Vir verbruikers met petrolvoertuie is die verwagte daling goeie nuus, maar duurder diesel beteken ook groter insetkoste wat weer op ander vlakke pryse kan opjaag.
Alles vir die sleutelwoord "In die nuus"
Ernie, Retief onder voorlopers
Suid-Afrika se Ernie Els speel vanjaar van sy beste gholf in jare en spog hierdie seisoen met een oorwinning en nege toptienplekke in 12 toernooie.
Eddie Jones wil geskiedenis teen Bokke maak
Die Wallabies se nuwe afrigter, Eddie Jones, is meedoënloos in sy pogings om Australië ʼn uitskieter by die Wêreldbeker later vanjaar te maak.
Soektog na stom seuntjie het gelukkige einde
Die sewejarige Enhle Maneli wat byna twee weke gelede uit sy ouerhuis naby Kuilsrivier in die Wes-Kaap verdwyn het, is ongedeerd.
Honderde vas ná betogings oor tiener se skietdood
Betogings het Donderdagaand vir ʼn derde agtereenvolgende nag in Frankryk voortgegaan in verband met die noodlottige skietery van ʼn tiener, met honderde mense wat in hegtenis geneem is.
Ma, dogter en skoonseun vermoor by Bloem-dagsorg
Die polisie is omstreeks 08:50 Donderdag na die huis in Van Heerdenstraat ontbied nadat daar op die liggame van Betsie Kruger (65) en haar dogter en skoonseun, Christo (36) en Janine Theron (35), afgekom is.
VSA-hof verbied ras as faktor vir universiteitstoelating
“Nou sal studente kan meeding gebaseer op gelyke standaarde en individuele meriete.”
Stappe beplan ná o.16’s rugbytoernooi-finaal kwyt is oor ‘raskwotas’
Die Westelike Provinsie is sy plek in die hoofwedstryd van die o.16- Grant Khomo-rugbyweek in Paarl kwyt nadat ʼn noodgedwonge onttrekking van twee van sy spelers veroorsaak het dat hy te veel wit spelers op die veld gehad het.
Ramaphosa skors twee regters
Die twee regters het tientalle uitstaande uitsprake wat lankal die tydsbeperkings wat deur die geregtelike norme en standaarde voorgeskryf word, verbygesteek het.
DA vaar goed in vier tussenverkiesings
In die afgelope 13 tussenverkiesings het die DA groei van byna 20% getoon.
Frankryk ontplooi 40 000 beamptes oor opstande
Franse het in groot getalle begin opruk nadat ʼn polisiebeampte ʼn tienerseun Dinsdag doodgeskiet het nadat hy glo van ʼn verkeersbeheerpunt buite Parys probeer vlug het.
Madonna in waakeenheid, wêreldtoer uitgestel
Die 64-jarige popster is in ʼn hospitaal in New York se waakeenheid opgeneem.
Titan-tragedie: Wrakstukke, ‘menslike oorskot’ uit water gebring
“Daar is nog ʼn aansienlike hoeveelheid werk wat gedoen moet word om die faktore te verstaan wat tot die katastrofiese voorval gelei het.”
Mashatile oorreed nie met ‘arrogante’ reaksie
Die adjunkpresident hou vol hy het niks verkeerd gedoen nie en dat die media ʼn skandaal van sy vriendskappe met sekere sakelui probeer maak.
Toe nie tornado wat Durban tref
Op grond van beeldmateriaal wat oor die weervoorskynsel gedeel is en ander ooglopende bewyse, is dit vir die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) duidelik dat dié verskynsel nie ʼn tornado was nie.
Ongrondwetlik om Zimbabwiërs se permitte op te skort, sê hof
Die Helen Suzman-stigting sê die uitspraak is een van “groot betekenis” vir die permithouers, aangesien hulle “al byna 15 jaar volkome wettig in Suid-Afrika woon”.
Nelson Mandela-stigting se hoof kry trekpas
“Die raad het tot die gevolgtrekking gekom dat Sello Hatang se optrede onbetaamlik en onaanvaarbaar was vir iemand in sy posisie en dat hy summier ontslaan moet word.”
Hoofregter, parlement vergader
Die parlement se voorsittende beamptes het Woensdag met hoofregter Raymond Zondo by Constitutional Hill in Johannesburg vergader.
Mashatile: ‘Ek het niks verkeerd gedoen’
Adj.pres. Paul Mashatile erken dat sy paaie al met vermeende staatskapers gekruis het. Hy ontken egter dat hy gereeld by dié sakemanne se herehuise tuisgegaan óf hom aan wangedrag skuldig gemaak het.
Video: Regering skik met Solidariteit in historiese rasooreenkoms
Solidariteit het vandag ʼn historiese skikking met die regering onderteken wat ‘n streep trek deur die regering se rigiede toepassing van regstellendeaksiemaatreëls in die arbeidsomgewing.