Die hoogste hof van appèl in Bloemfontein het Donderdag ten gunste van Solidariteit en kapt. Renate Barnard in een van die land se mees omstrede regstellendeaksiesake beslis.
Alles vir die sleutelwoord "Solidariteit"
“McBride se benoeming nog ʼn klad op die polisie se naam” – Solidariteit
Die veroordeelde moordenaar Robert McBride se benoeming as nuwe hoof van die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) is ʼn klap in die gesig vir wetsgehoorsame burgers, het die vakbond Solidariteit Woensdag gesê.
Helpende Hand belê R1,5 miljoen in Afrikaanse kinders se toekoms
Solidariteit Helpende Hand het ʼn projek van R1,5 miljoen van stapel gestuur om te verseker dat Afrikaanse leerlinge ʼn beter toekoms tegemoet gaan.
Omstrede misdaadintelligensie-saak teen SAPD uitgestel vir verhoor
Solidariteit se onbillikearbeidspraktyk-saak teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) namens kol. Kobus Roos, wat al jare lank vergeefs probeer om korrupsie binne die SAPD aan die kaak te stel, is Donderdag in die arbeidshof in Johannesburg tot volgende jaar uitgestel vir verhoor.
Renate Barnard-regstelsaak aangehoor, uitspraak voorbehou
Kapt. Renate Barnard sou tot luitenant-kolonel (superintendent volgens die vorige range) bevorder geword het op die basis van haar prestasiegeskiedenis en die aanbevelings van die onderhoudpaneel, was dit nie vir haar velkleur nie.
Renate Barnard-regstelsaak in hoogste hof van appèl aangehoor
Solidariteit se regstellendeaksiesaak wat hy namens kapt. Renate Barnard teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) voer, gaan Woensdag voort in die hoogste hof van appèl in Bloemfontein.
Solidariteit petisioneer parlement vir debat oor regstelaksie
Die vakbond Solidariteit het Donderdag vir Max Sisulu, speaker van die parlement, namens meer as 250 000 Suid-Afrikaners, insluitend die vakbond se lede, versoek om ʼn parlementêre debat te hou oor die huidige toepassing van regstellende aksie.
SAL moet kadetprogram eers uitstel of wit mans daarin opneem
Die vakbond Solidariteit het die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) vandag skriftelik versoek om sy kadetprogram voorlopig uit te stel terwyl dit deur die Menseregtekommissie (MRK) ondersoek word, of te verseker dat wit mans in die program opgeneem word. Aansoeke vir volgende jaar se kadetprogram sluit vandag.
Bloeddiens mag nie weer wit mense uit posadvertensies sluit
Die arbeidshof in Braamfontein het vandag beveel dat die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANB) in die toekoms wit mense nie uit posadvertensies mag sluit nie.
Solidariteit se hofsaak oor rasuitsluiting teen bloeddiens begin vandag
Solidariteit en die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANB) se groot hofstryd oor die absolute verbod op aansoeke van sekere rasgroepe vir vakante poste begin Donderdag in die Johannesburgse arbeidshof.
Solidariteit pak nou bloedbank oor rasuitsluiting
Solidariteit en die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANB) se groot hofstryd oor die absolute verbod op aansoeke van sekere rasgroepe vir vakante poste begin Donderdag in die Johannesburgse arbeidshof.
Regstellende aksie: DKD sal sy beleid hersien
Die Departement van Korrektiewe Dienste (DKD) gaan die manier waarop hy die Wet op Gelyke Indiensneming toepas, hersien
Goudbedryf: Ooreenkoms ʼn oorwinning vir kollektiewe bedinging
Die ondertekening van die tweejaar-ooreenkoms vir ʼn salarisverhoging vir werknemers in die goudbedryf is ’n oorwinning vir kollektiewe bedinging en goeie arbeidsverhoudinge.
“Kubaanse aanstellings ʼn teken van mislukte regstellendeaksiemodel”
Die aankondiging deur Edna Molewa, minister van waterwese, dat 34 ingenieurs wat uit Kuba afkomstig is voorkeurindiensneming in die openbare sektor sal geniet, is ʼn erkenning van die mislukking van die huidige regstellendeaksiemodel, het die vakbond Solidariteit Dinsdag gesê.
Solidariteit aanvaar goud-aanbod
Die vakbond Solidariteit het die ooreenkoms wat vandag by die Kamer van Mynwese vir ʼn salarisverhoging vir werknemers in die goudbedryf bereik is, verwelkom.
Goudbedryf: “Kamer van Mynwese verloor morele en etiese kompas”
Die Kamer van Mynwese het sy ooreenkoms met Solidariteit verbreek nadat hy Donderdag ʼn dooiepunt in onderhandelinge vir mynwerkers in die goudbedryf verklaar het.
Goudbedryf: Kamer van Mynwese maak finale aanbod
Die Kamer van Mynwese het Dinsdagmiddag ʼn finale aanbod van ʼn verhoging van 6% vir Solidariteit se lede in die goudbedryf gemaak. Die aanbod neem die vorm aan van ʼn tweejaarooreenkoms en is aan ʼn winsdelingskema gekoppel.
Lonmin verwyder omstrede stakingsklousule uit erkenningsooreenkoms
Solidariteit maak sespunt-aksieplan teen Lonmin bekend
Kamer van Mynwese maak geen hersiene aanbod vir vaardige werknemers nie
Die vakbond Solidariteit het Woensdag gesê daar is ʼn goeie kans dat onderhandelinge by die Kamer van Mynwese namens werknemers in die goudbedryf op ʼn dooiepunt gaan uitloop.
Goudbedryf: Vakbonde verwerp Kamer van Mynwese se hersiene aanbod
Die vakbond Solidariteit het vandag die Kamer van Mynwese se hersiene salarisaanbod van ’n verhoging van 5,5% vir werknemers in die goudbedryf verwerp.