Die skroef van die boot het die motor se voorruit deurboor en Johané teen die kop getref.
Alles vir die sleutelwoord "In die nuus"
15 sterf in ongeluk naby Middelburg
“ʼn Twee maande oue baba en ʼn kleuter is ook dood. Die vragmotorbestuurder het ligte beserings opgedoen.”
SA se WB-vrouesokkerspan weier om in opwarming te speel
Banyana Banyana, Suid-Afrika se nasionale vrouesokkerspan, het Sondag geweier om ʼn Wêreldbeker-opwarmingwedstryd teen Botswana te speel en het talle eise in die aanloop tot die Wêreldbeker-toernooi in Australië en Nieu-Seeland.
Durban July-organiseerders in donker oor beurtkrag
Weens die kragonderbreking kon die laaste drie perdewedrenne nie voltooi word nie.
Beurtkrag: ‘Ons sien nou resultate,’ sê Ramokgopa
Volgens Ramokgopa word dit oorweeg om slimkragmeters verpligtend te maak wat die regering in staat sal stel om huishoudings se geisers op afstand te beheer.
‘Yoh yoh yoh …’ Dié kannetjie mág maar ʼn Boran bemark
“Hallo, oom. Welkom op ons plaas. Vandag gaan ek vir oom báie mooi beeste wys.” En in sy beste “boerklere” begin die agtjarige Zak Thuynsma dan die boerdery se Boran-beeste bemark.
Nóg ʼn voorval: Nie eens direktief stuit korrupte metrobeamptes
Nie net het die beampte glo op omkoopgeld aangedring nie, sy het glo sommer self ook probeer om die onttrekkingslimiet op haar slagoffer se bankrekening te verhoog om nog geld vas te lê.
ʼn Kat, ʼn draadloos en sy Bybel: Alleen in sy bakkie bid hy vir werk
Hy woon nou al amper twee maande lank in sy bakkie net buite Bethlehem saam met sy optelkat wat deesdae sy enigste vriend is. Soms oorval die mismoedigheid hom, maar dan praat hy met “die Man daarbo” en bid vir uitkoms.
Matie-rektor nie skuldig aan ‘ernstige wangedrag’, maar ‘jammer’
Die US-raad het Saterdag vergader waartydens die verslag van die Lewis-komitee en die mosie wat voor die raad gedien het om die rektor van sy amp te onthef, bespreek is.
Vure, rook, misdaad: Brakpan se ‘Plastic City’ maak lewe hel
Moedelose inwoners meld klagtes glo daagliks by die Ekurhuleni-munisipaliteit aan. Ná ʼn dekade lyk dit egter of hul klagtes op dowe ore val – met ʼn probleem wat net al hoe erger word.
Karen Turner-moord: Woedende familie kry eie regshulp
“Ons het tydens verlede week se hofsitting besef daar is baie leuens. Dit lyk asof die werklike gebeure toegesmeer word om die reservaat en sy reputasie te beskerm, omdat besoekers steeds daarheen gaan. Ons het net besef dat ons as ʼn familie ons eie prokureur sal moet kry om die saak te ondersoek.”
OB-verslag oor Phala Phala: ActionSA oorweeg regstappe
Die ACDP is ook nie tevrede met die verslag en die talle vrae wat steeds onbeantwoord bly nie.
SA skaapskeerders seëvier by wêreldkampioenskap
Vanjaar se oorwinning in Edinburg, Skotland, is maar een van die vele handskeerkampioenskappe wat Suid-Afrika sedert die 1990’s die een ná die ander gewen het.
Oscar-bekroonde akteur Alan Arkin sterf
Arkin was onder meer bekend vir sy rolle in ‘Little Miss Sunshine’ en ‘Argo’.
Ma vertel oor seun se hel voor hy sterf
Henry Knouwds (16) is op 26 Mei op slag dood nadat ’n motor hom op die N5-hoofweg in Senekal in die Vrystaat getref het. Dit volg nadat hy sonder enige toesig van verpleegpersoneel uit die hospitaal geloop het.
Phala Phala: ‘Nie so vinnig, meneer die onskuldige president’
Die DA sê die waarnemende Openbare Beskermer se verslag oor die Phala Phala-skandaal lees meer soos ʼn werksonderhoud as ʼn afgehandelde ondersoek.
ʼn Saterdag grootliks sonder beurtkrag
Soos sake nou staan sal daar geen beurtkrag tussen middernag vanaand en Saterdag 16:00 geld nie.
Phala-Phala: Ramaphosa van alle blaam onthef
Pres. Cyril Ramaphosa het niks om voor verantwoording te doen wat die destydse inbraak op sy wildsplaas Phala Phala betref nie. Genl.maj. Wally Rhoode, hoof van Ramaphosa se beskermingsdiens, het wél.
RHOWL se Mariska spog met nuwe baba
RHOWL-kykers het haar met ʼn bababoepie leer ken, maar sy het eers in die jongste episode haar swangerskapnuus gedeel.
Nog ʼn daling in petrolprys verwag; dieselpryse styg waarskynlik
Vir verbruikers met petrolvoertuie is die verwagte daling goeie nuus, maar duurder diesel beteken ook groter insetkoste wat weer op ander vlakke pryse kan opjaag.