Dokters wou verder opereer, maar die risiko is te groot, het die akteur en komediant se agent gesê.
Alles vir die maand Junie 2017
Konserwatiewes se voorsprong in Britse verkiesing raak kleiner
Sedert Theresa May skielik verlede jaar eerste minister van Brittanje geword het, het haar gewildheid bly toeneem en word sy deur politieke kommentators met die ystervrou Margaret Thatcher vergelyk.
Skolespeler geskors ná aanval op skeidsregter
Die Mpumalanga-rugbyunie (MRU) het ʼn skolespeler geskors nadat hy die skeidsregter fisiek aangeval het.
Drie ernstig beseer tydens transitorooftog
Volgens die polisie is die bestuurder en twee veiligheidslede wat in die transitovoertuig was ernstig beseer en moes na ʼn hospitaal gehaas word.
Een ras-swaeltjie maak nie ʼn somer
My vermoede is dat daar ʼn dubbele standaard heers: Daar is meer as genoeg Facebook-rassiste van ander rasse wat nie die seweuur nuus haal nie.
Vrou wreed aangeval op plaas
ʼn 61-jarige vrou is op ʼn plaas tussen Sannieshof en Ottosdal in Noordwes aangeval.
Kyk Maties-student se gedenkdiens hier
Kyk hier regstreeks na die gedenkdiens van Hannah Cornelius (21), die Maties-student wat ontvoer en vermoord is.
Drietal Pumas slaan in Arende se span uit
ʼn Drietal gewese Pumas slaan vandeesweek in die SWD Arende se span uit, wat die OP Kings Sondag op Mdantsane aandurf, en heelwat verskil van die span wat teen die Westelike Provinsie verloor het.
Phahlane moet sê hoekom hy nie geskors moet word
“Dit is vir my duidelik dat die aanvanklike redenasie oor lt.genl. Phahlane se ongewenstheid om aan te bly as waarnemende nasionale polisiekommissaris ook van toepassing is op sy oorspronklike rol.”
[Video] Boetie (7), sussie (1) laat waai met rieldans
Die gr. R-seuntjie se “hart was baie seer” toe hy nie saam met die gr. 1’s in hulle konsert die rieldans kon doen nie. So toe kap hy en sy sussie dit sommer by die huis uit terwyl hulle ma dit op video vasvang.
[Tel jou woorde] ‘Woorde is oorgehaalde pistole’ – Jean-Paul Sartre
“Want nou gaan dit nie net meer oor die geweld nie, nou gaan dit oor die woorde. Woorde wat die geweld aanwakker, toelaat en toesmeer. Woorde wat ʼn samelewing breinspoel om te dink dat gendergeweld deel mag wees van ons daaglikse handel en wandel…”
Sannieshof-plaasaanval: Ses weer in hof
Ses verdagtes verskyn weer Vrydag in die Delareyville-landdroshof op aanklag van moord, poging tot moord en huisbraak ná ʼn plaasmoord by Leeukuil-plaas naby Sannieshof in Noordwes.
[Resep] Hoenderpastei
Is jy lus vir iets anders as sop? Probeer gerus hierdie hoenderpastei dié naweek.
Nuuskommentaar: Trump-onttrekking aan Parys-akkoord is verwag
’n Groot deel van die sukses wat Donald Trump met die presidentsverkiesing behaal het, was omdat baie Amerikaners weer werklik trots op hul land te laat voel. Gaan Trump se besluit om die VSA aan die Parys-klimaatsverdrag te onttrek nie dalk boemerang en van die VSA die wêreld se spreekwoordelike “laughing stock” maak nie?
Vandag se sportnuus
Die Franse Ope se vyfde dag is gister op Roland Garros afgehandel. Die lys van manswenners sluit gekeurde spelers in soos Kei Nishikori, Andy Murray en Stan Wawrinka. Kevin Anderson en Nic Kyrgios het sake uitgespook, met Anderson wat in vier stelle as wenner uit die stryd getree het.
Ontvoerde SA’ner se ma ter ruste gelê
Imtiaz Sooliman, hoof van Gift of the Givers, het gesê Beverly het die afgelope paar jaar elke dag gehoop dat Stephen vrygelaat sal word en dat sy hom vir oulaas sou kon sien voordat sy sterf. Dit het egter nie gebeur nie.
Twee jong mense vandag gegroet
Twee jong mense word vandag in twee afsonderlike stede ter ruste gelê – een het gesterf aan die hand van misdaad en die ander in ʼn motorfietsongeluk.
Tekenprent: Staatskaping
‘n Reeks e-posse is uitgelek wat glo die Gupta-familie se rol in die bestuur van Suid-Afrika en die omvang van die staatskaping bevestig.
Omstrede SAPD-taalinstruksie gepak
Dít volg nadat die Noord-Kaapse adjunkprovinsiale kommissaris op 5 September 2016 ʼn direktief uitgevaardig het waarvolgens alle verklarings van die publiek voortaan in Engels afgelê moet word.
Polisiemanne in hof oor beweerde gewapende rooftogte
Die twee polisielede het in die hof verskyn op aanklagte van twee gewapende rooftogte.