Polisiebeamptes en paramedici het sowat 40 minute lank probeer om Kyran Ditlow, ʼn jong man wat gholfballe uit die dam geduik het, by te bring.
Alles deur die skrywer Christel Cornelissen
Verskeie Durban-strande weer oop; rioolkrisis nie verby
Groot hoeveelhede onbehandelde riool beland steeds in opvanggebiede, terwyl die metro miljoene rande benodig om die krisis om te keer.
‘Verwoestende verlies’ toe bib-kantoor op Beaufort-Wes brand
Die brand het Maandagaand by die streeksbiblioteekkantoor op Beaufort-Wes uitgebreek.
Te veel misdaad, te min geld vir polisie
Die polisie benodig meer as 87 000 bykomende polisiebeamptes om aan sy werklike behoeftes te voldoen.
Water-, sanitasieprobleme in Vrystaat nou ‘rampspoedig’
Behalwe dat talle dorpe gereeld sonder water sit en rioolvuil in die strate afstroom, eis gebrekkige water- en kragvoorsiening ʼn al hoe groter tol op die Vrystaatse ekonomie.
Polisiestasies ‘gerieflike bron van wapens’ vir boewe
Nie ʼn enkele verdagte is al vasgetrek vir die 78 vuurwapens en amper ʼn duisend patrone wat die afgelope drie jaar by polisiestasies gebuit is nie.
Gungubele by Sol-Tech: ‘Ons het ʼn gesprek begin’
Die minister in die presidensie het Sol-Tech se kampus in Pretoria Vrydag tydens die kollege se vyftiende verjaardagviering besoek, terwyl gesprekke gevoer is oor hoe raakpunte ondanks meningsverskille tussen Suid-Afrikaners gevind kan word.
15 jaar later: Sol-Tech se ‘lang pad na vinnige sukses’
Wanneer Sol-Tech Vrydag verjaardag vier, sal daar ʼn terugblik op die sukses van die verlede wees, maar hier word daar eintlik op die toekoms gefokus waar groot geleenthede wink, vertel Paul van Deventer aan Maroela Media.
Vier kinders versmoor in ou kar
ʼn Familielid het die kinders se lewelose liggame laatmiddag in die motor aangetref.
Brittanje waarsku ook oor terreur in SA
Volgens die Britse regering kom die grootste bedreiging van ekstremiste met bande met Daesh en het dié land se regering sy burgers aangeraai om groot skares oor die naweek te vermy.
Boere het meer van begroting verwag
Agri SA sê daar was geen geteikende ingryping om die landboubedryf te steun nie, terwyl suikerrietkwekers bitter is oor die stilte wat heers oor die voortgesette suikerbelasting.
‘Geen bewyse’ van terreurbedreiging
Die aanval word volgens die waarskuwing moontlik vir die naweek beplan, maar geen spesifieke besonderhede oor die tyd, metode of teiken is egter bekend nie.
Begroting: Regering se idees (en geld) is op – DA
Die DA het die mediumtermynbegrotingsrede as dié van ʼn “gebroke” regering bestempel en sê die minister kon veel meer gedoen het om gewone Suid-Afrikaners se lot te verbeter.
Miljarde vir Sanral om skuld te betaal
Die minister het egter gewaarsku dat ʼn oplossing vir die voortslepende e-tolsaga gevind moet word.
Mini-begroting: Risiko’s word werklikheid
Die Suid-Afrikaanse ekonomie word gerem deur skuld wat dit vir die land moeilik maak om sy ontwikkelingsdoelwitte te bereik, asook voortdurende beurtkrag, sê die minister van finansies.
Jhb se Phalatse dalk gou weer uitgeskop
Die Johannesburgse burgemeester het ná die hofuitspraak dadelik aan die werk gespring, maar haar politieke teenstanders waarsku dat sy nie te gemaklik in die pos moet raak nie.
Beurtkrag ontwrig reeds eerste matriekvraestel
Matrieks het Dinsdag met die eerste vraestel van die eindeksamen begin, maar daar is groot kommer oor die uitwerking wat voortgesette beurtkrag op hul prestasie gaan hê.
Phalatse weer Jhb-burgemeester
Die DA sê die uitspraak wys dat Makhubele en die ANC “onwettig, oneerlik en ongrondwetlik” opgetree het deur wesenlik ʼn staatsgreep uit te voer deur die verwydering van die burgemeester.
Eis oor defektiewe maasinplantings kan miljarde beloop
ʼn Groep Suid-Afrikaanse vroue het met ʼn groepsgeding teen die farmaseutiese reus Johnson & Johnson begin oor maasinplantings wat glo defektief is en langtermynskade veroorsaak.
Mini-begroting gaan fyn balansering verg
E-tol en hulp aan die landbousektor is van die kwessies wat in Woensdag se mini-begroting fyn dopgehou gaan word en is volgens kenners ʼn kans vir die regering om te wys hy luister na die mense wat hy moet dien.