ʼn Sewejarige meisie van Brits is beseer nadat sy Vrydag tussen die agterkant van ʼn swaarvoertuig en ʼn muur vasgepen was.
Alles vir die maand Oktober 2012
E-toltariewe aangepas
E-toltariewe vir ligtevoertuie met ʼn e-skyfie het verminder na 30c per kilometer, het Sanral Vrydag bekend gemaak.
Nuuskommentaar: Einde van papierkoerante?
Die sluiting van Newsweek se gedrukte weergawe het koerant- en tydskrifbase dwars oor die wêreld laat regop sit.
‘n Hartseer kykie na die ‘Obama-phone lady’
Die vrou, wat nou bekend staan as die ‘Obama-phone Lady’ probeer kiesers oortuig om vir Obama te stem: in haar woorde, “stem vir Obama as president, hy het vir ons ‘n foon gegee, en hy sal nog meer gee.’
“Dwelmverslaafde” braai en eet hondjie
ʼn Man van Kaapstad is Donderdag in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn babahondjie op ʼn oop vuur gebraai en geëet het.
Gordhan se herverdelingbegroting onvolhoubaar
Slegs ’n derde van Gordhan se begroting word nie aan herverdeling gewy nie – 65% van die begroting word op die sogenaamde “social wage” bestee.
Die Grootste Afrikaner van Alle Tye: Hier is die uitslag!
Maroela Media het Donderdagaand by ‘n spoggeleentheid in Centurion die wenners in sy veldtog om die Grootste Afrikaner van Alle Tye aan te wys, bekendgemaak.
Matriekmeisie in gesig geskiet tydens kaping
Minke Aucamp, ʼn matriekleerling van die Oos-Rand, is Donderdag deur kapers in die gesig geskiet.
Ma steek kind aan die brand omdat hy rook
ʼn Vrou is Donderdag in die hooggeregshof in Kaapstad skuldig bevind dat sy haar negejarige kind vermoor het omdat hy gerook het.
E-tol aankondiging verwag
Die regering sal na verwagting vandag duidelikheid gee oor die e-tolstelsel op Gautengse hoofweë.
Onnie vergeet vraestelle op dak
ʼn Skoolhoof het ʼn boks met matriekeksamenvraestelle verloor nadat hy dit op die dak van sy motor vergeet het.
Polisieman, drie ander vas wat glo wou inbreek
Vier mans, insluitend ʼn polisiebeampte, is in hegtenis geneem toe hulle glo op pad was om by ʼn huis in Johannesburg in te breek.
Vier vas vir polisievangwa-bom
Vier mans gaan Vrydag in die Johannesburgse landdroshof verskyn in verband met die polisievangwa wat Maandag tydens ʼn mislukte ontsnappingspoging opgeblaas is.
Selfvoorsienend met krag uit varkmis
‘n Australiese varkplaas het nie net koolstofkrediete verwerf nie, maar het ook nie meer ‘n kragrekening nie.
Man sterf, 9 beseer in Wes-Kaapse botsing
ʼn Man is dood en nege ander beseer nadat ʼn bakkie en ʼn swaarvoertuig Donderdag in die Wes-Kaap gebots het.
Reaksies op begroting
“Dit is duidelik dat die regering bereid is om baie effektief te wees om meer belasting uit hardwerkende Suid-Afrikaners te tap,” sê Solidariteit
Bejaarde in voertuig met staalpyp deurboor
ʼn Bejaarde man is Donderdag met ʼn staalpyp deurboor terwyl hy op die Viljoenskroonpad bestuur het.
Bejaarde by Midrandse dwelmnes vasgetrek
Die Valke het Donderdag drie mans, waaronder ʼn bejaarde, op ʼn kleinhoewe in Midrand waar dwelms vervaardig is, in hegtenis geneem.
Drie geskiet in “liefdesdriehoek” tussen polisielede
ʼn Polisiesersant en ʼn vrou is Woensdagaand deur ʼn metropolisiebeampte in Pretoria geskiet, waarna die beampte homself geskiet het. Dit wil voorkom asof dié drie in ‘n liefdesdriehoek gewikkel was.
Vakbond slaan nog ’n slag teen regstellende aksie
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens mag nie ’n pos waarin ’n beampte tans waarneem en waarvoor hy reeds drie keer onsuksesvol aansoek gedoen het, vul voordat sy vakbond se hofsaak hieroor aangehoor is nie.