Die Vryheidsfront Plus het Donderdag gesê individue sal binnekort vervolg word vir die skending van die Paul Kruger-standbeeld op Kerkplein in die Pretoriase middestad.
Alles vir die sleutelwoord "standbeelde"
Koersvas na die toekoms – soos die Voortrekkers
Die Voortrekkers se toekomsbeitel is nie ’n breekbeitel nie. Die Voortrekkerbeitel is NP van Wyk Louw se “klein-klein beiteltjie” waarmee ons daagliks “tik” en “klink”. Die “donker naat loop deur my land”, maar op ’n dag sien ons “die nag daar anderkant gaan oop met ’n bars wat van my beitel af dwarsdeur die sterre loop”. Koersvas na die toekoms.
AfriForum: ‘Staat kan nie bewusmaking oor standbeelde skep’
Die burgerregte-organisasie AfriForum het Woensdag gesê die doringdraad wat om die Paul Kruger-monument op Kerkplein in Pretoria aangebring is, is ʼn kragtige boodskap oor die owerhede se gebrek aan leierskap.
Paul Kruger-standbeeld weer geskend
Die burgerregte-organisasie, AfriForum, het Dinsdag optrede geëis nadat die standbeeld van Paul Kruger op Kerklplein in Pretoria weer met verf geskend is.
In diepte: Monumentale fiasko om die geskiedenis weg te vandaliseer
Die vandalisering van standbeelde het die nuus vroeër vanjaar oorheers, tot talle debatte gelei en groot ongemak veroorsaak in ’n land waar rasseverhoudings reeds broos is. Maar wat is die eintlike redes agter die beskadiging van standbeelde? En is dit iets wat eie is aan Suid-Afrika?
Saartjie Baartman-gedenkteken geskend
Die Saartjie Baartman-gedenkteken in Hankey in die Oos-Kaap is Saterdag met wit verf geskend.
‘Boere Jurassic Park’ is onaanvaarbaar
Die VF Plus het Woensdag gesê hy stem nie saam met Nathi Mthethwa, minister van kuns en kultuur, se voorstel om die Afrikaner se geskiedenis en gedenkwaardighede na ʼn ‘Boere-Jurassic Park’ te skuif nie.
Hof verbied EFF om standbeeldskending aan te moedig
Die Noord-Gautengse hooggeregshof het Dinsdag ʼn interdik toegestaan waarvolgens die EFF en sy lede verbied word om die publiek aan te hits om enige standbeelde in die land te beskadig of te verwyder.
Beweging lankal betrokke by erfenisbewaring
Ons beleid is dat elke geslag verantwoordelik is om as die trustees van ons erfenis op te tree, sodat dat dit goed bewaar aan die nageslag oorgedra kan word.
Interdik gevra teen EFF oor standbeelde
Die Solidariteit Beweging sal Dinsdag in die Noord-Gautengse hooggeregshof aansoek doen om ʼn interdik teen die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) te bekom in ʼn poging om verdere standbeeldskending te verhoed.
Kulturele vryheid kan ’n antwoord op monumentkrisis bied
Die ontsteltenis en woede wat die afgelope twee weke oor die vandalisering van Westerse standbeelde en monumente losgebars het, is tekenend van diep verdelings in ons samelewing, skryf Flip Buys.
Polisie snoer kragte saam om standbeeldskendings en xenofobiese aanvalle te beveg
In die lig van die vlaag standbeeldskendings landwyd en xenofobiese aanvalle in KwaZulu-Natal en Gauteng, het genl. Riah Phiyega, nasionale polisiekommissaris, aangekondig dat verskeie nasionale gesamentlike operasiesentrums (Natjoints) geaktiveer is.
Standbeelde in Krugersdorp geskend
Twee standbeelde in Krugersdorp aan die Wes-Rand is Woensdag in die vroeë oggendure met rooi verf besmeer.
Luister: Navorser bespreek Rhodes-monument geskiedenis
Anne Redelinghuys, ʼn omroeper van Radio Namakwaland in die Vredendal-omgewing, het met Hendrik van Zijl, ʼn navorser en bekende in die radiostasie se opvangsgebied, gesels oor die Rhodes-monument debakel.
Die wig en die wrok van standbeeldhelde
Die maatstaf waarvolgens bepaal word of iemand ‘n held is kan nie gemeet word op grond van jou eie oogpunt nie, maar slegs uit die van die gemeenskap aan wie daardie geskiedenis behoort, skryf Liza-Mari Oberholzer.
Wellington-gemeenskap herstel Andrew Murray-standbeeld in ʼn japtrap
Twee dae nadat die standbeeld van Andrew Murray op die kerkterrein van die NG gemeente Wellington in die Wes-Kaap deur vandale geskend is, is dit…
Twee ‘standbeeld-vandale’ vrygelaat
Die 21-jarige man wat in hegtenis geneem is vir die skending van Mahatma Ghandi se standbeeld is op borgtog vrygelaat terwyl die EFF-lid wat vir die skending van die Koningin Victoria-standbeeld in hegtenis geneem is, weens ’n gebrek aan bewyse vrygelaat is.
Oom Herrie se kerrie: Gekke en dwase verf…
Oom Herrie skryf oor ’n jong geslag wat die land sal vorentoe neem te midde van kultuurterroriste en ander uitdagings.
Stop die kriminalisering van ons geskiedenis!
Wie’t nou ooit kon dink dat nie eers meer ons verlede veilig sou wees in die nuwe Suid-Afrika nie! Die ANC gebruik die monument-krisis nou as ’n gulde geleentheid om die Afrikaner se verlede te kriminaliseer, skryf Flip Buys.
Verf Oom Paul dan maar groen
Ons hou van onthou. En goeie onthou laat ons veilig voel. Daarom is ek so kwaad as hulle vir Oom Paul groen verf. Dit raak so ’n bietjie die veiligheid van my onthou, skryf Hannes Noëth.