ʼn Regter het Bill Cosby Dinsdag as ʼn “seksueel gewelddadige aanvaller” bestempel as deel van die vonnisverrigtinge teen die bekende Amerikaanse akteur en komediant in verband met die seksuele aanranding van ʼn vrou meer as ʼn dekade gelede.
Lees meerAlles vir Dinsdag 25 September 2018
Wysiging van visumregulasies verwelkom
“Ons moet dit makliker maak vir mense om na Suid-Afrika te kom, terwyl daar steeds streng sekuriteit by die grense gehandhaaf word.”
Ramaphosa praat in VSA oor planne vir SA ekonomie
“Die ANC kry weer vatplek en ek is vol vertroue dat die party die volgende verkiesing – wat volgende jaar, voor Mei 2019, gehou gaan word – redelik maklik gaan wen.”
Dros reageer oor ‘kinderverkragting’
Patse Jordaan, Dros-woordvoerder, het Dinsdagaand gesê hulle het die kind se ouers enige bystand aangebied “wat redelikerwys in so ʼn geval verwag kan word”.
Snelweg gesluit ná 3 in ongeluk sterf
Volgens paramedici word daar vermoed dat een van die voertuig se bande losgekom het.
Baba wat op ashoop gevind is, sterf
Intussen het die kind se ma vandag op aanklag van moord en kinderverlating in die hof verskyn.
Coligny-moordsaak: ‘Beskuldigdes moes oorledene beskerm’
“Eerstens moes hulle die oorledene van leed beskerm het en tweedens moes hulle voorsorgmaatreëls getref het om te verhoed dat die oorledene beseer word.”
Man in hof ná hy kind glo in Dros verkrag
Toe die meisie se ma na haar begin soek, het sy ʼn geraas uit die manstoilette gehoor, maar die deur was glo geblokkeer.
ToekomsVenster: Liefde
Om jouself lief te hê is nie die probleem nie maar om jouself konsekwent ten koste van ander lief te hê is sonde.
Nugent-kommissie meen Bain gee nie samewerking
Nugent het gesê dit blyk dat die maatskappy se verklaarde belofte om R164 miljoen in fooie terug te betaal diskresionêr was.
SA’ner in Burkina Faso ontvoer
“Die familie van die ontvoerde Suid-Afrikaner is in kennis gestel.”
Die wêreld in foto’s – 25 September 2018
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef
Rugby-ster ses maande ná ongeluk steeds in hospitaal
“Hy kan nie praat nie en kommunikeer met sy vingers. Hy is ’n vegter as jy kyk waar hy ses maande gelede was, en waar hy nou is.”
Trump ‘waningelig’ oor SA – Ramaphosa
Pres. Cyril Ramaphosa het teruggekap na Amerikaanse president Donald Trump, nadat dié vroeër sy minister van buitelandse sake gevra het om ondersoek in te stel na die kwessie van plaasmoorde, grondbesettings en -onteiening in Suid-Afrika.
Boerbok spring offerande net-net vry
Toe die boerbokooi, wat intussen Hilda gedoop is, deur beamptes gevind is, het sy reeds heelwat bloed verloor.
Dié boek laat jou na jou asem snak
“Asem” is ʼn móét-lees-boek vir elke tiener wat insig tot ʼn ander wêreld wil hê.
Pretoriase egpaar dood aangetref
Volgens Dlamini het bure skote gehoor en die polisie ontbied.
Luister in 3 minute: Ramaphosa se stimuluspakket, rentekoerse en die NGV
Drie sakekwessies wat die afgelope week opslae gemaak het, is pres. Cyril Ramaphosa se aankondiging van ʼn stimuluspakket, die Reserwebank wat rentekoerse onveranderd gelaat het en kommentaar op die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering.
Poemas se droom lyk nie haalbaar
Hulle besef dit is eintlik ʼn onbereikbare droom, maar by die Poemas is daar nietemin die wete dat hulle die heel eerste keer in ʼn posisie is om die Rugbykampioenskap te wen.
Motoris by verkeerslig doodgeskiet
Volgens die polisie het ʼn ooggetuie wat agter die motoris by die verkeerslig gestaan het gesien wat gebeur.