Volgens die Afrikaanse Taalraad voldoen die Universiteit Stellenbosch (US) se finale konseptaalbeleid nie aan basiese vereistes vir die volhoubare bestuur van Afrikaans of Xhosa by die universiteit nie.
Alles vir die sleutelwoord "Universiteit Stellenbosch"
US stel dít voor vir nuwe taalbeleid
ʼn “Finale konseptaalbeleid” word dié week aan die Universiteit Stellenbosch (US) se senaat en volgende week tydens ʼn spesiale vergadering aan die Institusionele Forum voorgelê.
Hoekom gebruik mense Facebook?
ʼn Onlangse studie in ondernemingsbestuur aan die Universiteit Stellenbosch het antwoorde gesoek op sommige mense se obsessie met sosiale media, terwyl ander sirkels stap om dié neiging.
Maties-taalbeleid: ‘Afrikaans bevorder en Engelse studente nie uitgesluit’
Die raad van die Universiteit Stellenbosch (US) het die naweek by ʼn spesiale vergadering algemene vertrekpunte met betrekking tot die nuwe taalbeleid bespreek.
Die wêreld in Afrikaans
Waarom wil ons dan ons ervaring van die multidimensionele heelal verskraal tot een universele taal wat uit dermiljoene monde geradbraak word..? vra Daniel Hugo.
Maties-taalbeleid: Dít is wat besluit is
Die tussentydse interdik wat AfriForum Jeug op 11 Maart teen die Universiteit Stellenbosch (US) bekom het, is Donderdag bekragtig nadat ʼn oorhoofse skikking tussen die partye bereik is.
Hof verplig US om taalbeleid toe te pas
Die Kaapse hooggeregshof het Donderdag die dringende tussentydse interdik wat AfriForum Jeug op 11 Maart teen die Universiteit van Stellenbosch (US) bekom het, bekragtig.
Daniel Hugo skuif versameling ná betogings by Maties
Die digter, vertaler, letterkundige en radioman dr. Daniel Hugo het sy persoonlike versameling literêre dokumente aan Akademia geskenk omdat die Universiteit Stellenbosch, volgens hom, nie meer ʼn veilige bêreplek vir dié literêre skat bied nie.
Internasionale steun vir veldtog teen nuwe taalbeleid
Die Nobelpryswenner, JM Coetzee en die bekende Britse oud-diplomaat, lord Robin Renwick, het onlangs hul steun verleen aan die Gelyke Kanse-veldtog om Afrikaans se gelyke status met Engels as onderrigtaal aan die Universiteit Stellenbosch te behou.
Breyten se ope brief aan US rektor
Die alombekende digter en taalregteaktivis, Breyten Breytenbach, het die afgelope naweek ʼn ope brief aan die rektor van die Universiteit Stellenbosch (US) gerig wat betref die universiteit se taalbeleid.
Waarom verloor jy jou eetlus wanneer jy siek is?
Onderdruk ons een van Moeder Natuur se oudste en effektiefste bakterie-bevegtende meganismes deur pasiënte te forseer om te eet nadat hulle hul eetlus verloor het tydens ʼn infeksie?
US Woordfees groei met rekordverkope
Die US Woordfees het vandeesweek in ʼn verklaring bekendgemaak dat kaartjieverkope vir vanjaar se fees met byna 30% gestyg het teenoor verkope in 2015.
Nóg ʼn Maties-student glo op kampus verkrag
ʼn Student aan die Universiteit Stellenbosch (US) is glo Saterdagoggend op die kampus verkrag en die vermeende verkragter is reeds in hegtenis geneem.
Verslag oor ‘persgesig’-ondersoek nie beskikbaar
Die uitslag van die ondersoek na die sogenaamde “persgesig”-aangeleentheid by die Universiteit Stellenbosch (US) was nie Woensdag beskikbaar soos verwag nie.
AGHS ʼn ‘chroniese siekte’ onder volwassenes
Meer as ’n miljoen Suid-Afrikaners tussen 20 en 50 jaar oud word geraak deur volwasse aandaggebrek-hiperaktiwiteitsindroom (AGHS).
Navorsers pak uitdagings van kinder-TB
Ter herdenking van Wêreld-TB-dag op 24 April bespreek van die wêreld se voorste navorsers oor kinder-TB die bykomende uitdagings waaraan kinders blootgestel word as hulle aan dié siekte ly.
Gehaltelewe: Grondslag in eerste 1 000 dae van kind gelê
ʼn Kind se fisieke, intellektuele en emosionele ontwikkeling vind die vinnigste plaas in die eerste duisend dae van sy of haar lewe.
US-taalbeleid: Belangegroepe genooi om kommentaar te lewer
Die Universiteit Stellenbosch (US) het Dinsdag met ʼn proses begin om sy huidige taalbeleid te hersien.
Kommissie gaan US-taalbeleid ondersoek
Die Universiteit Stellenbosch (US) het ʼn kommissie van ondersoek aangestel om die instansie se onlangse toepassing van die taalbeleid te ondersoek.
‘Persgesig’-ondersoek skop amptelik af
Die raad van die Universiteit Stellenbosch (US) het Donderdag bekend gemaak dat ʼn kommissie van ondersoek aangestel is om die manier waarop die sogenaamde “persgesig”-aangeleentheid hanteer is, te ondersoek.