Meer as 115 000 mense het die petisie van Action Society onderteken, terwyl die DA se petisie op sowat 7 700 staan.
Alles deur die skrywer Anja van der Merwe
Drie verbrande liggame in motor gekry
Die liggame is onderskeidelik aan die bestuurders- en passasierskant, asook in die kattebak ontdek.
Video: Eben Etzebeth se verloofde sing volkslied vir sy 100ste wedstryd
Dit was ʼn hoendervleis-oomblik toe Anlia van Rensburg met haar sterk stem die stadion gevul en Etzebeth natuurlik breëbors saamgesing het.
Blade Nzimande tot voorsitter van SAKP verkies
Nzimande oorhandig nou sy pos as hoofsekretaris van die party – wat hy al die afgelope 24 jaar beklee – aan Solly Mapaila.
Sowat R1,6 miljoen van Denel se bates opgeveil
Daar is ook reeds op Denel Korporatief se bankrekening beslag gelê en verdere veilings sal volg totdat die volle bedrag ingewin is.
11 dood ná ongeluk in KZN
’n Aparte ongeluk in die provinsie het die lewe van ses mense geëis.
Jessie Duarte sterf
Jessie Duarte het sedert 2012 die posisie as adjunk-sekretaris-generaal van die ANC beklee en is sedert 2002 ’n lid van die party se nasionale uitvoerende komitee.
Fourie skryf brief aan ‘sy Vlooi’
Abraham Fourie hou voet by stuk dat hy nie vir sy lewensmaat, Maryna Venter (49), se dood verantwoordelik was nie. Maroela Media het met hom gesels.
Vrou ‘was dood’ tydens plaasaanval
“Sy wurggreep bly my veral by. Daai man het demoniese krag binne hom gehad. Ek het die duiwel in die oë gekyk terwyl ek die Here se naam geroep het.”
Lewenslank vir Fourie
“Om ʼn té ligte vonnis vir geslagsgebaseerde geweld op te lê, kan daartoe bydra dat die samelewing vertroue in die regstelsel en hof verloor.”
Ouers het eindelose vrae ná Senekal-moord
“Ek kry terugflitse oor wat ek dink daardie grusame dag gebeur het. Iets in my het daardie dag ook doodgegaan.”
Fourie ‘onrehabiliteerbaar’, sê staat
“Die samelewing het genoeg gehad van mense soos die beskuldigde. Hy is ’n boelie en vroueslaner.”
Senekal-man het wel lewensmaat vermoor
Die staat het bewys dat Abraham Fourie doelbewus sy lewensmaat, Maryna Venter, vermoor het, het die regter tydens sy uitspraak gesê.
Kaalvoetkinders se skoolskoene pas nie reg – navorsing
Talle kinders in Suid-Afrika loop die risiko om voetafwykings te ontwikkel omdat hulle skoolskoene dra wat nie behoorlik pas nie.
Man vas oor taxi vol skape
In die ondersoek is altesaam 21 skape in die minibus gevind.
Terugslag vir vrou wat deur hond aangeval is
“Ons hoop al die gif is nou uit. Sepsis is blykbaar ʼn proleem met ʼn hondbyt.”
Clover-saak wéér uitgestel
Die verdagtes staan nou tereg op twee aanklagte van moord nadat JJ Cassanga, een van die wagte wat ernstige beserings tydens die wrede aanval opgedoen het, einde Junie aan sy beserings beswyk het.
Hofsaak op pad oor Parys-kragkrisis
Op hierdie stadium verskaf Eskom net genoeg ampère sodat die munisipale netwerk dit kan hanteer. Dit het tot gevolg dat die gemeenskap vir lang tye sonder krag sit en dat sommige inwoners nog nie weer krag gehad het nie.
Familie treur oor wildboer se dood
Adré Els het ’n dag voor sy dood in ʼn Facebook-plasing gevra dat die Here hom veilig moet hou en het die bloed van die Here oor homself gepleit.
Denel se bates Vrydag opgeveil
Motors en kantoormeubels is van die items wat opgeveil word.