Max Verstappen is terug op die boonste trappie van die podium, terwyl Red Bull sy tweede vervaardigerstitel op ’n streep in die sakkie het.
Alles deur die skrywer Johann Gresse
Iere was brekers by die afbreekpunte
“Ons het ʼn paar stelskoppunte gemis, maar dit was nie die enigste ding wat ons die wedstryd gekos het nie,” het Jacques Nienaber gesê.
Verspeelde kanse kniehalter Bokke
Die Bokke het darem al vantevore die Webb Ellis-trofee omhoog gehou nadat hulle ʼn groepfasewedstryd verloor het. Dinge gaan vorentoe egter nie veel maliker word nie.
Wêreldspan swaai die raketsepter teen Europa
Ben Shelton, Frances Tiafoe en kie het toegesien dat John McEnroe se Wêreldspan die eerste dag van die Laverbeker onoorwonne afgesluit het.
Coetzee, Burger tree vir Deysel in die bresse
“Johan Deysel is een van die vriendelikste en nederigste mense wat ek ken. Hy wou hoegenaamd nie vir [Antoine] Dupont beseer nie,” het Jacques Burger getwiet nadat Namibië-kaptein onder aanlyn boelies deurloop.
Springbokke gerat vir koeler Paryse weer
“Toe ons in Korsika vir die toernooi voorberei het, het ons met nat rugbyballe geoefen in ʼn poging om reënweer na te boots.”
Faf ook op sy gemak as losskakel
Faf de Klerk kan die skuif na losskakel maak as sou dit moet, maar staan bankvas agter sy spanmaat Manie Libbok.
Franse hou asem op oor Dupont
Frankryk se invloedryke Antoine Dupont moes die veld in trane verlaat nadat hy koppe met Namibië se Johan Deysel gestamp het.
Bok-bankkrag: Farrell het nie slapelose nagte
Die Iere se afrigter het dit wel grappenderwys oorweeg om sewe agterspelers en een voorspeler as plaasvervangers vir die wedstryd teen Suid-Afrika te kies.
Hane se spel laat vonkelwynproppe klap
Frankryk het Namibië met 96–0 geklop en wanneer hulle in só ʼn bui is, gaan hulle bitter moeilik in die uitkloprondes van die Wêreldbeker-toernooi gestuit word.
Farrell kies ʼn sterk Ierse span
Daar is altesaam 11 Leinster-spelers in Ierland se opdrafspan vir die naweek se Wêreldbeker-wedstryd teen die Springbokke.
Bokke gereed vir spesiale vertoning teen Iere – Kolisi
Die tafel is gedek vir ʼn watertand-ontmoeting tussen die Iere en die Springbokke in Frankryk: Die wêreldnommereen-span teen die verdedigende wêreldkampioen op die ikoniese Stade de France.
Nortjé-terugslag tref Proteas
Die 29-jarige speler is Suid-Afrika se vinnigste bouler en druk gereeld die spoednaald in die rooi met sy aflewerings van 150 km/h.
Federer opgewonde oor Laverbeker se supersterre
Dit is weer tyd vir die beste Europese tennisspelers om hul staal teen internasionale teenstanders te wys.
Matt kap na ‘immorele’ Bok-taktiek
“Ek het groot waardering vir die Springbokke en ek bewonder hulle as ʼn rugbyspelende land; saam met Nieu-Seeland is hulle die beste in die wêreld. Maar hierdie taktiek is nie reg vir die spel nie.”
Bankkrag-bohaai sal SA’ners nie van stryk bring
Volgens Cheslin Kolbe kan kritici maar praat en kopskud, die spelers gaan hulle nie veel daaraan steur nie.
Dis Libbok vs. Sexton dié naweek
Manie Libbok erken dat hy op sy beste teen Ierland moet wees. Mike Catt (Ierland se hulpafrigter) glo egter dit is sy aanvallende flair wat van hom ’n gedugte teenstander maak.
Franse kanonne moet teen Namibiërs bulder
Ná Frankryk se sukkelvertoning teen Uruguay in Lille kan daar met sekerheid gesê word dat Fabian Galthié effens “oor” die geploeter van die Hane se naasbeste spelers is.
Nienaber meen Bok-balans is reg
“Ons het diepte en veelsydigheid opgebou en ons glo dat hierdie die beste spelerkombinasie vir die kragmeting is.”
Bok-voorspelers wil weer spierkrag wys
Daar is sewe voorspelers op die Springbokke se plaasvervangersbank vir die naweek se belangrike Wêreldbeker-wedstryd teen Ierland op die Stade de France.