Oor ’n rapsie meer as twee weke vind ’n algemene verkiesing in Duitsland plaas. In ’n sekere sin is dit ’n vervelige en voorspelbare verkiesing. Niemand twyfel ernstig daaraan dat die kansellier weer Angela Merkel sal wees nie. Die vraag is hoogstens met watter koalisievennoot sy sal regeer.
Alles deur die skrywer Sebastiaan Biehl
Algerië en Suid-Afrika: Watter taal om te kies vir ʼn diverse land?
Algerië is Suid-Afrika al 30 jaar voor met sy bevryding en alles wat daarop gevolg het, maar die taalkwessie is nog lank nie beslis nie.
Angola: presidentsverkiesing en die langtermynleiers van Afrika
Vir die eerste keer sedert 1979 kry Angola ʼn nuwe president. José Eduardo dos Santos, wat 38 jaar lank reeds die president is, het al verlede jaar besluit om uit te tree en sy opvolger is João Lourenço, die minister van verdediging.
Die vloek van massatoerisme
Uiteindelik sal die plaaslike gemeenskappe self moet besluit hoeveel en watter soort toeriste hulle wil hê en dienooreenkomstig hulle bemarking, regulering en pryse aanpas.
Paul Kagame en die suksesverhaal van Rwanda
Of Rwanda egter ná die afsterwe van die kragman Kagame sal voortbou op sy sukses, of weer terugval in die ou patrone van etniese geweld, sal nog gesien moet word.
Indië en Pakistan: 70 jaar sedert partisie en onafhanklikheid
Dit is natuurlik ʼn oop vraag of partisie destyds ʼn goeie besluit was of nie. Gandhi se droom van ʼn verenigde Indië, waar alle groepe vreedsaam saamleef, was naïef en heel moontlik sou dinge nog erger gegaan het as die Moslems nie ʼn heenkome in Pakistan gehad het nie.
Is daar ʼn verband tussen ekonomiese groei en die politieke stelsel?
Daar is eenvoudig nie een teorie wat ekonomiese voorspoed klinkklaar kan verduidelik nie, en vir ʼn gevallestudie wat een teorie staaf, is daar ʼn ander een wat dit weerlê.
G20-beraad oorskadu deur ver-linkse geweld
Miskien die belangrikste nagevolg van die G20-beraad is ʼn dringend nodige debat oor ver-linkse geweld en terreur. Hamburg is tipies vir groot stede in Duitsland en ander Wes-Europese lande, waar ver-linkses nie net verdra word nie, maar selfs vertroetel word as deel van ʼn “alternatiewe stedelike kultuur”.
Kanada vier 150 jaar van sy bestaan
Kanada het vir lank ‘n beeld- en selfbeeldprobleem gehad. Buitestanders het die land as koud en vervelig beskou en dit was nie juis ‘n gewilde toeristebestemming of sogenaamd “hip” nie maar in die laaste paar jare het dinge baie verander.
Godsdiens, onderwys en neutraliteit
Die crux van die uitspraak is dat alle godsdienste in skole gelyk behandel moet word. Dit klink onskuldig en billik, maar het verreikende gevolge vir die Christelike opvoeding in Suid-Afrika. Wat bly vir Christen-ouers oor?
Duitsland: Terugblik op oudkanselier Helmut Kohl
Helmut Kohl, Duitsland se bondskanselier van 1982 tot 1998 en daarmee die langs regerende kanselier sedert Otto von Bismarck, is verlede Vrydag in die ouderdom van 87 jaar oorlede. Hy was ook die leier van sy Christen-Demokratiese Unie (CDU) vir 25 jaar.
Groot-Brittanje: skok-verkiesingsuitslag
Die groot vraag is natuurlik nou hoe die uitslag die Brexit-onderhandelinge gaan beïnvloed. May gaan nou swakker na die onderhandelinge, wat oor minder as twee weke moet begin. Heel moontlik gaan die onderhandelinge eers uitgestel moet word.
Israel: 50ste herdenking van die Sesdaagse Oorlog
Werklike vrede tussen Israel en sy Arabiese bure, insluitend die Palestyne, blyk nog ver te wees, maar Israel is vandag militêr en ekonomies sterk genoeg om op sy eie bene te staan en enige aanval af te weer.
Die einde van die ‘ewige koalisie’ in Oostenryk
Die Alternative für Deutschland (AFD) het nog ʼn lang pad om te gaan as hulle soos die FPÖ wil word wat steun en aanvaarding betref. Ook in Duitsland regeer nou al ʼn geruime tyd ʼn groot koalisie tussen CDU en SPD – en ook dit kan ná die volgende verkiesing in September iets van die verlede wees.
31 Mei, ʼn besondere dag in Suid-Afrika se geskiedenis
Hou dus maar daardie dag 31 Mei dop. Dalk gebeur daar vorentoe weer ʼn rigtinggewende staatkundige verandering.
Die stryd tussen die ‘Anywhere’s’ en die ‘Somewhere’s’
Voorheen is ʼn verwyderde en ongevoelige elite weggevee deur rewolusies soos in Frankryk, Rusland en meer onlangs in Oos-Europa. Die geskiedenis herhaal hom nooit presies op dieselfde manier nie en ʼn rewolusie in ʼn Westerse demokrasie is hoogs onwaarskynlik, maar ʼn land of vasteland wat in homself verdeel is en waar groot dele van die bevolking uitgesluit word of ten minste uitgesluit voel, soek vir moeilikheid.
Meidag, ʼn dag om te vermy
Behalwe as jou sentimente by die sosialiste lê, behoort Werkersdag 1 Mei jou koud te laat, skryf Sebastiaan Biehl.
Frankryk: Macron en Le Pen wen eerste ronde van presidentsverkiesing
Wat wel duidelik is, is dat die bestaande Franse politieke stelsel met twee hoofstroompartye links en regs van die middel, wat mekaar gereeld afwissel, verby is. Die era van populisme is allermins verby, maar het juis ook in Frankryk aangebreek.
Toutrek oor Gibraltar ná Brexit-besluit
Daar is egter ook aanduidings dat die hernieude bekgeveg oor Gibraltar net deel is van die Spaanse en EU-regering se strategie om die maksimum uit die “egskeiding” te kry.
Zuma – die verskillende scenario’s
Die vraag is egter hoekom ʼn party wat al talle skandale van Zuma en ander lede verdedig het en ooglopend geen morele kompas meer het nie, nou skielik die lig sien en teen hulle leier sal stem.