Ná jarelange teenkanting en duisende motoriste wat eenvoudig verseg het om hul e-tolrekeninge te betaal, word die stelsel Donderdag om 23:59:59 afgeskakel.
Alles deur die skrywer Isabel Venter
Nedbank mág bestuurder afdank oor rassistiese uitlatings – hof
Die arbeidshof het bevind Nedbank was geregverdig om ʼn voormalige menslike hulpbronbestuurder af te dank, nadat sy gesê het swart mense is luier en meer onbevoeg as wit mense.
Honderde bokse onwettige sigarette op Zim-grens gevind
Die polisie in Limpopo het oor die naweek, as deel van ’n misdaadbekampingsveldtog, beslag gelê op onwettige sigarette naby die Beitbrug-grenspos.
Zuma ís verkiesbaar, hou regspan vol
Oudpres. Jacob Zuma, lid van die MK-party, se appèlaansoek teen die Verkiesingskommissie se beslissing oor sy verkiesbaarheid is Maandag in die kieshof aangehoor.
Bus met leerders slaan om op pad van atletiekbyeenkoms
Buiten vir twee onderwysers en die busbestuurder wat as ʼn voorsorgmaatreël na ʼn hospitaal in Kimberley vir X-strale geneem is, is niemand anders in die voorval beseer nie.
Twee vas oor duisende rande se onwettige sigarette
ʼn Buitelandse paartjie is in Sasolburg aangekeer ná die polisie hulle glo in besit van onwettige sigarette betrap het.
Bekende in ruiterkringe ernstig beseer ná val
Janita Doyer, ʼn bekende perdeteler en ruiter van Mpumalanga, is tans in ʼn ernstige toestand in die hospitaal nadat sy van haar perd geval en haar nek gebreek het.
DBV hou oog oor ‘doodskip’ na Midde-Ooste
Ingevolge ʼn hooggeregshofbevel het die NRDBV nou magtiging om ʼn wakende oog te hou oor duisende vee, meestal skaap, wat bestem is vir uitvoermarkte in die Midde-Ooste.
Borgtog van R50 000 vir ‘pensioenaris’ Mapisa-Nqakula
Die staat het Donderdag ook aan die hof gesê dat hy verwag om ʼn tweede verdagte in die saak binnekort aan te keer. Die verwagte inhegtenisneming spruit glo uit die vroeëre deursoeking van Mapisa-Nqakula se huis.
Mapisa-Nqakula op pad hof toe
Nosiviwe Mapisa-Nqakula, voormalige speaker van die Nasionale Vergadering, sal na verwagting vandag vir die eerste keer in die hof verskyn.
ANC, Mbalula skuldig aan minagting van hof
Fikile Mbalula, sekretaris-generaal van die ANC, en sy party is opnuut in die sop ná die hooggeregshof in Johannesburg hul skuldig bevind het aan minagting van die hof.
MK-lid se saak na streekhof oorgeplaas
Visvin Reddy, ʼn lid van die uMkhonto weSizwe (MK)-party, het Woensdag vlugtig in die Chatsworth-landdroshof verskyn op aanklag van aanhitsing tot openbare geweld.
Metrobeampte, polisiesersant vas oor beweerde geslagsgeweld
Suid-Afrika verloor die stryd teen geslagsgeweld, sê die #NotInMyName-beweging ná twee wetstoepassers die naweek aangekeer is op aanklagte wat verband hou met geslagsgeweld teenoor hul lewensmaats.
Batebeslagleggingseenheid gryp ‘korrupte’ attaché se bates
Die Nasionale Vervolgingsgesag se batebeslagleggingseenheid het Dinsdag toegeslaan en op die bates beslag gelê van ʼn weermag-attaché wat daarvan beskuldig word dat hy miljoene van die wapenvervaardiger Denel verduister het.
Speaker kry bloedneus in hof
Die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, se dringende aansoek om haar inhegtenisneming te stuit, loop nie net sake vooruit nie, dit is ook nie dringend nie, het die hooggeregshof in Pretoria Dinsdagoggend bevind.
Mapisa-Nqakula hoor vandag oor inhegtenisneming
Nosiviwe Mapisa-Nqakula, speaker van die Nasionale Vergadering, sal na verwagting Dinsdag hoor of haar aansoek om ’n tussentydse bevel teen haar inhegtenisneming te bekom, suksesvol was.
Boere raadop met Limpopo se ‘hek na vryheid’
Maroela Media het tydens ʼn besoek aan die Beitbrug-grens tussen Suid-Afrika en Zimbabwe gevind dié grensdraad hou niks of niemand uit nie.
Huisarres,boete vir aanlyn boelie
ʼn Kuberboelie wat uitlatings teenoor Basetsana Kumalo, ʼn voormalige Mej. Suid-Afrika, en haar man, Romeo, gemaak het, is tot huisarres gevonnis en moet ook ʼn boete van R30 000 betaal.
‘Ontvoerders’ koop motorbande met losprysgeld
Twee verdagtes wat ʼn man en vrou ontvoer het terwyl hulle stemme gewerf het en daarna buitebande gekoop het met die losprysgeld, is deur die Mpumalanga-polisie in hegtenis geneem.
ANC pak MK-party oor gebruik van logo
Volgens die ANC se regspan is daar “oorweldigend baie getuies” wat die MK-party se onregmatige misbruik van die oorspronklike MK-logo bewys.