Twee wagte by ʼn bekende veiligheidsmaatskappy in Kaapstad is Vrydagoggend in verband met ʼn transitorooftog in hegtenis geneem.
Lees meerAlles vir Vrydag 12 Augustus 2016
Pinetown-ongeluk: Trokeienaar weer in hof
Gregory Govender, die eienaar van die vragmotor wat in 2013 in Field’s Hillweg, Durban, die dood van 24 mense veroorsaak het, het Vrydag weer vlugtig in die Verulam-landdroshof verskyn.
Regverdigheid van OB-kiesproses bevraagteken
Die parlementêre komitee wat moet besluit wie voortaan die pos van die openbare beskermer (OB) sal beklee, se besluit om die proses teen einde Augustus af te handel is gekritiseer deur opposisie wat meen oorhaastigheid kan die hele proses in gedrang bring.
Twee vas ná betogers metro-eiendom brand
Twee verdagtes is in hegtenis geneem in verband met gewelddadige betogings Donderdagaand in die Refilwe informele nedersetting buite Cullinan, oos van Pretoria, waartydens ʼn munisipale kantoor en talle voertuie afgebrand is.
OP-liga: kan verrassingspakkie aanhou wen?
Die groot vraag rakende Saterdag se eindstryd in die Woolfsonstadion om die Oostelike Provinsie se Grootuitdaagbeker is of die reeks se verrassingspakkie kan aanhou wen.
Hieroor is een van SAUK-8 se hofaansoek geweier
Regter Fritz van Oosten het Vrydag die redes bekendgemaak hoekom hy Vuyo Mvoko, een van die sogenaamde SAUK-8, se aansoek om weer deur die openbare uitsaaier aangestel te word, van die hand gewys het.
BBRU-liga: eerste keer dié eeu sonder studente
Saterdag se eindstryd om die Blou Bulle-rugbyunie se Carltonbeker is die eerste keer hierdie eeu dat `n studentespan nie daarby betrokke is nie.
DA maak koalisies in Sentraal-Karoo bekend
Die DA het Vrydag sy koalisie-ooreenkomste in die Sentraal-Karoo-distrik in die Wes-Kaap aangekondig.
GLRU-liga: Simmer in eerste finaal sedert 1992
Germiston Simmer se eerste span speel Saterdag in sy eerste eindstryd sedert 1992 wanneer hy Diggers, die huidige houer, op Wits se veld om die Senior Grootuitdaagbeker pak.
Afrikaanse radiostasies steek kers op by groot name in bedryf
Maroela Media het vanjaar sy vyfde radioseminaar vir gemeenskapsradiostasies, Klankgolf 2016, in Pretoria aangebied.
SWD-liga: nuwe finalis pak Evergreens vanjaar
Die Suidwestelike Distrikte se Premierliga-kampioen, Evergreens van Pacaltsdorp, het `n nuwe uitdager in die eindstryd nadat verlede jaar se naaswenner in die halfeindronde uitgeskakel is.
Bekende sanger word eerste keer pa
Die 41-jarige sanger word vir die eerste keer pa en skerts “wysheid kom met grysheid”.
Kleuter erg beseer ná perdeskop: ‘Ek kry nou nog nagmerries’
“Daar was ʼn groot kol bloed op die gras waar dit gebeur het. Dit was grusaam.”
Sakeman-moordverdagte se pa doodgeskiet
ʼn Sakeman van Limpopo, wat verdink word van die moord op sy vrou, se pa is Vrydag tydens ʼn vermeende rooftog in Polokwane (Pietersburg) in Limpopo doodgeskiet.
Video: Tier verras motoriste in Pretoria-Oos
’n Bengaalse tierwyfie het Vrydagoggend vir opwinding in die ooste van Pretoria gesorg toe sy rustig op ʼn grondpad naby die Silver Lakes-gholflandgoed gestap het.
RUGBYKUIERPLEK
Rugbylui is altyd op soek na `n kuierplekkie om skouers met ander lede van die broederskap te skuur en die kameraderie van die spel te geniet. Hier is enkele vooorstelle.
Oorsaak van Potch-hoërskoolbrand nog nie bekend
Die ondersoek duur voort na die oorsaak van Donderdagoggend se brand by die Hoër Tegniese Skool op Potchefstroom waarin die skool se historiese administratiewe gebou verwoes is.
Redakteursbrief: “Ek droom oor ʼn radiostasie vir my gemeenskap”
Altesaam 51 mense van Afrikaanse gemeenskapsradiostasies oral oor die noordelike deel van die land is gister en vandag by mekaar by Maroela Media se vyfde gemeenskapsradiostasieseminaar. Hierdie klink na ʼn doodgewone inleidende sin vir ʼn redakteursbrief, maar dit is glad nie – dis gelaai met betekenis, skryf Susan Lombaard.
Video: Dolfyn ‘gaps’ vrou se iPad
ʼn Video van ʼn dolfyn by die Seaworld-oord in Orlando, Florida, wat ʼn vrou se iPad uit haar hande “gaps”, maak groot opslae op sosiale media.
Ouerpaar bly hoop ná seuntjie byna verdrink
ʼn Eenjarige seuntjie se ouers hoop steeds op ʼn wonderwerk, meer as twee maande nadat hy byna verdrink het.