Theuns du Toit, die Matiestudent wat geskors is ná hy op ’n medestudent se skootrekenaar geürineer het, word nou strafregtelik aangekla.
Alles deur die skrywer Isabel Venter
Tronkstraf vir twee wat bedreigde plante onwettig smous
Twee mans van die Noord-Kaap, wat op heterdaad betrap is toe hulle skaars soorte vetplante verkoop het, is agt jaar tronkstraf opgelê.
Scott-Crossley tronk toe ná hy plaaswerker omry
Mark Scott-Crossley, die man wat skuldig bevind is dat hy ’n plaaswerker omgery het, is vandeesweek tot agt jaar tronkstraf gevonnis.
Aanvallers gesoek ná moord op Vrystaatste onderwyser
Die polisie soek na die verdagtes wat ʼn Vrystaatse onderwyser in sy huis oorval en vermoor het.
Regulasies oor skoolbeheerliggame dop toets
Solidariteit is nie net gekant teen die voorgestelde wysigings aan beheerliggaamregulasies vir openbare skole in Gauteng nie – die organisasie meen ook dit is ongrondwetlik.
Vermiste Bloem-tiener se liggaam gekry
Die liggaam van ʼn tienermeisie van Rocklands in Bloemfontein wat vermoedelik ontvoer is, is Maandag gekry.
Remissie ná histerektomie, kankerstryd: Jonge Elske straal
Elske de Villiers van Meyerton moes op 17-jarige ouderdom ʼn volle histerektomie ondergaan. Sy het aan die begin van Desember gehoor haar kanker is vir die eerste keer in remissie.
Sy leer gebaretaal om misdaadslagoffers te help
ʼn Polisiekaptein het dit op haarself geneem om gebaretaal te leer sodat sy traumaslagoffers beter kan help.
Saak teen farmaseutiese reus kry meer steun
Die hooggeregshof in Pretoria sal eersdaags ʼn saak aanhoor wat sal vra dat ʼn farmaseutiese reus gedwing word om lewensreddende medisyne aan Suid-Afrikaners beskikbaar te stel.
Saak teen Boeremaglid teruggetrek
Die Boeremaglid wat van seksuele aanranding beskuldig is, het Vrydag vervolging vrygespring in die landdroshof op Bronkhorstspruit.
Boeremaglid wat glo verkrag weer in hof
ʼn Boeremaglid wat van seksuele aanranding beskuldig word, sal vandag in die landdroshof op Bronkhorstspruit verskyn. Die hof sal na verwagting betoë aanhoor van een van die slagoffers nadat sy aangedui het sy wil nie meer met die saak teen hom voortgaan nie.
Kaapstad reg om te help ná agterstand by Durban-hawe
Die DA doen ʼn beroep op die nasionale logistieke krisiskomitee om skepe na die Kaapstad-hawe te herlei om sodoende druk op die Durban-hawe te verlig.
Man wat familielid glo skiet laat vaar borgtogaansoek
Phillip de Klerk het kalm voorgekom tydens sy kort hofverskyning. Hy het deur sy regsverteenwoordiger van Regshulp Suid-Afrika aangedui hy sal sy borgtogaansoek laat vaar.
Oos-Kaapse man wat jong meisies teiken, skuldig bevind
Hy sou die slagoffers lok met beloftes van geld, drank, luukshede en kos om na sy woonstel te kom.
Huldeblyke vir hengelaar wat sterf tydens rooftog
“Ons het nog tot omtrent middernag so lekker saam gesit en kuier en lag. John het nog met Magda gedans, hulle was so gelukkig.”
APK-dominee , vrou weer in hof oor seksklagte
Die staat voer aan die 48-jarige predikant het sy aangenome seun seksueel aangerand en verkrag, terwyl sy vrou glo oor die misbruik geswyg het.
‘Weg, maar nie vergete’
Rosetta Brits het vier kinders verlede jaar verloor toe ʼn tenkwa in Boksburg ontplof het. Sy deel haar herinneringe aan dié noodlottige dag.
‘Rowers’ skiet ma voor tienerdogter dood
Die polisie ondersoek ʼn klag van moord nadat ’n enkelma van Noordwes deur twee rowers voor haar 15-jarige dogter doodgeskiet is.
Sakeredders wil Poskantoor moderniseer, herstruktureer
Die sakereddingspraktisyns wat aangestel is om die Suid-Afrikaanse Poskantoor (Sapo) reg te ruk, meen daar is nog hoop om dié sukkelende staatsinstelling van ondergang te red. Een van die voorstelle wat die praktisyns gemaak het, is om sowat 6 000 poste te besnoei.
Weermagvrou in hof oor beweerde verkragting van kollega
Die vermeende slagoffer het egter ʼn uitgerekte stryd gevoer om ʼn klag by die polisie aanhangig te maak omdat daar glo “nie bewyse” was nie. Die militêre polisie het haar eindelik gehelp om die klag in te dien.