Michal Jacobus Willemans het glo mense oor die hele land heen jare lank uit derduisende rand bedrieg.
Alles vir Woensdag 11 Januarie 2023
Wiele2Wiele gesels Dakar
Met die moeilikste ren in die wêreld wat tans aan die gang is, praat Wiele2Wiele hierdie week oor 2023 se Dakar.
Foto’s: Trane, opwinding op eerste skooldag
Gr. 1’s sien skynbaar die meeste uit na “maats” en “pouse”.
Valskermswewer van Leeukop af gered
Die man was in ʼn kritieke toestand en tussen twee rotse ingewig toe nooddienste by hom aangekom het.
Toeskouer sterf by Dakar
Gister se skof van die Dakar-tydren is deur die dood van ʼn Italiaanse toeskouer oorskadu. Volgens organiseerders het die toeris agter ʼn sandduin gestaan toe die voorval plaasgevind het.
Mbalula kry weer bloedneus oor Intercape
Regter John Smith het in sy uitspraak gesê die minister se “weerstand” teen samewerking met die provinsiale owerhede is verrassend.
Volbank regters sal Ramaphosa-aansoek aanhoor
Die Jacob Zuma-stigting het oudergewoonte ʼn eier hieroor gelê en op Twitter gesê geen partye het gevra vir ʼn volbank regters nie.
Kyk: Brevis laat waai vir MI Cape Town
Jonk ofte not; Dewald Brevis is ʼn baie spesiale krieketspeler wat oor die unieke gawe beskik om ʼn mens vir ʼn rukkie van jou sorge te laat vergeet.
Gedig: Aan ʼn ou boek
“Baie jare al gelede; lê jy op die solder daar, rustig in jou rus, tevrede.”
Resep: Garnaalkerrie
Dié garnaalgereg sal jou vinnig troos wanneer jy na die see verlang.
Dié flieks en reekse seëvier by Golden Globe-toekennings
Steven Spielberg was die groot wenner by vanjaar se Golden Globes-toekenning.
Konstabel vermoor glo vriend, verloofde
Die konstabel, verbonde aan die Bishopstown-polisiestasie buite Pietermaritzburg, het hom Maandag aan die polisie oorgegee.
Hulde aan Dougie Dyers gebring
“Wanneer dit by groot rolspelers in die geskiedenis van Suid-Afrikaanse rugby kom, staan ‘Oom’ Dougie se naam langs al die grotes.”
Saak van weermaglid wat MIV ‘doelbewus versprei’ weer uitgestel
Die beskuldigde het na bewering sy voormalige lewensmaat met MIV besmet terwyl hy geweet het dat hy die virus het en hierdie feit van haar weerhou het.
Polisiekaptein, nog twee vas vir omkopery
“Die drie word daarvan beskuldig dat hulle 13 beweerde ongedokumenteerde mense glo ure lank in ʼn polisievoertuig aangehou en omkoopgeld van R10 000 vir hul vryheid geëis het.”
Gedagte vir die dag: Wyse besluite
U waarskuwings is beslis my vreugde; dit gee my goeie raad. (Psalm 119:24)