Die Stad Kaapstad het R26 miljoen bewillig om twee nuwe brandweerstasies in onderskeidelik Masiphumelele en Somerset-Wes te bou.
Alles vir die sleutelwoord "Wes-Kaap"
Vrou op lughawe vas oor 8 kg dwelms
ʼn 27-jarige vrou van Hillbrow in Johannesburg is Saterdag met meer as R1,8 miljoen se dwelms op die Kaapstad Internasionale Lughawe betrap.
‘Bordeeleienaar’ breek glo by polisiekantoor in
ʼn 27-jarige vrou wat daarvan beskuldig word dat sy in ʼn polisiespeurder se kantoor ingebreek het om haar man se reisdokumente terug te steel wat vroeër deur die polisie afgeneem is, het Vrydag in die Bellville-distrikshof verskyn.
Twee vas na kitsbankontploffing
Twee verdagtes is Donderdag in die vroeë oggendure in hegtenis geneem ná ʼn mislukte kitsbankrooftog in Mitchells Plein buite Kaapstad.
Veiligheidswag vas na transitorooftog
Die bestuurder van ʼn transitovoertuig, wat na bewering Maandagaand met die voertuig vol geld gevlug het, is in hegtenis geneem.
Kampsbaai-moordbeskuldigde terug in hof
Diego Dougherty, die Guatemalaanse moordbeskuldigde, sal Woensdag weer in die Kaapstad-landdroshof verskyn in verband met die moord op sy Amerikaanse vriendin, Gabriela Alban (39).
Paramedici aangerand, beroof
Die aanvallers het die paramedici se persoonlike items, waaronder beursies, selfone en handsakke, geëis waarna hulle ʼn vroueparamedikus met ʼn gebreekte bottel gesteek het.
Twee vas wat beamptes skiet
Die departement van vervoer en openbare werke in die Wes-Kaap het die inhegtenisneming van twee verdagtes, wat glo twee vroulike verkeersbeamptes geskiet het, verwelkom.
Trotseer yskoue seewater vir liefdadigheid
ʼn Ysbeertjie-swemprojek word op 6 Augustus by Victoriabaai in die Wes-Kaap aangebied om komberse en ander warm goed vir die winter in te samel vir haweloses en behoeftiges in Oudtshoorn.
Hulde gebring aan vermoorde treindrywer
Talle passasiers en personeellede van die Premium Express-treindiens het hulde gebring aan die vermoorde treindrywer Piet Botha (46) deur gister en vandag blomme te bring…
Twee vas na moord op treindrywer
Die polisie is in die Wes-Kaap het twee verdagtes in hegtenis geneem in verband met die moord op Pieter Barend Botha.
Skok ná moord op treindrywer
Pieter Barend Botha, ʼn treindrywer, is Maandag by die Netreg-stasie in die Wes-Kaap beroof en vermoor.
CY Mark nie sommer elke hierjy se mark nie
Die Kaapse CY Mark, wat daarop fokus om plaaslike vroue te bemagtig en terselfdertyd niewinsgewende organisasies die geleentheid bied om terug te ploeg in die samelewing, word tussen 20 en 25 September net buite Durbanville in die Wes-Kaap gehou.
Verdagte vas vir moord op Grootbrakrivier-egpaar
ʼn Verdagte is in hegtenis geneem in verband met die gru-moord op Tewie en Eurika Human in Grootbrakrivier verlede maand.
Damvlakke styg in Wes-Kaap
Volgehoue reën in die Wes-Kaap het daartoe gelei dat damvlakke in die provinsie gestyg het.
Gevangenes speel rugby vir rehabilitasie
Ongeveer tien gevangenisse van die Wes-Kaap is tussen 4 en 8 Julie in ʼn vriendskaplike rugbytoernooi by die Boland-rugbystadion te sien as deel van ʼn rehabilitasieprogram.
Man sterf in familielid se arms
ʼn Jong man is Dinsdagoggend in ʼn straat in Scottsdene, naby Kraaifontein in die Wes-Kaap, doodgeskiet.
Drie ondervra oor lyk
Drie mense is vir ondervraging ingeneem nadat die liggaam van ʼn 21-jarige vrou in Philippi, Kaapstad, gevind is.
Nataniël kort voor vertoning beroof, gehospitaliseer
Volgens Nataniël het hy kort nadat hy aan die slaap geraak het, wakker geword “van stemme iewers in die plek waar ek tuisgegaan het”
Geen borgtog vir pastoor skuldig aan verkragting
Die pastoor wat die kerklike bediening Christ Healing Fountain in Mannenberg op die Kaapse Vlakte gestig het, is borgtog geweier nadat hy skuldig bevind is dat hy dieselfde vrou twee keer verkrag het.