Dis so maklik soos een-twee-drie minute! Skuif vinnig nader en luister na “Die kas”. Wees gewaarsku – dié spookstorie deur Fanie Viljoen sal jou behoorlik laat ril! Dit is geskik vir kinders 13 jaar en ouer.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "jeugboek"
Boek: Keegan en Samier: Die sokker-fiasko
Sal Keegan, Samier en hulle vriende aanhou sokker speel, of gaan die bose Brent die hele dag bederf?
Fanie Viljoen: ‘Dit gaan mense soos ʼn vuishou in die donker tref’
“’n Mens moet veral pitkos vir die jeug gee,” verduidelik hy. “Ek hou daarvan om die grense so ʼn bietjie uit te daag wanneer ek vir dié groep lesers skryf.”
Lapa kondig wenners van jeugromankompetisie aan
Die wenners van Lapa Uitgewers se jeugromankompetisie is op 26 Februarie tydens ʼn glansgeleentheid in Pretoria bekendgemaak.
Boek: Justin Fortuin, skattejagter
Spook dit in Kasteel Boekanier? Sal Justin en sy vriend Liam die ou skeepskaptein se skat kan vind voor twee skelms dit doen?
Annerle Barnard skryf sodat kinders kan lees
“As ʼn mens die jeug aan die lees kan kry is daar soveel meer van ʼn toekoms vir hulle. Maar daarvoor moet jy hulle eers aan die lees kry,” sê Annerle Barnard, skrywer van Sindikaat, die roman wat onlangs met ʼn silwer Sanlamprys vir Jeuglektuur bekroon is.
Boek: Snak
‘Snak’ is ʼn spannende soek- en trekverhaal van geloof, hoop en liefde.
Boek: Nina en die crazy klere
Nina en Jessie woon die Eksotiese Eksperimente Ekspo by. Dit is die beste ooit! Hulle verkyk hulle aan al die slim uitvindings.
Boek: Grilgrypers 1 – Die vloek van Vreesbaai
Gou lyk dit ook asof sy nuwe vriende by die skool elkeen ook ‘n geheim met hulle saamdra.Kan dit wees dat al die kinders op Vreesbaai deur iets afgrysliks geterroriseer word?
Boek: Elton die Verskriklike April verloor dit
Elton en sy ma woon nou aan die “regte kant van die rivier”. Sy ma het ’n pos as inwonende verpleegster by ‘n aftreeoord gekry.
Internasionale eer vir Afrikaanse skrywer
“Hy is ’n meesterlike storieverteller en verdien dat sy werk aan ’n groter gehoor bekend gestel word.”
Luister: Vermeulen se jeugroman ʼn kragtoer oor grootword
Jan Vermeulen ken tieners en hy weet hoe hulle koppe werk. Dit is dié dat hy gevoel het hy moet ʼn boek soos Asem skryf wat fokus op ʼn gesin se onderlinge verhouding.
Die Uile en Trompie vlieg steeds hoog
Hierdie aanhalings kom uit ʼn resensie van Proteaboeke se heruitgawe van Die Uile-reeks, en ʼn mens kan seker aanvaar dieselfde afwysende kritiek sal geld vir die heruitgawes van die Trompie- en Saartjie-reekse deur NB-Uitgewers. In albei gevalle sal dit foutiewe aannames wees.
Hou kinders só aan die lees
Ja, sy doen navorsing vir al haar boeke, of dit nou vir ʼn sesjarige of ʼn 14-jarige bedoel is. “Kinders tel dit maklik op as jy fnuik, nie eerlik is nie en vroetel met feite. Buitendien lees volwassenes ook jeugboeke en dit is dikwels ʼn ma of ouma wat ʼn boek vir ʼn kind moet voorlees,” sê Wasserman.
Boek: Die meisie op die dak
Dan ontmoet Estelle egter die buurseun. Aiden met sy grys oë, kuiltjieglimlag en melkverslaafde kat. Aiden wat haar dalk weer in wonderwerke kan laat glo.
Boek: Jasper die rugbyheld
Jasper het nog altyd geweet hy is lief vir rugby, maar hy het nie besef dat hy ’n rugbyheld sou word nie!
Boek: Jasper op hoërskool
Jasper is die kêreltjie wat omgekrap raak as iemand na sy borselkop verwys as “poenskop”, en wat saam met die ander drie lede van die Viermanskap – Mossie, Giep en Ferdinand – baie avonture beleef.
Luister: Carin Krahtz se jeugboek vang iets van die leefwêreld van ʼn 14-jarige vas
Die skrywer Carin Krahtz is self ʼn onderwyser van Centurion, daarom weet sy uit persoonlike ervaring wat die invloed van ʼn sorgsame onderwyser op ’n kind se prestasie in ʼn spesifieke vak kan wees.
Boek: Populêr
Op 15 moes Tindell Baldwin ’n keuse maak – bly op die pad wat haar Christelike gesin aangedui het, of klim die sosiale leer wat duidelik vir die gewildste meisie baie pret sou verseker. Sy het haar keuse gemaak en uitgegaan om die lewe te lei wat sy gedink het sy wou hê.