“Die mag is nou in die hande van die nuwe president en hy moenie nou sy kanse verspil nie.”
Rand op ʼn drafstap; gaan Gigaba waai?
Maar buitelandse ekonome waarsku dat daar steeds uitdagings op ekonomiese, fiskale en politieke fronte is.
Rekordhoogtes vir rand ná Zuma sperdatum kry om te bedank
Die Suid-Afrikaanse rand het laat Woensdag tot 11.74 teen die Amerikaanse dollar verstewig – die sterkste sedert 2015, in die lig van ʼn sperdatum vir pres. Jacob Zuma om te bedank.
Rand versterk ná Zuma-berigte, Gupta-klopjag
Suid-Afrikaanse finansiële markte, insluitend die rand, het Woensdagoggend ʼn hupstoot gekry weens berigte dat President Jacob Zuma moontlik vandag gaan bedank.
Werkloosheidkoers daal effens
Suid-Afrika se werkloosheidkoers het na 26.7% gedaal in die laaste kwartaal van 2017, van 27.7% in die vorige drie maande, het Statistieke Suid-Afrika Dinsdag gesê.
Zuma: Rand byt nog vas
“Dit kan waarskynlik tot ʼn onstuimige tydperk in die land en in die ANC lei.”
‘Ekonomie op herstelpad’
Ekonome voorspel dat Suid-Afrika se ekonomie binne die volgende jaar tot 18 maande drasties kan herstel na die nege jaar van insinking onder die Jacob Zuma-administrasie.
Meer BTW SA se voorland?
Gaan Suid-Afrikaners meer belasting op toegevoegde waarde (BTW) betaal ná die begroting?
Só kan hoër onderwys befonds word
“Ons het ʼn volhoubare pad uit armoede en die model is al vir die afgelope dekade suksesvol getoets. Met ʼn rentevrye lening leer dit studente die verantwoordelikheid om terug te betaal maar sonder die las van drie tot vier jaar se opgelope rente wat hulle moet terugbetaal.”
Gordhan veroordeel Denel se versoek vir R3 miljard
Die voormalige minister van finansies Pravin Gordhan het gesê die maatskappy se finansiële verknorsing word verbind aan sy verhouding met die Gupta-familie, wat ondersoek word oor bewerings van staatskaping.
JSE daal skerp
“Die mark het te vinnig op een dag gedaal. Dit kan dalk beleggers ontsenu.”
Rand stewiger terwyl druk op Zuma toeneem
Die ekonoom Dawie Roodt is optimisties dat Zuma voor die einde van Februarie uit die Uniegebou sal wees.
‘SA steeds op rand van afgradering, maar …’
Kyk hier wat sê Dawie Roodt, hoofekonoom van die Efficient-groep, en die politieke ontleder Daniel Silke oor Moody’s wat Suid-Afrika se gradering in November hersien het en teen einde Februarie ʼn beslissing moet lewer.
Land Bank kry lening van R900 miljoen by Duitse bank
Die Land Bank het Donderdag aangekondig dat hy ʼn lening van R900 miljoen bekom het by die Duitse Ontwikkelingsbank (KfW).
Tesourie veroordeel Viceroy vir ‘roekelose verslag’ oor Capitec
Die Nasionale Tesourie het Donderdag gesê hy neem kennis van die “roekelose manier” waarop die Amerikaanse Viceroy oor Capitec Bank berig het en aandele verhandel het voor die verklaring uitgereik is.
Nóg slegte nuus vir Eskom
Calib Cassim, die waarnemende hoof van finansies by Eskom, het erken dat die volgende paar maande moeilik vir die kragvoorsiener sal wees. Hy het egter die versekering gegee dat Eskom dringend en vinnig daaraan sal werk om sy geldkrisis op te los.
Capitec, Reserwebank reageer op verslag
Capitec en die Reserwebank het Dinsdag gereageer op die navorsingsgroep Viceroy se verslag wat daarop dui dat die bank na bewering geknoei het om verliese weg te steek en inkomste te vergroot.
Eskom-hoof positief ondanks reuseskuld
Phakamani Hadebe, wat minder as twee weke gelede as Eskom se waarnemende hoof aangewys is, het Dinsdag tydens die bekendmaking van die kragreus se finansiële resultate vir sy halfjaar nie doekies omgedraai nie.
Capitec-aandele tuimel ná verdoemende verslag
Aandele in Capitec Bank het Dinsdag met 20% getuimel nadat die navorsingsgroep Viceroy ʼn uitgebreide ondersoek gedoen en bewyse saamgestel het wat volgens die groep daarop dui dat die bank na bewering geknoei het om verliese weg te steek en inkomste te vergroot.
Huismark: Kenners voorspel vir 2018
Dit lyk of goeie nuus op pad is vir Suid-Afrika se eiendomsmark.