Enoch Godongwana, minister van finansies, sê die nasionale tesourie kan nie opdok vir elektrisiteitsverbruikers se agterstallige skuld nie.
Alles deur die skrywer Isabel Venter
Skok toe kar in Biden-kavalkade inploeg
ʼn Motor wat Sondag teen pres. Joe Biden se kavalkade vasgejaag het, het vir groot konsternasie gesorg.
Laat aansoeke vir plasing in Gauteng-skole open
Slegs skole met plek sal beskikbaar wees vir aansoeke en ouers mag slegs by een skool aansoek doen waar die leerder dan outomaties geplaas gaan word.
Enkelma se pad van plattelandse dorpie tot doktorsgraad
As deel van haar studies het sy op die ontwikkeling van immunologietoetse gefokus om dieretuberkulose by leeus, luiperds en jagluiperds in Suid-Afrika makliker op te spoor.
Carl Niehaus nou EFF-man
“Ons lede word aangeraai om by die EFF aan te sluit en om met die strukture van die EFF te integreer. Dit begin vandag hier met my,” sê Carl Niehaus, deesdae leier van die African Radical Economic Transformation Alliance.
Plaaswag help vermeende veediewe aankeer
Danksy samewerking tussen die polisie en plaaswag in Bothaville is sewe vermeende veediewe in hegtenis geneem.
Ramaphosa vergader met swart sakelui
Pres. Cyril Ramaphosa en sakelui van die Black Business Council het Woensdag by die Uniegebou samesprekings gevoer oor die uitdagings wat swart ondernemings in Suid-Afrika in die gesig staar.
Roossenekal-boer wil teenklag teen ‘betreders’ indien
Frederick Benjamin Erasmus het Woensdag, tydens sy aansoek om borgtog, in ʼn beëdigde verklaring aangevoer hy is verlede Vrydag in hegtenis geneem voor hy kans gekry het om ʼn klag by die polisie in te dien.
Inwoners by hof vir boer se verskyning
ʼn Boer van Mpumalanga verskyn Woensdag weer in die hof, na verwagting om aansoek te doen om borgtog. Die saak teen hom is vroeër vandeesweek aanvanklik tot volgende jaar uitgestel en hy sou tot dan agter tralies moes bly.
Opknapwerk aan ikoniese Muizenberg-strandhokkies afgehandel
Die ikoniese huisies op Muizenbergstrand lyk opnuut weer spoggerig ná die Kaapse metro se opknappingsprojek afgehandel is.
Man gee hom oor ná skietvoorval op Roossenekal
ʼn 22-jarige man van Roossenekal in Limpopo het hom Maandag aan die polisie oorgegee ná hy glo op drie mans op ʼn plaas losgebrand het.
Drie kinders uit Klerksdorpse huis gered
Tussen hope vuil wasgoed en verrotte kos het vrywilligers gedink dit is poppe wat op die bank lê, tussen nog vuil wasgoed. Dit was egter nie poppe nie, maar twee sussies, onderskeidelik nege maande en drie jaar oud, asook hul tweejarige boetie.
Mafe ongeskik om verhoor te word
Zandile Mafe, die man wat daarvan beskuldig word dat hy verlede jaar se verwoestende brand by die parlementêre kompleks in Kaapstad gestig het, is nie geskik om verhoor te word nie.
Ramokgopa vra regsmening oor sperdatum
Die hooggeregshof het vroeër beslis duisende instellings, soos openbare skole en polisiestasies, moet teen einde Februarie van beurtkrag kwytgeskeld word. Die minister van elektrisiteit soek egter duidelikheid oor wat presies die bevel behels.
Ontmoet vrou wat farmaseutiese reus Vertex in hof pak
Cheri Nel is bereid om alles in die stryd te werp om te verseker menseregte geniet voorkeur bo “superwinste”.
Werner de Jager bly agter tralies
Tydens sy verskyning het De Jager strak voor hom uitgestaar, terwyl hy kort-kort sy kop geknik het om aan te dui dat hy die hofverrigtinge volg. Op sy linkerhand was Liezel se naam in sierskrif getatoeëer.
Borgtog vir ‘Bittereinder’ wat glo aanrand
Francois van der Merwe, die Bittereinders se direkteur, is Woensdag ná ʼn vlugtige hofverskyning op borgtog vrygelaat.
Vermeende Kosmos-skieter soek regshulp
Paul Prinsloo (61) wat van die dubbele moord op sy vrou en stiefdogter beskuldig word, het Woensdag aangedui hy wil om regshulp aansoek doen.
Bittereinders-lid vas ná rusie by kuierplek
Die slagoffer wou glo by die man weet wat sy definisie van ʼn “boer” is oor sy betrokkenheid by die jeugbeweging.
Vermeende Kosmos-skieter Woensdag weer in hof
Prinsloo word daarvan beskuldig dat hy sy vrou en stiefdogter by die gesin se huis doodgeskiet het.