Europese leiers probeer die afgelope tyd alles in hul vermoë om die persepsie te skep dat die Europese projek van ’n verenigde Europa wat op ekonomiese, maar ook politieke terrein saamwerk, besig is om te slaag.
Alles vir die sleutelwoord "Pretoria FM"
Waarop stuur onmin tussen die VSA en Noord-Korea af?
Hoe raak die woorde-oorlog tussen pres. Donald Trump en die Noord-Koreaanse diktator, Kim Jong-oen die gewone Amerikaner, en kan dit die kanse op ’n oorlog verhoog?
Suid-Afrika word wat hy is
Die groeiende krisis in Suid-Afrika het die land weereens voor ʼn historiese kruispad te staan gebring.
Selfbeskikking wanneer dit wêreldmagte pas
Volkere wat na selfbeskikking streef, sal moet besef dat eie belange eerder as goeie beginsels groot wêreldmoondhede se reaksie op hul vryheidstrewe sal bepaal.
Kan swak stadsbeplanning mense eensamer maak?
In die meeste Westerse samelewings is daar ’n skerp toename in eensaamheid.
Erfenisdag
Eergister was Erfenisdag landswyd gevier. Die gedagte agter dié vakansiedag is dat Suid-Afrika se diverse gemeenskappe van die geleentheid gebruik moet maak om hul unieke kulture ten toon te stel.
Demografie: Afrikaners kan getalleoorlog verloor
Slegs waar ʼn minderheid ʼn meerderheid in ʼn geografiese gebied vorm, kan hy besluit hoe munisipale belastinggeld bestee word, wat die taalbeleid in plaaslike skole is en wat die naam van die straat is waarin hy bly. Slegs dan sal Afrikaners werklik weer seggenskap hê oor dit wat hulle direk raak.
Die pen se skerpkant
Suid-Afrika se taalregister moet verruim word met begrippe soos minderheidsregte, selfbeskikking, multi-kulturele ruimtes, ekonomiese werklikhede en afwentelende demokrasie.
Bitcoin en die wederopkoms van privaat geld
Bitcoin is wisselvallig en riskant en kan dalk weer ver van sy huidige prys af val, maar dit dui op die begin van ’n nuwe era in geld; ’n era waarin hiperinflasie nooit weer dieselfde sal wees nie.
Die staat se moederinstink het opgedroog
Die jonges van vandag moet môre die leisels oorneem en hulle kan dit nie doen as hulle nie eens hul basiese skoolloopbaan voltooi het nie.
Duitsers dol gelukkig met vervelige politiek
Die uitslag van die Duitse verkiesing op 24 September is redelik irrelevant. Merkel sal aan bewind bly en Duitsland sal vir die volgende vier jaar goed bestuur word.
Te veel, of te min regering?
Tradisioneel wil Amerikaners hê dat die regering se rol so ver moontlik ingeperk moet word. Dit is om te voorkom dat die staat individuele vryheid te veel inperk, en vryheid is iets wat vir die Amerikaners uiters belangrik is.
Lesse te leer uit die Bell Pottinger-debakel
Die Bell Pottinger-debakel het weereens ʼn duidelike waarskuwing aan buitelandse maatskappye gestuur dat Afrika en sy mense nie op hul baadjies getakseer moet word nie.
Misdaadintelligensie het die nuwe modewoord geword
Minstens drie van die voorlopers in die ANC se presidentswedloop gebruik deesdae die woord “misdaadintelligensie” om elke hoek en draai. Dit is glo die enigste manier waarop regte misdadigers uitgevang kan word.
ʼn Piekniekmandjie se moet-hê-item: Springmielies
Volg hierdie resep om jou springmielies elke keer perfek te maak, en vertel ons wat jou gunstelingmanier is om springmielies te eet. Een gelukkige piekniek-liefhebber kan twee kaartjies na Maroela Media se buitebioskoop op 16 September wen.
Wonderwerkers
Suid-Afrika word geteister deur idees soos radikale transformasie wat al groot dele van die land laat verval het, of witmonopoliekapitaal. Maar die vraag is hoe ’n vernietigende idee gestuit kan word?
Trump se opsies min in stryd met Noord-Korea
Gaan Trump ’n balans tussen retoriek en werklikheid vind en sal die probleme met Noord-Korea sy groot nalatenskap of sy ondergang beteken? Niemand weet nie, maar ons behoort binnekort uit te vind.
Wat maak ’n staat belangrik?
Noord-Korea moet weet, daar is ’n verskil in respek en ontsag, en hy kan enige oomblik sy hand erg oorspeel.
Al weer die grondsteel-debat
Skielik het ʼn lang vergete veteraan van die ANC, en iemand wat die Afrikaner se bloeddruk al voorheen diep in die rooi gedruk het, weer op die politieke toneel verskyn.
Die Mammon-staat
Die probleem met duisende en selfs miljoene landgenote. Hulle wil nie net genoeg hê om van te lewe nie – hulle wil skatryk wees. Armoedeverligting het toe nie gehelp om misdaad te verminder nie – die begeerte na rykdom het dit juis laat toeneem.