Volgens die Global Slavery Index is daar tans ongeveer 45,8 miljoen mense wêreldwyd in mensehandel vasgevang. In 2014 was Suid-Afrika 126ste uit 167 lande op die ranglys met ʼn beraamde 106 000 mense vasgevang in mensehandel. In 2016 is Suid-Afrika egter al 27ste op die ranglys met ʼn beraamde 248 700 slagoffers.
Alles vir Dinsdag 6 Desember 2016
Wag vas ná dwaalkoeëls kind by winkelsentrum tref
ʼn 34-jarige veiligheidsbeampte is in hegtenis geneem nadat ʼn sesjarige seun Sondag glo deur twee dwaalkoeëls by ʼn gewilde inkopiesentrum in Centurion getref is. Die voorval het plaasgevind toe die beampte op ʼn groep rowers losgebrand het.
Uitdrukking: hot en haar
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die verskillende uitdrukkings oor “hot en haar” in Afrikaans.
Om die kombuistafel met Steve en ander bekendes
Steve Hofmeyr en ander bekendes soos Bobby van Jaarseveld en Kurt Darren se gunstelingresepte is opgeneem in ʼn nuwe resepteboek wat gisteraand bekendgestel is by die Blou Hond-teater in Pretoria.
Dis nie goeie leesstof op ‘n leë maag nie
Dis daardie tyd van die jaar wat as komkommertyd bekend staan wanneer toetsrugby op die agtergrond geskuif word en elke moontlike storie die webwerwe en nuusblaaie haal.
Luister: Skouspel met kilometers liggies
’n Stel van nege meter hoog, 104 kleurvolle kostuums, 22 km se vonkelende feëtjieliggies én ’n unieke liggiewaterval van 160 m is maar enkele van die elemente wat die Fantasy of Light-verhoogproduksie uniek maak. Dít, en die feit dat dié pantomime die eerste Afrikaanse buitelugproduksie is wat op die terrein van ʼn inkopiesentrum gehou word.
Boer in hospitaal ná mesaanval
ʼn Noordwes-boer is in die hospitaal opgeneem nadat hy Maandagaand op sy plaas buite Delareyville deur ʼn onbekende aantal aanvallers oorval is.
[Wen] Wen ʼn Kerry-Lee-album vir jou Kerskous
Vyf lesers kan elk ʼn Dans in die reën-album wen.
“Die ‘vratte’ van die samelewing”
By my kompleks het die sekuriteitswag gesalueer toe hy my sien inkom. Ek het voor hom gaan staan. Op aandag en hom met ʼn saluut begroet: “In my oë is jy nie ʼn vrat nie.”
Werkers hul werk kwyt; hoenders na hul dood bemagtig
Ek voel of ek dit van ʼn dak af wil skreeu: Hulle het grond, Julius; hulle het niks nie!
Man vas ná moordslagoffer (9) se pa hom jaag
ʼn 31-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy op ʼn verwoestingstog in Schweizer-Reneke in Noordwes gegaan het waartydens drie mense, waaronder ʼn negejarige meisie, vermoor is.
Tieners erg beseer toe toestel ontplof
Vyf tienerseuns het ernstige beserings opgedoen toe ʼn ploftoestel Maandagaand by ʼn huis in Manenberg, Kaapstad, ontplof het.
Nuuskommentaar: Haatspraak, al weer
Die probleem in dié stadium is dat dit erg onewehandig toegepas word: Erge haatspraak by Wits is byvoorbeeld tot blote spraakvryheid gereduseer en ander gevalle bly dikwels in die lug hang terwyl elke regsopsie teen Sparrow ingespan word.
Vyf sterf in ongeluk aan Oos-Rand
Vyf mense, onder wie twee kinders, is dood en een beseer in ʼn ongeluk Maandagaand in Kempton Park aan die Oos-Rand.
Rhodespark-saak: Beskuldigde uit hof verwyder
Een van die Rhodespark-beskuldigdes is Maandag uit die hooggeregshof in Palm Ridge verwyder nadat hy onophoudelik uitgevaar het oor hoe “onregverdig” die hof hom behandel.
‘SA se onttrekking aan strafhof ongrondwetlik’
Die DA het Maandag in die hooggeregshof in Pretoria aangevoer die Suid-Afrikaanse regering se besluit om hom aan die Internasionale Strafhof (ISH) te onttrek is ongrondwetlik en moet daarom ter syde gestel word.
Bejaarde man vas wat 7-jarige ‘verkrag’
ʼn 76-jarige man van Lilydale naby Bosbokrand in Mpumalanga het Maandag in die hof verskyn in verband met die verkragting van ʼn 7-jarige meisie.
Gedagte vir die dag: Onthou om te onthou
Sê vir die Israeliete hulle moet aan die some van hulle klere klossies vaswerk … Hulle moet ’n blou toutjie aan die hoekklossies vaswerk. As julle die klossies sien, moet julle dink aan al my gebooie sodat julle dit onderhou en nie die sondige begeertes van julle hart en oë navolg nie. (Numeri 15:38-39)
Durbell vestig hoop op ontluikende talent
Durbanville-Bellville, verlede jaar se Goue Bekerhouer van vanjaar `n semi-finalis in die reeks, vestig sy toekomshoop op die talent wat in vanjaar se toernooi ontluik het.