Kenners in die ekonomie sê sommige lede van die monetêre beleidskomitee is dalk ten gunste van nog een laaste 25-basispunte-verhoging.
Alles vir die sleutelwoord "In die nuus"
Beurtkrag: Dis weer fase 4
Fase 4-beurtkrag sal om 16:00 Woensdag inskop nadat verskeie opwekkingseenhede sedert gisteraand onklaar geraak het.
Foto’s: Miljoene steier onder versengende hitte
Volgens weerkenners speel klimaatsverandering, aangedryf deur die verbranding van fossielbrandstowwe, ʼn sleutelrol in die uiterste temperature wat die kontinente tans beleef.
Poetin nié by Brics-beraad in SA – presidensie
Die presidensie sê daar is “gesamentlik ooreengekom” dat Poetin nie die beraad in Suid-Afrika sal bywoon nie.
Inflasie eindelik weer onder 6%
Uie is egter 64,5% duurder as ’n jaar gelede. Suid-Afrikaners betaal intussen 16,2% meer vir ’n plak sjokolade en 9,4% meer vir wyn.
‘Geen meer kans op herstel’ vir ‘Binnelanders’-akteur
Sy familie het hulle stilte verbreek nadat daar valslik in sekere media berig is oor sy afsterwe.
China se topdiplomaat op pad na SA
China se topdiplomaat, Wang Yi, sal Suid-Afrika in die komende dae besoek. Dís hoekom:
Rooibosvelde ‘ongeskonde’ ná swaar reën
“Rooibos groei net in die Cederberg-streek, wat die enigste deel van die wêreld bly waar dit kommersieel lewensvatbaar is.”
Driejarige skiet babasussie dood
ʼn Eenjarige dogtertjie is deur haar driejarige sibbe doodgeskiet in Kalifornië in die VSA.
Graham getuig oor vrugbaarheidstryd, vrou se geestesgesondheid
Graham Dickason is Woensdag onder kruisverhoor geneem oor sy vrou se geestesgesondheid, haar rol as ma, hulle stryd om kinders te hê en die besluit om na Nieu-Seeland te emigreer.
Rower doodgeskiet, makker gewond tydens winkelroof
ʼn Groep rowers het hul moses teëgekom toe hulle op ʼn winkel in Robertson in die Wes-Kaap toegeslaan het.
Poetin se inhegtenisneming kan ‘oorlog teen SA’ ontketen
Volgens die president sal Poetin se inhegtenisneming ʼn “oorlogsverklaring” wees. Hy hou vol hy het ʼn verpligting om Suid-Afrika teen oorlog met Rusland te beskerm.
Ongeluk-teëspoed vir ‘Voetspore’-span in Colombië
Die reis vir die span in Colombië is egter nog nie verby nie en met minder as twee weke oor moet hulle nog talle bestemmings bereik.
Geskorste OB glo sy word ‘geteiken’
Die geskorste Openbare Beskermer sê sy in die posisie waar haar bevoegdheid deur ʼn parlementêre komitee ondersoek word as gevolg van “die doelbewuste waninterpretasie van feite” deur onder meer die presidensie, politieke partye, die howe en die komiteevoorsitter van die ondersoek.
British Airways-kaptein in ‘veilige’ Jhb-buurt aangeval
Die vlieënier en sy kollega het egter British Airways se streng reëls vir bemanningslede oortree deur te gaan draf. Die reëls vereis dat die lugredery se personeellede in ʼn veilige en goedgekeurde kompleks vertoef.
Nee, Godongwana gaan nié met Reserwebank vergader nie
Minister Enoch Godongwana sê hy kan nie vir die Reserwebank voorsê nie.
Graham kom ná gesinstragedie op kabelbinders in SA huis af
“Ek het aanvanklik vir niemand daarvan vertel nie, maar vir Lauren daaroor uitgevra toe ek haar in Januarie vanjaar besoek het.”
Graanooreenkoms tot niet ná Rusland weier om te hernu
Die Verenigde Nasies (VN) het gewaarsku dat miljoene van die wêreld se armstes “die prys sal betaal” vir dié besluit.
‘Taalgenoot’-redakteur sterf
“Hy was iemand wie se kreatiwiteit, aweregse sin vir humor en vermoë om geleenthede raak te sien, ons male sonder tal sonder woorde gelaat het.”
‘Lauren was nie op goeie plek’ – Graham Dickason
Dr. Graham Dickason sê sy vrou, Lauren, was ’n versorger wat altyd sou seker maak dat hul dogtertjies geëet het en skoon aangetrek is. Sy was egter nie ’n koesterende ma wat hulle sommer sou optel en liefkoos nie.