Februarie is Moedertaalmaand en die Skoleondersteuningsentrum (SOS) wil dit deeglik vier! Vertel ons wat Afrikaans vir jou beteken en wen groot pryse daarmee. SOS moedig ook alle skole aan om hul leerders te laat inskryf. Die skool met die meeste inskrywings ontvang boonop ʼn prys.
Alles vir Vrydag 21 Februarie 2020
Tientalle leerders in hospitaal oor ‘daggakoekies’
Die meisies het Donderdag van pyn op die maag gekla terwyl ander opgebring het.
Alberts, Du Plessis gaan saam met Lions-trop toer
Die Johannesburgers vertrek môre vir hul toer na Australië en Nieu-Seeland.
Koronavirus: Al meer gevalle in dié lande aangemeld
Die land het intussen ook sy weermag gesluit nadat verskeie soldate positief vir Covid-19 getoets het.
Foto’s: Toer in jou taal
Wanneer jy deur Namakwaland reis, of jy nou tussen die blomme of vetplante kuier, kry elke plant en blom ʼn persoonlikheid, ʼn identiteit. Dit is asof jy ʼn persoonlike band vorm met die natuur se skoonheid. Hoe kan die spinnekopblom, engeltjies-malva, kameelvoetjies, bobbejaanvingers, bababoudjies, pietsnot en gansogies nie elk ʼn eie persoonlikheid hê nie?
Vandag se sportnuus
Vonke kan weer tussen die Proteas en die Aussies op die Wanderers spat.
Nóg British Airways vlugte na Kaapstad
Die lugdiens beoog om ʼn totaal van 100 nuwe vlugte oor die volgende vyf jaar in te stel.
Woord: moedertaal
Ons vier jaarliks op 21 Februarie Moedertaaldag!
Nuuskommentaar: België, proefbuis vir impak van diversiteit op ’n grondwet
In die internasionale politiek geld die beginsel gewoonlik dat ’n unitêre grondwet nie op ’n heterogene bevolking van toepassing gemaak kan word nie. Suid-Afrika het presies die teenoorgestelde koers ingeslaan, en betaal daagliks die prys. Maar hoekom krap dinge dan in België?
ANC moet Kaapstad derduisende betaal oor plakkate
Die regerende party is die enigste party wat nié hul plakkate ná die verkiesing verwyder het nie.
Vakbonde na appèlhof oor ‘afleggings’ by SAL
“Deur op dié manier te herstruktureer kom die diewe en stropers by die SAL skotvry daarvan af en kan hulle hul korrupsie met afleggings toesmeer.”
Moontlik die beste diesel
As ʼn mens na diesel kyk, het die GLC ʼn wye nis vir homself uitgekerf.
Redakteursbrief: Fontein-se-watse nonsens?
Maroela-fontein is ʼn lekker plek – dis wa’ jy hoort, sê ons.
Verdagtes vas vir kinderpornografie
In nóg ʼn geval is John Turnham tronk toe gestuur vir die besit van kinderpornografie.
Video: Chanté se ‘Tragedie’ vol rou emosie
“Hierdie liedjie is vir almal met ’n stukkende hart, en ek hoop dit gee vir luisteraars die nodige krag om te kan aanbeweeg.”
Moedertaaldag: Die oorlewing van Afrikaans is my oorlewing
Die oorlewing van Afrikaans is nie vir my ʼn akademiese of ideologiese argument nie, die oorlewing van Afrikaans is my oorlewing.
Karlien van Jaarsveld: ‘Ek kan nie glo dis al 10 jaar nie’
“Ek voel werklik die enigste ding wat ek regtig al bietjie kon verstaan in my lewe is my pad met God. Dis al.”
Internasionale Moedertaaldag: ‘Ons doen dit in Afrikaans’
Verskeie studies het al getoon dat moedertaalonderrig aanleiding gee tot gesonder identiteitsvorming, identiteitsbesef, selfvertroue en gevolglik ook tot groter akademiese en sosiale uitnemendheid.
Resep-video: Appelkooswieletjies
Drie basiese bestanddele en drie maklike stappe. Enigeen kan dié wieletjies maak!
Shaik bedank as departementele raadgewer
Shaik is gevra om eerder die direkteur-generaal by te staan met die belegging in en befondsing van waterinfrastruktuur.