte. Die land se gesondheidsprobleme het meer te make met gebrekkige opvoeding en voorligting as hospitalisasie.
Alles vir die sleutelwoord "Pretoria FM"
Afrikaans en Afrikaner-instellings die sleutel tot die toekoms
Die vraag is nou, kan ons weer ons taal en ook ons instelling op só ’n wyse inspan om vir onsself ’n toekoms anderkant apartheid te bedink.
Trump lewer belangrikste toespraak van sy presidentskap tot dusver
Trump was reguit en eerlik dat hy glo dat die voortbestaan van die Westerse beskawing van sy eie mense se wil om te oorleef, eerder as van bedreigings van buite, sal afhang.
Vryheid deurmekaar geklits
Vryheid is ’n delikate voorreg wat baie maklik skade ly as dit veral in ’n heterogene gemeenskap nie reg hanteer word nie. En namate die VSA meer heterogeen word, besef al hoe meer Amerikaanse skrywers dit, en tas vervaard rond om antwoorde te kry.
ʼn Aanslag wat ons nie kan verduur nie
Hoewel die media altyd bevraagteken moet word, kan Suid-Afrika dit nie meer bekostig dat koerante geboikot, media-organisasies teen mekaar afgespeel word en joernaliste sonder meer afgekraak word nie. Dié mense doen ʼn ondankbare werk. Hulle is ʼn laaste bastion teen die oorweldigende tsoenami van bedrog en korrupsie wat oor die land spoel.
Ek is ʼn bevryde Afrikaner
Die vraag is dus: Hang ‘n mens se identiteit en burgerskap af van iemand anders se politieke nukke of grille? As ʼn Afrikaner is jy onlosmaaklik deel van die groter Suid-Afrikaanse samelewing.
Sirië ontbloot groter uitdagings in Midde-Ooste
Dapper leierskap en visioenêre denke is nodig om die konflik in Sirië, maar ook in die hele Midde-Ooste, te ontlont. Die huidige stryd om mag en invloed deur lande van die streek, maar ook van groot wêreldmoondhede, voorspel egter eerder meer as minder konflik.
‘Ken jou storie’: Opwindende kinderboek-kompetisie
Jy loop al jare met kinderverhale in jou kop rond. Nou het jy die kans om daardie storie wat al so lank broei op papier neer te pen. AROS in samewerking met Pretoria FM het ʼn kinderboek-skryfkompetisie van stapel gestuur.
#GuptaLeaks bly aan hap
Twee bydraes van Daily Maverick oor die sogenaamde #GuptaLeaks kan ’n lang skaduwee werp oor die ANC se beleidskonferensie wat Vrydag begin het.
Menseregte tot die derde mag
Die vraag bly, hoe reageer minderheidsgemeenskappe op die maklike uitweg wat meerderheidsregerings voorstaan? Vir Afrikaners word kollektiewe en gekoördineerde optrede al hoe dringender.
VSA kan net verder verloor in Afghanistan
Meer as 15 jaar nadat die VSA op 7 Oktober 2001 besluit het om Afganistan binne te val en die Taliban, wat op daardie stadium dié land met ’n ystervuis beheer het, te onttroon, lyk die kanse op stabiliteit en vrede in dié land des te meer onwaarskynlik.
ANC-beleidskonferensie moet na korrupsie kyk
Dit is goed dat die ANC se beleidskomitee armoede en werkloosheid by die komende beleidskonferensie bespreek. Dit is egter baie belangriker om ʼn beleid te formuleer oor die hantering van korrupsie binne die party.
Suid-Afrika, Azanië of Guptastan: Dit is ʼn kwessie van prioriteite
Naamsveranderinge het enorme implikasies, vir ʼn land nog meer, en politieke leiers moet besef dat naamsveranderinge heel onderaan ʼn lys van prioriteite behoort te lê.
Herwin jou Afrikaner-identiteit
Om te wil behoort, is ʼn wesenlik menslike kenmerk. Mense wil deel voel van ʼn groep.
Franse verkiesingsuitslag nie oop mandaat vir Macron
Sal die wispelturigheid van die Franse tot groter politieke drama oor die volgende paar jaar aanleiding gee of sal die land soos onder De Gaulle ’n fase van konserwatisme as veilige hawe kies? ’n Uitdagende tydperk lê vir die Franse voor.
Kan die stryd teen Isis gewen word?
“Sekere oorloë word eerder met die kop en hart as wapens gewen.”
Ekonomiese uitskieter die teiken
Dit is juis wat die Suid-Afrikaanse boere doen. Hulle boer oor dekades heen, kundigheid is van geslag tot geslag oorgedra, hulle ken die klimaat en die boerderytoestande. En terwyl die res van die land geleidelik na die rommelhoop gly, blink die boere uit en toon die grootste enkele groei in die ekonomie.
Gaan Donald Trump sy termyn kan uitdien?
As Trump nog lank president wil wees, sal hy moet leer om ’n wag voor die mond in te span, en na sy raadgewers te luister.
Bid en werk
Daarom bly die tydlose wysheid wat ons deur die hele Bybel kry vandag nog net so waar. Dit is om te bid in die wete dat alles van God afhang, en dan te werk asof alles van jouself afhang.
Die waarde van onthullings
Regskenners maan dat hoewel die e-posse toon dat ongerymdhede na bewering plaasgevind het, dit op sigself nie genoeg is om die Guptas of Zuma hof toe te sleep nie.