Of jy landloos is, of hopeloos – God maak ’n pad. Dit is ons erfenis.
Alles vir Dinsdag 29 September 2020
Mango vlieg met gehuurde vliegtuie
SAL Tegnies het sy dienste aan Mango weens wanbetaling opgeskort.
Covid-19-advieskomitee nié ontbind
“Die opvatting dat die minister die komitee ‘ontbind’ het omdat hy nie na hulle raad wou luister nie, is ver van die waarheid verwyder.”
Boek: Grilgrypers 6 – ‘Die geheim van die spookwerf’
De Wet Hugo laat jong lesers behoorlik ril en gril met sy ‘Grilgrypers’-reeks. Lees meer oor die sesde boek, ‘Die geheim van die spookwerf’.
Steve Hofmeyr maak toetrede tot Top-20
Steve Hofmeyr is terug met ’n splinternuwe enkelsnit, “Ek kort”.
Kaapstad ‘gereed’ om op aardbewing te reageer
Daar is nie ʼn vroeë waarskuwingstelsel vir aardbewings nie, maar die CGS het wel tsoenami-sensors wat moet verseker mense word betyds oor ʼn moontlike tsoenami ingelig.
Vandag se sportnuus
AB de Villiers en Virat Kholi van die Royal Challengers Bangalore het gisteraand onder groot druk die super beurt-tweestryd teen die Mumbai Indians gewen.
Man dood na vragmotor buite beheer raak op ongelukstoneel
“Die vragmotor het intussen teen ʼn wal afgery en teen ʼn huis tot stilstand gekom.”
‘Huisrowers’ ná skietgeveg vasgetrek
Die verdagtes se vermoedelik gesteelde voertuig is glo vroeër in ʼn vlaag huisrooftogte in die omgewing gebruik.
Resep: Raita-doopsous
Raita word algemeen gebruik in Indiese disse. Bedien dit as ʼn doopsous vir pitabrood en naanbrood, of bedien dit saam met kerrie of groentedisse.
Voorstel om Brandfort se naam te verander ‘bisar’
Die premier van die Vrystaat het vroeër aangekondig dat die dorp na Winnie Madikizela-Mandela vernoem sal word.
Zuma eis dat Zondo hom onttrek
Zondo se beweerde vooroordeel teenoor Zuma spruit glo uit hulle “historiese persoonlike, familie- en professionele bande” wat die voorsitter in die openbaar moes onthul voordat hy sy aanstelling aanvaar het.
Covid-19-statistieke: Soveel nuwe gevalle, sterftes aangemeld
Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Maandagaand die jongste Covid-19-statistieke bekend gemaak.
Gedagte vir die dag: Kom elke belofte na
As jy aan God ’n gelofte gedoen het, moet jy nie versuim om dit te betaal nie. Dit is beter dat jy nie belowe nie as dat jy belowe en nie betaal nie. (Prediker 5:3-4)