Volgens Jean Kleyn was daar nog altyd ʼn tikkie vyandigheid tussen Ierland en Skotland op die rugbyveld.
Alles vir Donderdag 5 Oktober 2023
Transnet se Siza Mzimela gooi ook handdoek in
Die grootkoppe in dié staatsbeheerde vervoerinstelling val nou een ná die ander op hul swaard terwyl verskeie krisisse die instelling teister.
Voëlgriep in Wes-Kaap verflou
Pluimvee-eienaars word egter gewaarsku dat die einde nog nie in sig is nie en mense word aangemoedig om proaktief te wees in die voorkoming en verspreiding van dié dodelike virus. Dit is steeds ʼn bedreiging vir wilde voëls.
Chaos toe trok deur bus, taxi’s ploeg
Een van die passassiers van die bus was met die nooddienste se aankoms op die toneel nog agter in die wrak van die bus vasgekeer.
Mont Blanc krimp meer as 2 m in twee jaar
Navorsers meet die berg sedert 2001 elke twee jaar in die hoop om inligting oor die impak van klimaatsverandering op die Alpe in te samel.
Boekklub lees 28 jaar lank aan een boek
Die boekklub het in 1995 begin en tydens die pandemie op Zoom met die gesprekke voortgegaan.
Honda CB750 Hornet – Pendel hoef nie vervelig te wees
Oor die jare het die Hornet deur verskeie opgraderings gegaan, maar almal het dieselfde twee eienskappe gedeel: die fiets was bekostigbaar en groot pret om te ry!
Moderne onderwysers het veranderende rol in dié dekade
Die suksesvolle onderwyser van die toekoms moet oor ʼn kombinasie van harde en sagte vaardighede beskik.
Temba sê Klaas Vakie het nie kom draai
“Ek blameer die hoek van die kamera,” was Temba Bavuma se reaksie nadat foto’s van hom op sosiale media gedeel is waar hy oënskynlik ʼn uiltjie knip tydens ʼn amptelike mediasessie.
Versorger presteer ná talle uitdagings
“Hierdie storie is ʼn bewys van die krag van geloof, vasberadenheid en liefde. Haar verhaal herinner ons daaraan dat daar selfs in die donkerste tye daar altyd ’n lig aan die einde van die tonnel is.”
Nzimande ‘speel met woorde’ oor Afrikaans as inheemse taal
Die Afrikanerbond sê dit is duidelik dat minister Blake Nzimande g’n vriend van Afrikaans is nie.
Wêreldonderwysersdag: Goeie onderwysers, skoolomgewing nou benodig
“Skoolbeheerliggame is ten nouste betrokke by die aanstel van onderwysers. Om toe te sien dat die beste moontlike opvoeders aangestel word en dat goeie opvoeders behou word, moet dus baie hoog op ’n beheerliggaam se agenda wees.”
Lesersbrief: Dan is ek seker ʼn rassis
Ek word as ʼn rassis gebrandmerk omdat ek durf bevraagteken hoe my belastinggeld aangewend word, bloot omdat ek nie saamstem met iets nie.
Wiele2Wiele beleef luukse Lexus en Grand i10
Hierdie week gaan Wiele2Wiele op ’n “Lexus Art of Luxury Experience”, gaan ry met die VW Polo TSI 70 kW 5-spoed handrat en staan verbaas oor Hyundai se Grand i10-luikrug.
Skietery ná plaaseienaar boewe op heterdaad betrap
Die boewe het hul buit op die plaaseienaar se voertuig gelaai, maar is in hul spore gestuit toe hy op die werf aangekom het.
Iere op hul hoede vir Duhan
“Duhan [van der Merwe] is ʼn rugbyfrats: Hy kan van enige plek op die rugbyveld ʼn aanval loods, terwyl hy ook vinnig en sterk is. Hy is definitief ʼn bedreiging vir ons.”
Twee SA onderwysers op kortlys vir Wêreldonderwysersprys
Wheeler en Masweneng is uit meer as 7 000 nominasies en aansoeke van 130 lande gekies.
Nobelpryswenner het eerste chemie-vraestel gedop
Dié teleurstelling het hom destyds byna “vernietig” vertel Moungi Bawendi, medewenner van vanjaar se Nobelprys vir chemie.
Nuwe benadering tot voëlgriep ‘dringend nodig’
Hoenderboere het tot dusver goeie rede gehad om nie hul hoenders teen voëlgriep te laat inent nie, maar ʼn kenner meen om nou te wil inent, is te min, te laat.
SA mag gou dalk nie meer vlag swaai by groot sportbyeenkomste
Sou die Suid-Afrikaanse regering en die Suid-Afrikaanse Instituut vir Dwelmvrye Sport teen die betrokke datum nie aan die gewysigde Wada-wetgewing voldoen nie, sal die land nie meer sy vlag by vlagskip-sportbyeenkomste kan wapper óf die volkslied daar sing nie.