Drie lede van die sogenaamde Rolex-bende is Dinsdagmiddag in Johannesburg in hegtenis geneem.
Alles vir Woensdag 20 Junie 2018
Stella-koshuismoorde: Xander verander van plan oor borgtog
Xander Bylsma (19) word aangekla van die moord op Sharnelle Hough (17) en Marna Engelbrecht (16).
ANC-LP doodgeskiet
’n Parlementslid van die ANC is in Roodepoort aan die Wes-Rand doodgeskiet.
Resep: Baklava-en-bessietertjies
Het jy al ooit self probeer baklava maak? Probeer dié lekker resep!
Solidariteit Beweging se hoofstroomsienings en -doelwitte
Ons klou nie aan ʼn verouderde ideologie vas of jaag vreemde doelwitte na nie, maar streef bloot ʼn normale samelewing na waarin almal blywend vry, veilig en voorspoedig kan lewe.
NWU besluit oor Theo Venter se uitlatings
ʼn Herrie het losgebars ná Venter oudpres. Jacob Zuma se tyd as president met dié van apartheidsleiers vergelyk het. Sy uitlating is as rassisties bestempel.
Twee gevonnis wat kerkgangers beroof
Twee mans wat in Maart verlede jaar by ʼn kerk in Rustenburg, Noordwes, ingestorm en skote afgevuur het voordat hulle kerkgangers beroof het, is in die plaaslike streekshof gevonnis.
Twee sterf toe vragmotor in sloot beland
Met paramedici se aankoms op die toneel, was die vragmotor in die groot stormwatersloot vasgekeer. ʼn Vrag bakstene wat agterop die vragmotor was, het oor die toneel verspreid gelê.
Vandag se sportnuus
Drie wedstryde is gister in FIFA se Wêreldbeker-toernooi in Rusland gespeel en in gholfnuus val die kollig vandeesweek in Europa op die BMW Internasionale Ope wat in Pulheim, Duitsland, gespeel word.
Vlugtelinge: Ons almal se verantwoordelikheid
Op Woensdag 20 Junie 2018, Wêrelddag vir Vlugtelinge, word daar internasionaal hulde gebring aan mense wat uiterse omstandighede aandurf op vlug van hul geboortelande weens oorlog, geweld en gruwelike menseregteskendings.
SuperSport-voorval: ‘Minister skuld ons ʼn verskoning’
“Maimane en minister Xasa het uiters onverantwoordelik opgetree deur Botha en Mallett sonder die korrekte feite voor te hou as rassiste.”
Kutama-ontsnapping: Nog een vas
Polisie het nou reeds ses van die sewe gevangenes wat in Oktober uit ʼn maksimumsekuriteitgevangenis ontsnap het aangekeer.
Eskom-loononderhandelings: Vakbonde debatteer aanbod
Al die erkende vakbonde by Eskom het Dinsdag met die kragverskaffer vergader om die praatjies oor lone te hervat en ʼn nuwe aanbod te debatteer.
Merkel wankel ná Beierse opstand
Mense leef in ’n nuwe Weste. Die temas van identiteitspolitiek en veiligheid is nou ook in Duitsland in die hoofstroom. Die politiek sal ook ná Merkel gepaardgaan met diep verdeelde kampe en emosionele debatte hieroor.
Zupta-Suid-Afrika verloor meer as wiele en vlerke
Dat Zuma so woel om ’n politieke opstand in die KwaZulu-Natalse ANC aan te blaas, is nie om dowe neute nie, skryf Leopold Scholtz.
Gedagte vir die dag: Dien die Here, ook by die werkplek
Moenie net werk om deur julle eienaars raakgesien te word en so in mense se guns te kom nie, maar werk met ’n opregte hart uit eerbied vir die Here. Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie. (Kolossense 3:22-23)
KZN-Moorbeker gewen; Valke-kampioen kry slae
Die KwaZulu-Natalse Moorbeker het sommer vroeg al ʼn baas gekry; en die Valke-kampioen is Saterdag verrassend getroef.