ʼn Twiet deur die sanger Steve Hofmeyr dat swart mense die argitekte van apartheid was, het ʼn opskudding op sosiale media veroorsaak.
Alles deur die skrywer Maroela-redaksie/Sapa
Senzo Meyiwa-moord: Misdaad neem krisisafmetings aan, sê AfriForum
Die burgerregte-organisasie AfriForum het Maandag gesê hy veroordeel die moord op Senzo Meyiwa, kaptein en doelwagter van Bafana Bafana en Orlando Pirates.
Tiener skuldig aan Limpopo-plaasmoord
ʼn 16-jarige seun is Vrydag in die hof skuldig bevind aan die moord op Will en Anje Kiesling tydens ʼn plaasaanval in Limpopo in Maart vanjaar, het Beeld Saterdag berig.
Poskantoor-werkers in Krugersdorp aangeval; petrolbomme by PTA-poskantore
Drie personeellede van die Poskantoor is Dinsdag in Krugersdorp aangeval.
Derby-Lewis weer hof toe oor parool
Clive Derby-Lewis se prokureurs gaan vandeesweek hofdokumente by die hooggeregshof in Pretoria indien in ʼn poging om druk op adv. Michael Masutha, minister van justisie en korrektiewe dienste, te plaas om ʼn besluit te neem oor sy aansoek om mediese parool.
Slakkepasbetoging teen e-tol; dié paaie word geraak
Lede van Cosatu hou Saterdag ʼn slakkepasbetoging van Johannesburg na die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) se kantore in Pretoria in protes teen die e-tolstelsel.
Kovsie-student se liggaam gevind
Die manstudent aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) wat Vrydagaand verdwyn het nadat hy op pad kampus toe aangeval is, se liggaam is gevind.
WGO waarsku oor ebola-getalle; ebola-verpleegster was op passasiersvliegtuig
Die VN se Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) meen dat daar teen Desember tussen 5 000 en 10 000 nuwe ebola-gevalle per week in Wes-Afrika kan voorkom.
Alberton-ongeluk: Vragmotorbestuurder môre in hof
Die vragmotorbestuurder wat glo Dinsdag se noodlottige kettingbotsing op die N12 in Alberton, Johannesburg, veroorsaak het, sal na verwagting Donderdag in die hof verskyn op aanklag van strafbare manslag.
Nóg ʼn winkelsentrum in Kaapstad beroof
Nog ʼn winkelsentrum is Dinsdagoggend in Kaapstad beroof.
Poskantoor-staking: Onderhandelings duur voort
Siyabonga Cwele, minister van telekommunikasie en die posdiens, het Vrydag die Suid-Afrikaanse Poskantoor en vakbonde versoek om hul werkers te oorreed om die staking te beëindig.
Tiener wen Nobelprys vir Vrede
Die kinderregte-aktiviste Malala Yousafzai (17) van Pakistan en Kailash Satyarthi (60) van Indië het Vrydag gesamentlik die Nobelprys vir Vrede ontvang.
Drie ongelukke binne minute op N3
Een persoon is dood en vier mense is beseer tydens drie ongelukke wat minute ná mekaar op die N3 naby die Marianhill-tolplaza in KwaZulu-Natal plaasgevind het.
Marokkaanse diplomaat in PTA vermoor
Die polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat ʼn Marokkaanse diplomaat Dinsdag dood aangetref is in Pretoria.
Vier geskiet by musiekfees in Alberton
Vier mense is Saterdag geskiet en gewond by ʼn musiekfees in Alberton aan die Oos-Rand.
Oscar-familie reik verklaring uit vóór berig verskyn
Oscar Pistorius se familie en regspan het laat Woensdag ʼn verklaring uitgereik in reaksie op ʼn mediaberig wat nog nie verskyn het nie, maar glo verband hou met ʼn oproep wat Pistorius op sy selfoon gemaak het.
Renosterstropery: Tien weer in hof
ʼn Vlieënier, prokureur, ʼn polisiebeampte en ander lede van ʼn vermeende renosterstroperysindikaat wat daarvan beskuldig word dat hulle meer as 20 renosters gestroop het, het Maandag in die hof verskyn.
“Hof het ons verraai,” sê Reeva se halfbroer
Reeva Steenkamp se halfbroer, Adam Steenkamp, het in ʼn onderhoud met die Daily Mail gesê Oscar Pistorius se moordverhoor was ʼn “groteske pantomime”.
Foto’s: Klasse by TUT opgeskort weens betogings
Klasse by die Tswhane Universiteit van Tegnologie is Dinsdag opgeskort weens studentebetogings.
Centurion-buurte sonder krag
Talle buurte in Centurion is sonder krag weens ʼn probleem by ʼn substasie en moontlike kabeldiefstal.