Die polisie in Krugersdorp, Gauteng, het Vrydag aangekondig hy het ʼn deurbraak gemaak in die opspraakwekkende moorde wat die gebied die afgelope maand geruk het.
Lees meerAlles vir Vrydag 3 Junie 2016
Kredietgradering: Só sê Standard & Poor’s
Standard & Poor’s het Vrydag bevestig Suid-Afrika se kredietgradering bly onveranderd.
Comrades-wenners wag nog vir dwelmtoetsuitslae
Comrades-deelnemers wag nog steeds op die uitslag van dwelmtoetse wat ná die wedloop geneem is.
Sepp Blatter en kie het glo £55 miljoen ontvang
Voormalige Fifa-beamptes Sepp Blatter, Jerome Valcke en Markus Kattner het oor vyf jaar glo buitensporige verhogings en bonusse ontvang.
Waarskuwings uit Afrika: as jy ‘n minderheid word in jou eie land
Daar bestaan nie ‘n land ter wêreld met mense wat nié soos ek en jy voel nie, staatlose volke wat regeer word deur mense wat hul eer, erfenis, taal, opinie en waardes verwerp of minag, skryf Steve Hofmeyr.
[Video] Eerste vrou in rugbyunie se raad
Ilhaam Groenewald is pas aangestel as die eerste vrou in die Suid-Afrikaanse Rubyunie (Saru) se uitvoerende raad.
Liggaam van vasgekeerde Implats-myner gevind
Die liggaam van ʼn mynwerker by Impala Platinum in Rustenburg, is gevind.
Die wêreld in foto’s – 3 Junie 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Aanklagte teen minister wat Burundese vrou na SA ‘smokkel’
Die DA het Vrydag aanklagte teen Nosiviwe Mapisa-Nqakula, die minister van verdediging en militêre veterane, aanhangig gemaak nadat sy glo ʼn jong Burundese vrou onwettig die land ingesmokkel het.
Snapchat nou groter as Twitter
Snapchat is nou meer gewild as Twitter wanneer die daaglikse aktiewe gebruikers in ag geneem word.
Motorfiets ry tiener dood
ʼn 15-jarige meisie is Donderdagmiddag in Ventersburg in die Vrystaat deur ʼn motorfiets doodgery.
Ou advertensiebord iemand anders se slaapsak
Die niewinsgewende organisasie Street Sleeper het onlangs ʼn slaapsak vir haweloses ontwerp wat teen ʼn minimale bedrag vervaardig word deur ou advertensieborde te herwin.
[Video] Afrikaanse Wikipedia: Só maak mens
Maroela Media het pas drie opleidingsvideo’s beskikbaar gestel oor hoe om Afrikaanse artikels vir Wikipedia te vertaal en te skryf.
Taaldebat: ANC se nasiebouresep is verkeerd
Die ANC-regering sukkel sedert 1994 nog steeds om die regte resep vir nasiebou te vind. ʼn Mens vind hoofsaaklik twee modelle, skryf dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus.
300 onderwysers druip graad 3-Engels-toets
Die departement van basiese onderwys (DBE) sal opleiding gee aan 300 laerskoolonderwysers wat ʼn graad 3-Engels-toets gedruip het.
‘Stoute’ seun ná ‘n week gevind
ʼn Sewejarige seun is Vrydag gevind nadat sy ouers hom ʼn week gelede in ʼn woud gelos het omdat hy glo stout was.
Mense binne nege jaar op Mars, reken Musk
Die Suid-Afrikaans gebore Elon Musk, uitvoerende hoof van SpaceX, het gesê indien alles volgens plan verloop, sal daar binne nege jaar persone op Mars wees.
Curriebeker: baie op die spel vir nie-franchise’e
Die gebrek aan motivering speel maar alte duidelik ʼn rol in die vertonings van die spanne uit die ses Superfranchise’e wat in die opstellende ronde van die Curriebeker speel.
Man gevonnis ná hy seuntjie (3) verkrag
“Tabile het die seun gedra toe hulle by die ouma se huis aangekom het en hy het gehuil. Die ouma het onraad gemerk en sy het die kleuter gevra wat fout is.”
SA hoor vanaand oor moontlike rommelstatus
“As ons met mekaar eerlik is, verdien Suid-Afrika om afgegradeer te word na rommelstatus. Dit is natuurlik nie wat ons wil hê nie, maar dit is wat ons verdien.”