Sy het opnuut nuwe respek vir die boere van Suid-Afrika gekry. “Hulle het soveel passie ondanks die moeilike tye en dit sal my vir ewig en altyd bybly.”
Lees meerAlles vir Donderdag 9 Januarie 2020
Duisende vee kom om in droogtegeteisterde Namibië
Aldus die verslag het 88 219 diere tussen Oktober 2018 en September 2019 gevrek – ʼn gemiddeld van 7 350 vrektes per maand.
Liggaam van kind in vliegtuig se onderstel gevind
Die liggaam van ʼn kind, vermoedelik 10 jaar oud, is in die onderstel van ʼn vliegtuig gevind wat Woensdagoggend vroeg van Abidjan in Parys, Frankryk aangekom het.
Dwing premiers om te reageer oor droogte, maan DA
John Steenhuisen, leier van die Demokratiese Alliansie, het Donderdag pres. Cyril Ramaphosa versoek om premiers te dwing om te reageer op die land se droogtekrisis om ʼn “katastrofe” te voorkom.
Beloning vir inligting oor Nuwejaarskietery
Die polisie in Gauteng doen ʼn beroep op die publiek om na vore te kom met inligting oor twee skietvoorvalle in die vroeë oggendure op Nuwejaarsdag by ʼn restaurant in Melville en by die Mary Fitzgerald-plein in Johannesburg.
Nege in hof oor onwettige mynbedrywighede
Nege persone, wat Woensdag in hegtenis geneem is in verband met onwettige mynbedrywighede by Atok naby Lebowakgomo in Limpopo, het vandag in die Sekhukhune-landdroshof verskyn.
SA Hercules verlaat aanloopbaan in DRK
ʼn C-130BZ (Hercules) van die Suid-Afrikaanse Lugmag het Donderdag die aanloopbaan in die Demokratiese Republiek van die Kongo verlaat net ná landing.
Ramaphosa-kantoor oor hernieude beurtkrag
Pres. Cyril Ramaphosa se woordvoerder, Khusela Diko, het Donderdag aan Maroela Media gesê Ramaphosa het sy uitspraak in Desember, dat daar nie weer beurtkrag sal wees tot 13 Januarie nie, gegrond op inligting wat aan hom verskaf is uit Eskom se eie noodherstelplan.
DA klou vas in Tshwane
Die DA en sy koalisievennote, onder wie die VF Plus, klou tans net-net aan die mag in die Tshwane-metro in Pretoria, maar dit lyk na ʼn kwessie van tyd voor hulle dit verloor.
Die wêreld in foto’s – 9 Januarie 2020
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie.
2 in besit van anti-retrovirale middels betrap
Die bokse en sakke was versteek onder ʼn kombers in die motor se kattebak.
Opposisiepartye kan NGV stuit
Nog nooit sedert 1994 het soveel potensieel rampspoedig en gevaarlike wetgewing voor die parlement gedien as aan die begin van 2020 nie.
Al hoe minder leerders neem sleutelvakke
Hoërskoolleerders wat toenemend wegskram van sleutelvakke soos wiskunde en wetenskap, voorspel slegte nuus vir die ekonomie.
Sakevertroue weer op ’n laagtepunt
“Alle aanduidings is dat die potensiaal van die ekonomie besig om te wankel en dit sal positiewe regstellende stappe vereis om die ekonomie in ʼn toepaslike rigting te stuur.”
Agt in hof ná polisie rooftog fnuik
Die polisie het die verdagtes op pad na ʼn roof agternagesit.
Bulls kies grofgeskut vir Tukkies-opwarming
Libbok begin en Steyn is op die plaasvervangersbank.
Oproer ná moord op polisielid
Die polisie het inwoners tot kalmte gemaan nadat ʼn verdagte Donderdag in hegtenis geneem is.
Video: Angswekkende beeldmateriaal van kleuter op randjie
ʼn Video van ʼn kleuter wat op ʼn smal randjie van ʼn woonstelblok loop, is reeds meer as 3 miljoen keer gekyk – en kykers reken dit is angswekkend om te sien .
Die storie van ʼn Ierse T-hemp
Dié woorde word toegedig aan ene Master Yoda. Daar is ʼn storie agter hierdie T-hemp. ʼn Rugbystorie.
Luister: Peterhansel het beslis woestyn-woema
“Dié Dakar het al die bestanddele vir ’n briljante wedren.”