“Die man het vermoedelik die bom vir ʼn ou rioolpyp aangesien.”
Lees meerAlles vir Vrydag 8 April 2022
Becker skuldig bevind tydens bankrotskap-saak
Die 54-jarige Duitser is daarvan beskuldig dat hy miljoene pond se bates, insluitend twee Wimbledon-trofeë, versteek het om betaling van sy skuld vry te spring.
Schindler se sekretaresse Reinhardt sterf op 107
Mimi Reinhardt, wat lyste vir die Duitse nyweraar Oskar Schindler opgestel het en gehelp het om honderde Jode tydens die Joodse volksmoord se lewens te red, is in die ouderdom van 107 jaar oorlede.
Man in Ermelo vas oor steroïde
Beamptes het tydens die soektog beslag gelê op steroïde ter waarde van ongeveer R200 000.
Potch-studente seëvier by debatskompetisie
“Dit is bemoedigend om te sien hoe ons land se volgende leiers hier gekweek en bemagtig word om in Afrikaans hulle sê te sê.”
KKNK maak 2022-Kanna-benoemings bekend
“Die gehalte van produksies by die KKNK is so goed dat die paneel behoorlik gewroeg het om ʼn kortlys van benoemdes saam te stel.”
Vuurpyle tref ontruimingsarea in Oekraïne
Die weermaggroen oorskot van ʼn vuurpyl, met die woorde “vir ons kinders” in Russies daarop, is langs die gebou opgemerk.
SA Akademie bring hulde aan Van der Elst
So sou die mooi vrugbare pad wat hierdie besondere man op die taallandskap stap ʼn omarming vergestalt van beide die Afrikaanse en Nederlandse geestesgoedere.
Stellenbosch-burgemeester se fonds help kwesbaarstes
Die burgemeestersfonds speel ʼn besonder belangrike rol by die plaaslike owerheid om gemeenskappe – waar hulp nie ingevolge die gewone riglyne vir munisipaliteite se finansies verskaf kan word nie – steeds met spesiale behoeftes te help.
ToekomsVenster: ‘Só is julle in my hand’
Ons moet die oë gevestig op Jesus hou, die Begin en die Einde van die geloof, koersvas bly, ook vandag.
Veiligheidswag voor begrafnisonderneming doodgeskiet
Die man het sowat 12 skietwonde opgedoen.
Bestuurder vasgekeer ná bakkie teen trok bots
ʼn Ooggetuie sê ʼn derde motor, waarin ʼn gesin met ʼn klein baba gereis het, was ook in die ongeluk betrokke.
Luister: Gesonde spysverteringstelsel beteken gesonde vel
In dié insetsel gesels dr. Vanessa Lapiner, ʼn dermatoloog, oor die vyf stappe wat gevolg word om ʼn ongesonde spysverteringstelsel te balanseer en herstel.
Nóg swaar reën, hael in Gauteng verwag
Die verwagte reën sal met donderbuie, rukwinde en moontlike hael gepaardgaan.
Onwettige myners in Rustenburg vasgevat
Intussen is die DA aan die Wes-Rand ook op die oorlogspad om die sogenaamde Zama-Zamas se bedrywighede stop te sit.
Jongste verslag oor sprinkaanplaag
Die grondspanne gaan voort om in alle gebiede van die drie provinsies beheer toe te pas, aangesien voetgangersprinkane in verskeie stadia, asook vlieënde swerms steeds voorkom.
Boek: ‘Opdrifsel’ – Phillip Rademeyer
‘Opdrifsel’ is ʼn verhaal oor twee mense wat hulself én mekaar in die donker gat van rou verloor, en weer moet vind.
Wit duiwe vir De Villiers se vrou
“God het Theresa vir ons gegee om ons te wys hoe goed Hy is. Dank die Here as familie vir haar lewe. Dank Theresa ook vir als. Ons weet sy luister vandag.”
Isuzu wys uiteindelik nuwe D-Max
Daar is ʼn magdom modelle, so ʼn mens kan besluit presies wat jy nodig het, en wat jou sak pas.
Isolasie van Rusland kan tot ‘erger oortredings’ lei – Pandor
Vyf Suid-Afrikaanse families is intussen steeds in Oekraïne, waar hulle verkies het om ten spyte van die voortslepende oorlog te bly.