“Die klagte teen die twee regters het te lank gesloer en werp ʼn refleksie op ʼn stelsel wat veronderstel is om regters aanspreeklik te hou.”
Alles deur die skrywer Isabel Venter
Noue ontkoming toe luiperd plaasbestuurder verras
Herman Linde, ʼn plaasbestuurder van Marloth Park, naby die Krugerwildtuin, vertel hy is gelukkig om nog te leef nadat hy met ʼn luiperdmannetjie moes stoei.
Miljoene vir sportterrein wat halfgebou staan
Werk aan dié Engcobo-sportterrein het sewe jaar gelede begin en is vandag steeds nie afgehandel nie, selfs al is meer as R13 miljoen reeds daaraan bestee.
Vervolging ingestel vyf jaar ná man se skietdood
Gerhard Coetzer se weduwee het deurlopend volgehou haar man se skietdood was nie ʼn ongeluk nie en nog minder dat hy deur rowers doodgeskiet is.
Naalde, kieme, hospitaalbeddens; nietemin glimlag dié klein vegter steeds
Weens sistiese fibrose (SF) wat op tweejarige ouderdom by hom gediagnoseer is, kan ʼn kiem ʼn doodsvonnis vir die tingerige blondekopseuntjie beteken. En selfs al is hy soms weke aaneen in die hospitaal, is Janco Koorts ʼn besige mannetjie.
Drie vas ná fietsryers se skietdood
Die drie vermeende rowers is in hegtenis geneem ná hulle glo op twee ander fietsryers toegeslaan het.
Fietsryer dood tydens 947 Ride Joburg
ʼn Deelnemer aan die Virgin Active 947 Ride Joburg-fietsren is die naweek tydens dié gewilde padwedren oorlede.
Phala Phala-diefstal: Twee uit op borgtog
Landdros Predeshni Poonan het in haar uitspraak bevind daar is ʼn balans tussen die regte van die beskuldigdes en dié van geregtigheid wat hul vrylating regverdig.
Drie in Phala Phala-saak Vrydag in hof
Tydens hul vorige hofverskyning het Frolina en Ndilinasho albei in hul eedsverklarings aangedui dat, sou die staat voortgaan met die saak teen hulle, hulle van plan is om onskuldig te pleit op al die aanklagte teen hulle.
Nóg ʼn motor oor die kranse by Voëlklip
ʼn Inwoner van die omgewing wat agter die voertuig gery het, het aan Maroela Media gesê die motoris het oënskynlik bloot by die afgrond afgery.
Video: Ná opehartchirurgie dans klein Sion nou deur die lewe
Vir só lank het Angelique en Shane Chawner (albei 35) van Ermelo gehunker na ʼn kind van hul eie en 15 jaar lank het hul arms leeg gebly. Ná agt miskrame het hulle besluit om op te hou probeer. En toe kom hul reënboogseuntjie.
Geen rede vir paniekaankope van hoender, eiers
“Omdat die eierproduksiesiklus nie te lank is nie, verwag ons dat die situasie teen die begin van volgende jaar gaan normaliseer. Sou sake nie verbeter nie, sal ons aanhou om eiers in te voer.”
Gold One-myn: NUM maak toegewing oor ooreenkoms
“NUM het die verantwoordelike besluit en standpunt ingeneem om die werk en lewe van onskuldige werkers te beveilig.”
‘Geregtigheid vir Megan’ pleit inwoners ná moord
Inwoners met plakkate wat lui “Geregtigheid vir Megan” het in die hofsaal gesit waar haar vermeende moordenaars Dinsdag verskyn het.
‘Jou dae is getel’: Lesufi vra verskoning ná opmerking
Panyaza Lesufi, Gautengse premier, moes inderhaas Dinsdag die hand van vrede uitsteek ná hy gewraakte opmerkings in ʼn uitgelekte video gemaak het.
Drie vas oor aanlyn kinderpornografie
Die inhegtenisnemings is gedoen deur ʼn spesiale operasie wat in samewerking met die Amerikaanse departement van binnelandse veiligheid in Gauteng uitgevoer is.
Swaar straf ná gru-aanval wat tiener blind laat
ʼn Man wat erken het hy het ʼn 16-jarige meisie verkrag en toe haar oë uitgesteek het, is 30 jaar gevangenisstraf opgelê.
Geen borgtog vir man ná Pta-vrou se branddood
“Die hof sukkel om sy [Pretorius se] weergawe te glo. Dit was nie sommer enige vreemdeling wat aan die brand was nie, maar sy vrou,” het landdros Tshepo Mokome tydens uitspraak in Stephan Pretorius se aansoek om borgtog gesê.
Familie hoop vermeende moordenaar bly agter tralies ná ma se branddood
Dit het vroeër, tydens Stephan Pretorius se borgtogaansoek, aan die lig gekom dat hy glo doodsdreigemente teenoor Charlene Pretorius se kinders gemaak het.
Phala Phala: Drie nou in hof oor diefstal op plaas
Frolina Joseph, wat voorheen op die president se plaas gewerk het, en haar broer, Ndilinasho David Joseph, het albei aangedui dat hulle onskuldig gaan pleit op al die aanklagte teen hulle, sou die staat voortgaan met dié saak teen hulle.