Dié legendariese sanger was veral bekend vir sy ikoniese liedjies soos “The Way You Look Tonight”, “Body and Soul” en “(I Left My Heart) In San Francisco”.
Alles vir die sleutelwoord "In die nuus"
Beurtkrag skiet op na fase 5
Ure nadat Eskom fase 4-beurtkrag aangekondig het, is dit noodgedwonge na fase 5 verhoog.
Lasbrief gevra vir as Poetin voete in SA sou sit
“Danksy die DA se volgehoue politieke en wetlike druk om nakoming van ons land se internasionale verpligtinge te verseker het die regering formeel die proses begin om pres. Poetin in hegtenis te neem indien hy sy voete op ons grond sou sit.”
Koue lei tot fase 4
Die hoër beurtkragfase is ’n groot doring in Suid-Afrikaners se vlees wat hulle reeds staal vir ʼn bibbernaweek.
Ontploffing: Ingenieurs, geoloë moet help soek na antwoorde
Dit is byna 48 uur later en daar is steeds geen antwoorde oor wat dié ontploffing in Breestraat in die Johannesburgse middestad veroorsaak het nie.
‘Openbare belang’ dat ‘Lady R’-verslag bekend gemaak word
Die onafhanklike paneel het sy ondersoek na die aangeleentheid afgehandel en sal nou sy finale verslag saamstel en dit aan pres. Cyril Ramaphosa oorhandig. Daar is vroeër bevestig die finale verslag sal nie openbaar gemaak word nie.
Derduisende boodskappe die fokus van Lauren Dickason-verhoor
Die polisie in Nieu-Seeland het in sy ondersoek na die dood van die drie Dickason-dogtertjies deur meer as 330 000 boodskappe gewerk wat Lauren Dickason aan haar man, familie en vriende gestuur en van hulle ontvang het.
Jong SA amateur saam voor in Britse Ope
Suid-Afrika se hemelbesem-gholfsensasie, die Suid-Kaapse amateur Christo Lamprecht, het Donderdag met ʼn vyfstervertoning in die eerste ronde van die Britse Ope gewys hy is van die regte stoffasie gemaak om die boonste sport te bereik.
‘Binnelanders’-akteur sterf
“Bradley het soveel lewens geraak en woorde kan nie beskryf hoeveel hy gemis sal word nie.”
Rentekoers onveranderd
Twee lede van die Reserwebank se monetêre beleidskomitee was wel ten gunste van nóg ’n laaste verhoging van 25 basispunte.
‘Yebo Gogo’-akteur sterf
Hy het met sy breë glimlag een van die mees herkenbare gesigte in Suid-Afrika geword en het gereeld op advertensieborde en TV verskyn.
Ontploffing: Liggaam onder motor in Jhb gekry
Chaos het Donderdagoggend in die middestad geheers nadat verskeie strate afgesper is. Honderde motoriste en pendelaars moes alternatiewe paaie gebruik om werk toe te gaan en dit het tot verskeie vertragings en verkeersopeenhopings gelei.
Dickason-verhoor: ‘Sy het dit gedoen om my seer te maak’
Getuienis van mense wat kort voor die gesinstragedie met die Dickason-gesin te doen gehad het, is Donderdag in die hooggeregshof in Christchurch, Nieu-Seeland, aangehoor.
Twee sterf in Nieu-Seelandse skietery kort voor WB-toernooi
“Die gewapende man was bekend aan die polisie en het ʼn geskiedenis van gesinsgeweld en geestesgesondheidskwessies gehad.”
Beplan jou roete: N1 tussen Rigellaan, R21 by Pta dié naweek gesluit
ʼn Groot hyskraan sal Saterdag én Sondag oor drie bane op die snelweg suidwaarts in posisie geplaas moet word. Motoriste moet hulle vergewis van verkeersopeenhopings.
Ontploffing in Jhb moet dringend ondersoek word – DA
Msimanga meen die regering moet dit oorweeg om mense uit sommige geboue – wat naby die toneel geleë is – te verwyder om hul veiligheid te verseker.
Ontploffing in Jhb dalk nié gas
Die onverklaarbare ontploffing wat tydens spitstyd deur Breestraat geskeur het, het altesame 41 met geringe tot ernstige beserings gelaat.
Foto’s: Chaos ná vermoedelike gasontploffing in Jhb
“Aanvanklike verslae van die toneel het getoon dat verskeie mense geringe tot matige beserings opgedoen het.”
‘Ek is dankbaar ek lewe,’ sê Aussie-seevaarder
“Ek het probeer om geluk binne myself te vind. Ek het ook baie eensaam gevoel. Ek het baie keer in die see gegaan en dit geniet om binne die water te wees,” vertel Tim Shaddock, ʼn Australiese seevaarder wat twee maande lank saam met sy hond in die Stille Oseaan rondgedobber het.
Klag van terrorisme teen ‘vragmotoraanvallers’
“Dít is duidelik die werk van ʼn sindikaat met ʼn sekere modus operandi om soveel moontlik verwoesting en paniek in die land te veroorsaak. Dit was beslis nie die optrede van ʼn enkele persoon wat alleen werk nie.”