ʼn Man is in hegtenis geneem nadat hy glo die standbeeld van Mahatma Gandhi op Gandhi-plein in die Johannesburgse middestad geskend het.
Alles vir die sleutelwoord "standbeelde"
Paul Kruger-standbeeld moet binne 7 dae weg wees, sê EFF
Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het Saterdag geëis dat die stad Tshwane die Paul Kruger-standbeeld op Kerkplein in Pretoria binne sewe dae moet verwyder.
Andrew Murray-standbeeld geskend
Die Andrew Murray-standbeeld in Wellington in die Wes-Kaap is ook deur vandale geskend.
UK-studente beset steeds Bremner-gebou
Studentebetogers het Vrydag gesê hulle sal steeds die Bremner-gebou bly beset, ondanks ʼn bevel van die Universiteit van Kaapstad (UK) se bestuur dat hulle dit moet ontruim.
Paul Kruger-standbeeld glo met lemmetjiesdraad afgesper
Paul Kruger se standbeeld op Kerkplein in Pretoria is glo met lemmetjiesdraad toegespan in ʼn poging om dié beeld teen vandale te beskerm.
Zuma sê oor standbeelde
Pres. Jacob Zuma het Vrydag gesê ʼn nuwe inklusiewe erfenis moet vir die land geskep word, en dit moet binne die wette van die land plaasvind.
Só ketting ons óns aan monumente, sê Solidariteit en AfriForum
“Ons sal die vernietiging van die standbeelde met alles tot ons beskikking teenstaan.” Só sê Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, na aanleiding van die herrie wat op die sangeres Sunette Bridges se Facebook-blad losgebars het.
Tienpunt-aksieplan vir erfenisbewaring
Die Solidariteit Beweging het ’n tienpuntplan bekendgestel om die toenemende krisis oor die skending van Afrikanerstandbeelde en -monumente te hanteer. Die plan behels kort-, medium- en langtermynaksies en gaan oor die volgende paar weke verder verfyn word.
Nog ʼn standbeeld in PE geskend
Die standbeeld van Koningin Victoria in Port Elizabeth in die Oos-Kaap is met verf geskend.
Foto’s: Cecil John Rhodes se standbeeld geskuif
Na wekelange betogings is Cecil John Rhodes se standbeeld Donderdagaand met ʼn hyskraan van die Universiteit Kaapstad se gronde, waar dit vir agt dekades lank gestaan het, geskuif.
Rhodes-standbeeld vir eers verwyder
Die raad van die Universiteit van Kaapstad het laat Woensdagaand aangekondig dat die standbeeld van Cecil John Rhodes vir eers van die kampus verwyder gaan word.
DA: ‘Vernietiging van standbeelde verander nie geskiedenis’
Die vernietiging van standbeelde kan nie Suid-Afrika se geskiedenis verander nie, het die DA in Noordwes gesê.
‘Hulle kan nie die monumente uit ons harte verwyder nie’ – sê Steve
“Oom Cecil, Tante Vic, Oom Jan en Oom Paul, my liefde vir my erfenis is so sterk dat selfs die vandalisme en verwydering van jul monumente boggerôl kan doen aan die monumente wat julle klaar in my hart het. Dit kan nie uit die hart verwyder of geskend word nie. Dit is hoekom hulle dit haat as ons Die Stem sing, want hulle kan dit ook nie skend of verwyder nie.”
Die werklike redes vir die aftakeling van Westerse standbeelde
Ons standbeelde word nie geteiken waarvoor hulle gestaan het nie, maar wie hulle was en wie ons is, skryf Flip Buys.
Bekendes ruk op vir standbeelde
Duisende mense, onder wie die sangers en aktiviste Sunette Bridges en Steve Hofmeyr, gaan na verwagting Woensdag in Pretoria en Kaapstad bymekaarkom in protes teen die vernietiging van Afrikaners se erfenisskatte.
Nuuskommentaar: Die beeldenstorm
Solank daar ’n leieraangedrewe persepsie van wins in rasmartelaarskap gesien word, só lank gaan die land in ’n suigkolk van rasbeheptheid en rassisme vasgevang word, skryf Herman Toerien.
AfriForum: ‘Streng optrede teen vandale dringend nodig’
AfriForum het ʼn dringende beroep op die betrokke owerhede gedoen om teen die mense op te tree wat verantwoordelik was vir die vandalisering van die Paul Kruger-standbeeld op Kerkplein.
Beeld van ‘kaal Zuma’ opgerig; vernietig
ʼn Bronsbeeld, wat soos pres. Jacob Zuma lyk, is oor die naweek op Leeukop in Kaapstad aangebring, maar kort daarna vernietig.
Standbeelde: ‘Emosie en potensiële konflik moet nie onderskat word’
Die emosie en potensiële konflik wat die beskadiging van standbeelde, soos dié van Paul Kruger, aan alle kante van die Suid-Afrikaanse samelewing wakker maak, moenie onderskat word nie, het Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus, gesê.
Paul Kruger-standbeeld loop onder vandale deur; veiligheid opgeskerp
Die standbeeld van Paul Kruger op Kerkplein in die Pretoriase middestad is Sondagaand met groen verf gevandaliseer.