Die vierde en laaste kriekettoets tussen die Proteas en Australië in die reeks wat op 1 Maart op Ou Kingsmead begin, sal ná al die drama rondom die afgelope toets teen Indië tog wel op die Wanderers gespeel word.
Alles vir Dinsdag 30 Januarie 2018
Valke slaan toe op vuurwapenhandelaar
Niemand is nog in hegtenis geneem nadat lede van die Valke op ʼn vuurwapenhandelaar in Pretoria toegeslaan en beslag op 323 vuurwapens gelê het nie.
Die Radio Raps Show nou op Showmax
Jonathan van die Oos-Rand neem reeds vir jare die internet op horings met sy maltrap web-reeks Radio Raps, maar nou staan hy ook gereed om die komedie-koning van die kassie te word.
Eskom-hoof positief ondanks reuseskuld
Phakamani Hadebe, wat minder as twee weke gelede as Eskom se waarnemende hoof aangewys is, het Dinsdag tydens die bekendmaking van die kragreus se finansiële resultate vir sy halfjaar nie doekies omgedraai nie.
Nóg ʼn groot uitdaging wag op Rolene Strauss
Eers die Mej. Wêreld-kroon, toe ʼn mediese graad en nóú gaan Rolene Strauss haar volgende groot projek aanpak.
JMPD-beamptes sterf toe voertuig in padblokkade inploeg
“Die bestuurder van die Hilux is in hegtenis geneem. Daarna is ʼn bloedmonster geneem en hy is na die Sandton-polisiestasie vervoer.”
Die wonderwêreld van stutte
Wanneer die son begin water trek en die kole begin gloei, is dit die regte tyd om oor rugby te praat.
Capitec-aandele tuimel ná verdoemende verslag
Aandele in Capitec Bank het Dinsdag met 20% getuimel nadat die navorsingsgroep Viceroy ʼn uitgebreide ondersoek gedoen en bewyse saamgestel het wat volgens die groep daarop dui dat die bank na bewering geknoei het om verliese weg te steek en inkomste te vergroot.
SA gesin ondanks protes uit Nieu-Seeland gedeporteer
Derduisende handtekeninge teen die deportasie van ʼn Suid-Afrikaanse gesin wat al nege jaar lank in Nieu-Seeland woon, kon dié gesin nie daarvan red om uit die land geskop te word nie.
Langste man ontmoet kortste vrou
Die wêreld se langste man en die kortste vrou in die wêreld het mekaar ontmoet.
T-hemp help pa om nier te kry
“Ek het geen benul gehad dat die ding so wyd verspreid en suksesvol sou wees nie.”
Foto’s: Talle uit Parys ontruim ná ‘swaarste reën in 50 jaar’
Volgens berigte swem swane waar daar normaalweg sypaadjies was.
Fleur du Cap-benoemings: ‘King Kong’ neem voortou
Talle van Suid-Afrika se voorste teatername pronk vanjaar weer op die benoemingslys vir die 52ste Fleur du Cap-teaterpryse was pas bekend gemaak is.
Uitdrukking: kenta(g) word
Taaltoffie ondersoek die herkoms en betekenis van die uitdrukking, “kentag word” – en hoekom jy dit dalk gaan benodig wanneer jy weer saam met iemand ‘n bordspeletjie speel!
Huismark: Kenners voorspel vir 2018
Dit lyk of goeie nuus op pad is vir Suid-Afrika se eiendomsmark.
Mooinooi-vroue: Familie ‘smag’ na ʼn roudiens
“Ek dink as die borgtogaansoek klaar is en die saak na die hooggeregshof verwys word, sal ons kan voortgaan met ʼn roudiens. Ons, veral ek, smag daarna om Joey en Anisha ter ruste te kan lê.”
Nuuskommentaar: Om Zuma se einde te beplan
’n Proses wat die land se toekoms ernstig kan raak, word vandag in die parlement voortgesit. Dit is een van Zuma se laaste slagvelde in sy magstryd met adj.pres. Cyril Ramaphosa.
4-jarige verdrink in stormwaterdrein
“Die meisie is meters ver van die toneel in ʼn klein stroompie aangetref.”
Hoërskool Overvaal, ʼn geleentheid om aan te gryp
Vrywilligers het die vermoë om só krisis te kan ontlont. Buurtwagte, plaaswagte, sekuriteitsmaatskappye en talle ander rolspelers het die afgelope paar weke saam met AfriForum deur proaktiewe optredes die situasie op so wyse hanteer dat die kinders, wat die kern prioriteit was, veilig kon skoolgaan, skryf Ian Cameron.
Vandag se sportnuus
Ná die Sydney-been van die Wêreldreeks is Suid-Afrika nou eerste op die punteleer. Die Blitsbokke het tweede geëindig en Nieu-Seeland was vyfde by die toernooi.