Verskeie lande in Europa het die afgelope 24 uur rekordgetal nuwe Covid-19-gevalle bevestig met vrese dat ʼn tweede golf infeksies oorweldigend kan wees.
Lees meerAlles vir Donderdag 8 Oktober 2020
Nóg ʼn Noord-Kaapse munisipaliteit betaal Eskom-skuld
Kragtoevoer is Donderdagmiddag na nóg ‘n Noord-Kaapse munisipaliteit herstel toe agterstallige skuld aan Eskom oorbetaal is.
Duisende onderteken brief oor plaasaanvalle
Duisende persone het reeds die ope brief onderteken om te versoek dat die president om verskoning vra dat hy plaasaanvalle ontken het en waarin dringende ingryping oor plaasaanvalle versoek word.
‘Sekspastoor’ in hof vir aansoek om borgtog
ʼn Omstrede televangelis wat van verkragting en mensehandel beskuldig word, het Donderdag in die hooggeregshof in Port Elizabeth verskyn vir sy aansoek om borgtog.
Parlement versnel skielik proses oor onteiening
Die parlement se ad hoc-komitee oor die verandering van art. 25 van die Grondwet om onteiening sonder vergoeding te vergemaklik het Donderdag skielik sy pas versnel en hoop nou om sy werk teen 24 November te voltooi.
NVG maak ommekeer oor moordsaak
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het sy aanvanklike besluit om nie die beskuldigde in ’n moordsaak te vervolg nie, omgekeer nadat AfriForum se privaat vervolgingseenheid die klaer in dié saak bygestaan het.
Konsertgids: Opera, klassieke musiek dié naweek te hoor
Maroela Media het ʼn konsertgids saamgestel van aanlyn konserte waarmee musiekliefhebbers dié naweek kan ontspan.
Twee aangekeer wat glo diesel steel
Twee verdagtes, onderskeidelik 31 en 33 jaar oud, is in hegtenis geneem in verband met die besit van vermoedelik gesteelde diesel en op aanklag van die peuter met en beskadiging van noodsaaklike infrastruktuur.
ToekomsVenster: God se beloftes is anders
Byt vas want God het jou nie vergeet nie. Dit mag middernag wees en die slaap bly jou ontwyk, maar jy is halfpad. Moenie nou opgee nie!
Die wêreld in foto’s – 8 Oktober 2020
Te midde van die Covid-19-pandemie het duisende ontstoke studente en werkers Donderdag ʼn protesoptog teen die nuwe wet op werkskepping in Indonesië gehou.
Luister: Gedra deur gebed in Mianmar
Een van vervolgde Christene se sterkste wapens is gebed. Die krag van gebed moet nooit onderskat word nie.
Vier vas vir korrupsie en afpersing
ʼn Werknemer van die poskantoor in Virginia in die Vrystaat het glo haar bestuurder genader en gevra om 250 Sassa-kaarte met geld te laai in ruil vir vergoeding van R20 000.
Agt geskors oor ‘onreëlmatige’ toekenning van tenders
Die minister het onder meer versoek dat daar vasgestel word of die departement enige verliese in die proses gely het.
Regrukplan by Eskom vorder goed – De Ruyter
Eskom se pogings om die aanleg op te knap en in stand te hou en om die vlakke van prestasie en betroubaarheid te verbeter, is op sigself egter nie genoeg om beurtkrag te beëindig nie.
Podlitiek: Die Brendin Horner-optog en Vrystaat se asbesbedrog
In die week se episode gesels die Podlitiek-span oor die moord op Brendin Horner en die gebeure by die Senekal-landdroshof waar sy vermeende moordenaars verskyn het. Die Vrystaatse asbesbedrog kom ook onder die loep.
Senekal: ‘Daar is baie mense wat hom ondersteun’
Hy word volgens sy regsverteenwoordiger weens veiligheidsredes by ʼn ongenoemde polisiestasie aangehou.
Cheetahs laat vir Specman, Steyn los
Die Cheetahs sal oorgehaal wees om vir Suid-Afrika se rugbybase te wys wat in hulle steek wanneer hulle Saterdag teen die Pumas in Bloemfontein speel.
Isuzu se MU-X bied ʼn lekker sleep-ontdekking
Karavaan gepak en gehaak agter die Isuzu MU-X 3.0 4×4 outo wys ons die sleepsel in Rustenburg se rigting op die N4 in Pretoria.
‘Veediewe’ loop hul rieme styf
’n Bok is nadat die vermeende veediewe se motor ’n paal getref het, in dié voertuig gevind.
Geweld met geweld vergeld?
Ons boere en hul families leef al vir jare in vrees dat die volgende wit kruis by Ysterberg tot nagedagtenis van hulle opgerig gaan word, skryf Hendrik Verryn, ‘n predikant by die Gereformeerde kerk Potchefstroom-Suid.