Die Bela-wetsontwerp kry dit hotagter veral omdat dit onder meer daarop gemik is om skole se toelating- en taalbesluit in die hande van die staat te plaas en as ʼn aanval op Afrikaanse skole beskou word.
Alles deur die skrywer Christel Cornelissen
‘Breinspoel’ van leerders by Vishoek-skool opnuut gekap
Die DA was aan die ontvangkant van skerp kritiek op die diversiteitskursus by die Hoërskool Vishoek.
Tshwane kap terug oor fietsren
Organiseerders van die Tshwane Classic sê hulle het enkele dae voor die wedren nog die versekering gekry dat alles op dreef is vir die byeenkoms om voort te gaan.
Agri SA deel van president se klimaatkommissie
Voedselsekerheid sal in die toekoms afhang van ʼn land se vermoë om ʼn volhoubare omgewing vir boerdery te handhaaf en die landboubedryf is onlosmaaklik gekoppel aan die natuurlike omgewing.
Skurke verdwyn met skenkings vir behoeftige oues
Boosdoeners het vermoedelik die afgelope week die perseel dopgehou voordat hulle die naweek Kersfees-bederfpakkies vir sowat 4 800 behoeftige bejaardes gebuit het.
Meer as 700 instellings vra al SEB-vrystelling
Die administratiewe druk weens die honderde aansoeke om vrystelling was klaarblyklik so groot dat dit een van die redes was waarom die minister die nuwe regulasies gewysig het.
Nuwe regulasies skrap SEB vir staatsinstellings
Staatsinstellings, plaaslike munisipaliteite ingesluit, hoef voortaan nie meer uitsluitlik sake te doen met maatskappye wat aan swart ekonomiese bemagtigingsvereistes (SEB) voldoen nie.
Permanente lyding ná maasinplanting
Al hoe meer Suid-Afrikaanse vroue kom nou ook na vore oor die geweldige pyn en ongemak wat hulle moet verduur en wat volgens hulle deur maasinplantings veroorsaak word.
Nuwe visepresident van US-konvokasie wil brûe bou
Dr. Rudi Buys is pas verkies as visepresident van die Universiteit Stellenbosch se konvokasie. Maroela Media gesels met hom oor Afrikaans en die rol wat die taal kan speel om brûe te help bou.
Al meer masels in Limpopo
Die Instituut vir Oordraagbare Siektes sê in Giyani is daar nou per definisie ʼn uitbreking van masels.
Nuwe baas vir Curro-groep
Andries Greyling, uitvoerende hoof van Curro, het sy uittrede aangekondig.
‘Geen buiktifusuitbreking’ in Tshwane
Boodskappe oor die kwansuise uitbreking van dié siekte in Gauteng het die afgelope paar dae op sosialemediaplatforms rondgevlieg.
Hofoorwinning oor Tshwane-varsproduktemark
Die metroraad is hof toe gesleep om hom te dwing om die “kritiek wanfunksionele toestand” van ʼn mark – wat toegang tot vars produkte vir sowat 6,5 miljoen Suid-Afrikaners lewer – reg te ruk.
Kommer oor veiligheid van SA damme
Die departement van water en sanitasie het oënskynlik weinig idee oor die stand van veiligheid by die land se 474 geregistreerde damme en dít kan ʼn gevaar vir gemeenskappe inhou.
Jong man verdrink in dam by gholfklub
Polisiebeamptes en paramedici het sowat 40 minute lank probeer om Kyran Ditlow, ʼn jong man wat gholfballe uit die dam geduik het, by te bring.
Verskeie Durban-strande weer oop; rioolkrisis nie verby
Groot hoeveelhede onbehandelde riool beland steeds in opvanggebiede, terwyl die metro miljoene rande benodig om die krisis om te keer.
‘Verwoestende verlies’ toe bib-kantoor op Beaufort-Wes brand
Die brand het Maandagaand by die streeksbiblioteekkantoor op Beaufort-Wes uitgebreek.
Te veel misdaad, te min geld vir polisie
Die polisie benodig meer as 87 000 bykomende polisiebeamptes om aan sy werklike behoeftes te voldoen.
Water-, sanitasieprobleme in Vrystaat nou ‘rampspoedig’
Behalwe dat talle dorpe gereeld sonder water sit en rioolvuil in die strate afstroom, eis gebrekkige water- en kragvoorsiening ʼn al hoe groter tol op die Vrystaatse ekonomie.
Polisiestasies ‘gerieflike bron van wapens’ vir boewe
Nie ʼn enkele verdagte is al vasgetrek vir die 78 vuurwapens en amper ʼn duisend patrone wat die afgelope drie jaar by polisiestasies gebuit is nie.