Die president van Ethiopië, Hailemariam Desalegn, het onlangs bedank te midde van onluste in groot dele van die land. Kort na sy bedanking is ʼn noodtoestand afgekondig in reaksie op die volgehoue onrus. Onrus is veral sterk in die sentrale Oromia-streek.
Alles deur die skrywer Sebastiaan Biehl
‘Groot koalisie’ sonder geloofwaardigheid
Al twee partye sal ʼn duur prys betaal vir ʼn hernuwing van die ongewilde koalisie, maar dit kan veral vir die SPD tydens die volgende verkiesing dodelik word.
1968 – Die jaar wat alles verander het (Deel 2)
Die gees van 1968 het so deurgesyfer dat dinge en sienings wat destyds revolusionêr was, vandag as hoofstroom gesien word.
1968 – die jaar wat alles verander het
Sekere jare word as waterskeidings gereken waarna niks meer dieselfde is nie en waar ʼn era afgesluit word en ʼn nuwe een begin. 1968, 50 jaar gelede, was ook ʼn waterskeiding.
Hoe die gety teen die Koerde gedraai het
Verlede jaar het dit gelyk asof die Koerde, ʼn minderheidsvolk in Irak, Turkye, Iran en Sirië, op hulle toppunt is maar sake om hulle onafhanklik te kry, het toe egter anders verloop. Sebastiaan verduidelik waar die gety teen hulle gedraai het:
Internasionale nuushoogtepunte van 2017
Daar was talle internasionale nuusgebeure wat vanjaar die wêreld laat regop sit het.
Spanje: Verkiesing in Katalonië los niks op nie
Dinge het toe heel anders uitgewerk as gehoop.
Frankryk: Nasionaliste wen ver in Korsika
In die streeksverkiesing op die eiland Korsika het die nasionalistiese blok ver gewen en net-net die volstrekte meerderheid gemis.
Jemen: Oudpresident Saleh vermoor
Een beslissende figuur op Jemen se skaakbord is nou gevat en die einde van die konflik is nie in sig nie.
Outonomie vir die Afrikaanse Gemeenskap: Teoretiese en politieke vereistes
“ʼn Volk of groep kan immers nie selfseggenskap kry as hy dit nie ten diepste begeer en nastreef nie.”
Outonomie vir die Afrikaanse Gemeenskap: Die praktiese vereistes
“As jy ʼn taal wil beskerm, beskerm die sprekers van die taal, het Flip Buys gesê.”
Somaliland: Verkiesing vir president in nie-erkende staat
Somaliland is wel nie ʼn modelrepubliek nie. Korrupsie is hoog en verkiesings word dikwels uitgestel, maar dit is in die konteks van Afrika en veral van die besonder onstabiele Noordoos-Afrika ʼn voorbeeld van ʼn werkende staat.
Kameroen: Spanning langs taalgrense
Vir Suid-Afrikaners mag dit vreemd voorkom dat Engels iewers bedreig is en die minderheidstaal is, maar in Kameroen is dit wel die geval. Soos met meeste konflikte oor taal of godsdiens is dit nie die enigste grief nie, maar gaan saam met ekonomiese afskeep en etniese geskille.
Japan: Eerste minister Shinzo Abe wen verkiesing
In die Japanse verkiesing vir die huis van verteenwoordigers het die regerende konserwatiewe Liberaal-Demokratiese Party (LDP) van premier Shinzo Abe ʼn oorwinning behaal.
Katalonië: Spanje slaan terug
Gebeure in Katalonië is tans werklik geskiedenis wat voor ons oë plaasvind en wat die kans het om ’n gevallestudie vir afskeiding (of hoe om dit te verhoed) te word. Dit bied ook lesse oor goeie en slegte politieke geleenthede en tydsberekening.
Oostenryk: parlementsverkiesing bring swaai na regs
Oostenryk volg die tendens ná wat ook in Duitsland waarneembaar was met die onlangse verkiesing, naamlik ʼn swaai na regs as reaksie op die instroming van vlugtelinge en immigrante, ʼn kulturele vervreemding en groeiende misdaad.
Internasionale Veldtog vir die Afskaffing van Kernwapens verower Nobelprys vir Vrede
Met die toekenning wil die Nobelkomitee, wat die prys toeken, weer die aandag vestig op die gevaar van kernwapens en die voortgesette stryd om die wêreld vry van kernwapens te maak.
Referendums: Hoekom wil party volke nie vry wees nie?
Elke keer wanneer daar ʼn referendum oor selfbeskikking of selfs onafhanklikheid is, soos tans met Koerdistan en Katalonië, is daar weer ʼn oplewing in belangstelling in die onderwerp wat ook in Suid-Afrika en spesifiek onder Afrikaners emosies wakker maak.
Spanje: Katalaanse referendum in die wiele gery
Die Katalaanse regering beplan om op 1 Oktober ʼn referendum oor onafhanklikheid te hou. Katalaanse amptenare wat die referendum help reël, is in hegtenis geneem en departemente van die streeksregering is beset deur die Guardia Civil, die militêre polisie.
EU het niks geleer nie
Die president van die Europese Kommissie, Jean-Claude Juncker, het in sy onlangse “State of the Union”-toespraak ʼn positiewe beeld van die huidige Europese Unie geskets.